Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Verskillende menings oor die wese van die Heer

88 Die wyn begin egter aan die tafels die tonge los te maak en die gesprekke word daardeur al lewendiger en lewendiger. Daar ontstaan selfs verskillende menings oor My en `n mens sou kon stel dat hier, by die aandete, `n eerste skeuring in die kerk plaasvind. Sommiges beweer dat Ek direk die allerhoogste, goddelike wese is, ander sê egter dat Ek dit nie direk is nie, maar indirek. Ander sê weer dat Ek eintlik slegs volgens afkoms `n seun van Dawid is en voorbestem is tot Messias van die ryk van Dawid en daarom met die wonderkrag van Dawid en die wysheid van Salomo toegerus is. Nog ander meen dat Ek as een van die hoogste engele uit die hemele nou pro forma liggaamlik op aarde is en nog `n adjudant uit die hemele by My het.

[2] `n Deel, waarby selfs `n aantal van My apostels hulle aansluit, beskou My as die Seun van die Allerhoogste. Ek sou weliswaar dieselfde eienskappe hê as My Vader, maar tog `n heeltemal ander persoonlikheid wees, en so sou ook die dikwels genoemde Gees van God uiteindelik selfs `n derde persoonlikheid kon wees, wat in bepaalde gevalle heeltemal sy eie sê gehad het!

[3] Heel weinig was egter met hierdie mening eens. Iemand vra aan Petrus wat sy mening was.

[4] Maar Petrus sê: "Hy, die Heer Self, het ons toe ons in hierdie streek rondgetrek het, gevra wat die mense van Hom dink wie Hy is, en uiteindelik wat ons self van Hom dink. Toe word daar ook die een en ander beweer en toe ek uiteindelik gevra word, sê ek ook ronduit, soos wat ek dit in my hart gevoel het: 'U is die Seun van die Allerhoogste!' En Hy stem heeltemal in met daardie getuienis van my en noem my selfs `n rots van geloof waarop Hy Sy gemeente sou bou, wat nie weer deur die poorte van die hel oorwin sou word nie. Daarmee was my toe-uitgesproke mening dus deur Homself goedgekeur en bevestig en dus doen ek nie verkeerd as ek soos `n rots daaraan vashou nie!"

[5] Maar Johannes het tog belangrike besware teen hierdie opvatting van Petrus en sê: "In Hom woon God se volheid in liggaamlike vorm! As die Seun, wat egter geen ander persoonlikheid is en kan wees nie, sien ek Sy liggaam slegs in soverre dit `n middel tot die doel is; maar as geheel is Hy ewenwel identies met die Godheid wat in alle volheid in Hom woon!

[6] Of is my liggaam dalk `n ander persoonlikheid as my siel? Is hulle saam nie een mens nie, alhoewel my siel ten aanvang van my bestaan hierdie liggaam eers vir haar moes vorm sodat `n mens gepas sou kon sê: Die siel het `n tweede, liggaamlike mens oor haar heengetrek en sodoende `n tweede persoonlikheid om haar heen gevorm? `n Mens kan wel sê dat die liggaam `n seun is, of iets wat deur die siel gevorm is, maar daarom vorm dit daarmee, of selfs alléén, geen tweede persoonlikheid nie! En nog minder kan `n mens dit van die gees in die siel sê; want wat sou dan `n siel sonder die goddelike Gees in haar wees? Sy word tog eers `n volledige mens, as sy heeltemal deurdronge is van die gees! Dan is gees, siel en liggaam immers volkome één en dieselfde persoonlikheid!

[7] Bowendien staan daar geskryf: 'God skep die mense geheelen- al na Sy ewebeeld.' Maar as die mens as volkome ewebeeld van God, met sy gees, sy siel en sy liggaam slegs een mens is en nie drie nie, dan sal God tog seker as die volmaakte Oergees omgewe wees met `n ewe-eens volmaakte siel en nou ook vir ons oë sigbaar met `n liggaam, ook slegs een God en ewiglik nooit `n drievoudige God nie, uiteindelik selfs nog in drie afsonderlike persone, wees nie! - Dit is my mening, wat ek ewig behou sonder om daardeur `n rots in die geloof te wil wees!"

[8] Toe sê almal aan My tafel: "Johannes het reg gepraat!"

[9] Om dié rede wil Petrus sy woorde egter regstel en sê: "Ja, so bedoel ek dit tog ook; ek is net nie welsprekend genoeg om my innerlike begrip so vinnig onder woorde te bring nie, hoewel hierdie saak altyd bietjie moeilik te verstane sal wