Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Verwekking by die dier en by die mens

120 (RafaEl:) "Die paring van diere is slegs `n prikkel om die basiese lewensgedagte van die siel wat reeds in die eier aanwesig is, op die regte wyse te aktiveer. Sonder dié prikkel sou hulle stil voortgaan om voedsel op te neem en op hulle direkte omgewing bly teer, en dit omgekeerd op hulle, totdat hulle alles wedersyds tot op die laaste partikeltjie sou verteer het. Hierdie lot kan egter ook die ander eiers wat deur die paring geaktiveer is, tref, wanneer die vereiste ontwikkelingsvoorwaardes in `n volgende fase uitbly of nie in voldoende mate aanwesig is nie.

[2] By alle diere is die paringsdaad slegs `n prikkel vir dit wat reeds aanwesig is in die liggaam van die vroutjie; want klompies plante- en dieresiele versamel hulle altyd in bepaalde aantalle en ordes op die daarvoor bestemde plek in die moederliggaam. As hulle eenmaal daar is, dan aktiveer hulle eers die moeder, wat vervolgens die mannetjie prikkel, wat daarop reageer deur die vroutjie te bevrug - maar nie deur nuwe saad in die moeder in te bring nie, maar deur die lewensklompie wat reeds in die moeder aanwesig is, daadwerklik tot lewe te wek.

[3] Daarvoor sorg die saad van die mannetjie, wat uit meer lewensgeeste bestaan wat vryer en meer ongebonde is. Dit bring die gebonde lewensgeeste in die lewensklompie van die moeder in groot beweging en dwing hulle so tot aksie. Sonder dié dwang, sou hulle in hul soete traagheid bly lê en nooit gesamentlik tot vorming en innerlike organisasie van `n wese kom nie. Die saadgeeste van die mannetjie pla en prikkel die lewensgeeste in die vroutjie onophoudelik en laat hulle nie met rus nie, terwyl die lewensgeeste in die moeder hulle voortdurend daarteen verset, ja selfs, as hulle baie sterk is, die saadgeeste van die mannetjie tot swye bring - wat dan in landboukundigetaal 'verspilling' heet, wat veral by beeste dikwels gebeur, maar ook by ander diere en selfs by die mens baie dikwels voorkom. Want die lewensgeeste in die lewensklompie van die moeder is te veel op hul rus gesteld om hulle gewilliglik te skik na die een of ander langdurige, geordened besigwees. Maar is hulle eenmaal behoorlik geprikkel, dan word daar vordering gemaak.

[4] Kyk, daar het ons juis so `n lewensklompie van `n moeder duidelik sigbaar voor ons! Kyk eers hoe sy tydens my verduideliking aan julle al heeltemal tot rus gekom het! As ek haar nou so sou laat, sou sy deur haar strewe na rus steeds meer ineenskrompel, omdat haar dele altyd meer na die sentrum sou trek, dit heeltemal sou leegsuig, en ten slotte tesame daarmee sou moes verskrompel. Want sulke lewensgeeste is in `n sekere sin net so sku en angstig soos klein kindertjies, en neem as hulle hul eenmaal, soos wat julle hier sien, omhul het, van buite af geen voedsel meer tot hulle nie, maar suig altyd maar aan hul moedersentrum en is daarom gedoem om tot `n klompie die grootte van `n stippeltjie ineen te skrompel. Maar nou sal ons kragtige en dus manlike, altyd beweeglike oerlewensgeeste hierheen bring, en hierdie vroulike trae klomp aanhoudend deur hulle laat bestryk en dan sal julle sien watter uitwerking dít in hierdie vroulike klomp teweeg sal bring.

[5] Kyk, ek het nou volgens die wil van die Heer deur die talle ondergeskikte diensgeeste die groot en, soos wat julle sien, baie helder liggewende, vurige, tongvormige lewensgeeste van die oergedagte wat daar in die water speel, hierheen laat haal! Let nou werklik noukeurig op hoe ywerig hulle rondom die vroulike lewensklomp wat vry voor ons sweef, begin draai! En kyk, daar begin al die kleiner vroulike lewensgeeste weer te beweeg en hulle in te span om hierdie onrustige, manlike lewensgeeste kwyt te raak; maar dié wil geensins wyk nie, en die opwinding van die vroulike lewensgeeste versprei hulle verder en verder, tot in die hooflewensentrum!

[6] Selfs dít begin dit nou ook te roer en omdat die omringende lewensgeeste, deur die groot aktiwiteit opnuut baie hongerig geword, verplig is om van die lig van die manlike lewensgeeste voedsel neem, waardeur hulle weer helderder en voller word, kry deur hulle ook die sentrale gees van die hooflewensgedagte die manlike voedsel. Hierdie aktiwiteit maak dat die omringendes van binne-uit die impuls kry om hulle meer en meer te orden tot `n soort goed geordende bolwerk. Die sterker lewensgeeste in die sentrum is nou goed verlig en sien hulleself en hoe hulle in die geheel pas en die rangskikking daarvan en hulle groepeer hulle volgens hul doelstelling en hul verwantskap; en dadelik sien julle daaruit al organiese verbindings ontstaan, en die buitekant verander in `n vorm wat steeds meer soos `n dierlike wese begin lyk.

[7] Deur hierdie aksie en stryd kry alle lewensdele al meer behoefte aan voedsel, en deur die manlike word dit ook in toenemende mate na hulle toe gelei. Die buitenste lewensgeeste wat hulleself steeds meer orden, begin ter wille van die voeding vertrouliker om te gaan met die manlike geeste wat hulle aktiveer, die ou angs en vrees verdwyn en dit deel hulle ook mee aan die binneste geeste. Alles begin vryer te beweeg en daaruit volg die voltooiing van die wese, wat nou baie vinnig so ver gegroei het dat julle, kinders van die Heer, reeds kan vasstel watter diersoort daaruit te voorskyn sal kom. Kyk, daar groei `n sterk eselin uit en die Heer wil dat sy bly bestaan en nie weer verdwyn nie!"

[8] Hebram en Risa merk op: "Die goeie RafaEl moet `n spesiale voorkeur hê vir die maak van esels! Twee dae gelede was hy tot ons nie geringe nie verbasing ook so vinnig daarmee!"

[9] RafaEl sê: "Laat dit daar, dit was nodig om julle iets te leer! Hierdie eselin hier het `n heel ander betekenis, sy is die simbool van die ware nederigheid wat julle almal nodig het. As julle oorhaastig te werk gaan met oordele en besluite, kom dit julle mense in die wêreld by julle ondernemings ook oor dat die uiteindelike gevolg gewoonlik `n esel, of ten minste `n behoorlike stuk daarvan is. Hier gaan dit om julle vinnig die ontwikkeling van `n skepsel vanaf die oerbegin te laat sien en deur die oorhaastigheid kom daar dan ook `n eselin te voorskyn - as julle nou werklik tog iets grappigs in die saak wil sien.

[10] Hierdie eselin sal deur die esel van eergister gedek word en volgende jaar sal `n man uit Jerusalem beide koop en hulle vul sal vir ewig en altyd herdenk word!

[11] Hieroor hou ons nou maar op; dit is voldoende dat julle tans gesien het hoe uit oerlewensgeeste (God se spesifieke gedagtes) sonder moeder, `n natuurlik wese ontstaan, soos vanaf die oerbegin. As julle dit egter nog wil, kan ek ook oombliklik ander wesens maak!"

[12] Almal sê: "Magtige dienaar van die Heer, dit is beslis nie nodig nie; want vir ons inligting het ons meer as voldoende aan hierdie een voorbeeld, wat al haas te wonderbaarlik is! Nog so-iets sou ons meer verwar as om dit duidelik te maak!"

