Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 263

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die rede vir die onthullings van die Heer

263 (Die Heer:) "Ek skep egter nie die idee dat Ek julle sou wou terugbring na die oertoestand van die eerste mense van die aarde nie, maar net om julle by sulke voorvalle wat nog altyd moontlik is, wat kennis betref, `n suiwer standpunt te laat inneem, sodat julle dit alles nie meer bygelowig wonderlik, maar volgens die volledige en heel natuurlike waarheid sal beoordeel en julle daarvolgens sal rig. Want sou julle, sonder hierdie uitleg van My, ooit tydens die verdere uitbreiding van My leer by volke kom soos wat hierdie swartes hier is, en sou julle hulle dinge sien doen soos wat julle dit nou in ruime mate gesien het, dan sou julle daarvan al gou so onder die indruk raak dat julle julleself deur sulke wonderskeppende volke dan `n ander evangelie sou laat predik en baie gou van My weë sou kon afraak en daardeur waarskynlik nooit die wedergeboorte van My Gees sou kon bereik nie, in plaas van dat julle My evangelie aan die vreemde volke sou oorbring.

[2] Maar noudat julle weet hoe dit in die wêreld was en hoe dit plaasgevind het, en nog steeds is en gebeur, is daar by julle geen sprake meer van `n gevaar om maklik verlei te word nie, tensy julle jul deur nuwe ontwaakte eiebelang laat verlei, wat dan egter vanselfsprekend julle ondergang sou wees.

[3] Die rede om julle siele te vervolmaak hoef nou egter nie meer te lê in die bereiking van al die eienskappe van die oudstes, wat nou volgens die waarheid beskrywe is nie, - want daardeur bereik geen enkele siel die ware, salige, ewige lewe nie. Van nou af aan het elk van julle die volkome nuwe rede om sy siel so deeglik moontlik te vervolmaak en te reinig om deur die daadwerklike navolging van My woord te kom tot die daarvan afhanklike wedergeboorte van die gees in sy totale siel. Want wie dit bereik het, het dan dadelik meer wonderbaarlike kragte in hom as wat alle ou vaders ooit met al hulle sielsvolmaaktheid besit het! Hy sal makliker in één oomblik alle sterrewêrelde en sonne kan deurgrond, en selfs hul mees verre taal hoor en begryp, as die ou sieners en wonderdoeners wat hulle omringende land kon deurgrond en beoordeel.

[4] Ja, hulle het wonders verrig, - maar self nie geweet hoe nie. Hulle was sterk, maar het nie mooi geweet waar die krag vandaan gekom het nie en kon dit slegs maar korrek en nuttig gebruik, soos wat hulle deur My Gees, wat hulle af en toe deurdring het, daartoe opgewek was. Verder het hulle hul krag egter ook dikwels gebruik waar dit nie heeltemal nodig was nie, byna soos kinders, wat met hulle speletjies ook dikwels `n hoëre krag gebruik terwyl hulle tog nooit as te nimmer enige voordeel daarvan kan hê nie, behalwe dat hulle hul natuurkragte uitoefen.

[5] Maar heel anders staan dit met die onbeperkte krag van die gees, sodra dit eenmaal heeltemal in die siel wedergebore is, of eintlik ingebore is; want daardeur kry hy volle gemeenskap met My oneindige en ewige almag, My Liefde en My Wysheid, Insig, Kennis en My Wil! Sou hy egter, wanneer hy dit alles volledig besit, en daardeur eers waaragtig My kind word, dan nog `n begeerte koester om dinge te kan bewerkstellig soos wat die oudstes eens op `n tyd, en soos wat hierdie More nou nog kan doen, dit slegs ten dele en slegs onvolkome, kan doen?!

[6] Dat julle dit weliswaar nou nie meer kan nie, daaraan het julle wil geen skuld nie, maar die tyd en haar verkeerde sedes. Maar daarom het Ek nou juis Self gekom om julle in plaas van die klein verlore paradysie, die hele hemel van die suiwerste en magtigste Gees uit My Self te gee, - en dan glo Ek in julle plek, dat julle wel volkome tevrede daarmee kan wees!

[7] Natuurlik sal dit julle ook baie moeite kos om dit te bereik waar julle siel geheel en al deurdronge word van die gees en daadkrag; maar wanneer julle met sekerheid daardeur verryk sal word met die allergrootste en allerhoogste lewensgoed, dan kan julle jul dit laat welgeval! Want alle wonderbaarlike eienskappe van een volmaakte mensesiel en alle skatte van hierdie aarde is immers nog nie die kleinste doudruppel vergeleke met die groot wêreldsee van dit wat baie eerder op julle wag deur die korrekte opvolg van My woord en wil nie. Die eens komende stoflike dood van julle liggaam, wat julle egter wesenlik weinig net so min sal steur as wanneer julle `n ou, vermolmde huis sou verlaat wat elke oomblik in duie kan stort, om eerder in die plek daarvan vir altyd en ewig `n nuwe huis te betrek, - `n huis waar die storms van geen enkele tydperk `n houvas op kan kry nie!

[8] Want waarlik sê Ek vir julle: Alle wedergebore mense wat na My woord handel sal die liggaamlike dood nie voel nie, soos wat die wêreldse mense en baie diere dit vrees nie, maar hulle sal self vrywillig die liggaam verlaat wanneer Ek hulle, omdat Ek hulle vir hoëre doeleindes nodig het, uit hierdie wêreld na My huis sal roep! - Het julle dit nou alles goed ter harte geneem en begryp?"

[9] Almal sê: "Ja, Heer, U, ons hoogste liefde, U wat alles vir ons is! Alles, alles gee ons vir U liefde, vir U so oneindige groot barmhartigheid wat U ons hier bewys! Nou sal ons ook werklik niks meer weet wat om te vra nie!"

Einde van die vierde deel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205