[13] RafaEl sê: "Nou goed dan, luister dan nog bietjie verder na my! Ek het julle nou die verwekking en die ontstaan laat sien van wesens, ongeag hul aard. Een keer in `n reeds bestaande moederliggaam en hier nou een sonder moederliggaam, soos wat gebruiklik is op elke nuwe planeet, of ook op `n eiland wat nuut ontstaan het op `n planeet wat reeds oud is, wat van tyd tot tyd nog steeds voorkom.

[14] Maar julle mag hierdie voorbeeld nie toepas op die wording en verwekking van mense nie, by name nie op hierdie aarde nie; hoewel daar talle ooreenkomste is, is die basis tog heelwat anders!

[15] Wel het die vroulike mens ook reeds `n natuurlike stof in haar; sodra die verwekking op die alombekende wyse plaasvind, word weliswaar ook `n klompie daarvan bevrug en geaktiveer, maar dit word nadat dit soos `n druif van `n druiwetros losgetrek is, na die bestemde plek gebring. Daarby voeg haar dan `n siel wat reeds ryp is, wat `n tyd lank hierdie lewensdruif versorg totdat die aanwesige stof daarin so ver ontwikkel het dat die siel wat haarself steeds meer saambal, die nog vloeibare, los embrio kan binnedring, waarvoor die siel ongeveer twee maande tyd nodig het. Indien dit die embrio in die moederliggaam algeheel in haar besit het, dan word die kind dadelik voelbaar lewend en groei vervolgens ook vinnig tot normale grootte.

[16] Solank die senuwees van die liggaamlike kind nog nie heeltemal gevorm en in werking getree het nie, werk die siel selfbewus heel ywerig voort, en rig die liggaam na haar behoeftes in; is die senuwees egter almal gevorm en begin haar steeds meer ontwikkelende gees algeheel volgens die voorskrifte te werk, dan gaan die siel geleidelik in rus en raak ten slotte in die omgewing van die niere heeltemal aan die slaap. Sy weet nou niks van haarself nie en vegeteer slegs, sonder enige herinnering aan `n vroeëre, suiwer natuurlike toestand. Eers enkele maande na die geboorte begin sy meer en meer ontwaak, wat goed waargeneem kan word aan die verminderde behoefte aan slaap; maar voordat sy tot enige bewussyn kom, is daar tog heelwat tyd nodig. Eers as `n kind leer praat, kom ook `n egte bewussyn in die siel, egter sonder herinneringe aan vroeër; want dit sou mens by die hoëre, verdere ontwikkeling van die siel beslis nie kon gebruik nie.

[17] Die siel sien en herken nou, geheel in die vlees opgesluit, voorlopig maar net dit wat haar deur die liggaamlike sintuie aangebied word. Van iets anders het sy heeltemal geen wete nie, omdat sy deur die eie vleesmassa dermate verduister is en moet wees, dat sy meestal volkome onkundig is van die feit dat syself ook buite die vlees bestaan. Sy voel haar vir `n lang tyd heeltemal één met die vlees en dit verg heelwat moeite om `n siel in die vlees so ver te bring dat sy haar as iets selfstandig begin voel en beskou - wat egter baie noodsaaklik is, want daarsonder sou sy geen gees in haar kon dra en dit natuurlik ook nooit kon opwek nie.

[18] Eers nadat die gees in die siel begin ontwaak, word dit stadig maar seker ligter in die siel; sy begin haarself beter leer ken en in haarself heel verborge dinge ontdek waarmee sy ewenwel nog nie veel weet wat om daarmee aan te vang nie.

[19] Eers as die gees en sy kragtige lig heeltemal werklikheid word in die siel, keer die hele herinnering ook terug in die siel, maar natuurlik algeheel in `n verheerlikte lig. Daarby doen hom dan geen bedrog en illusie meer voor nie, maar slegs die stralende, hemelse waarheid en die siel is dan self één met haar goddelike gees en alles in haar en buite haar kom tot hoogste vreugde en saligheid!

[20] Verstaan julle nou so iets van die beeld van die geheimsinnige Jakobsleer? - Tot sover gaan ek, die res behandel die Heer Self met julle!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205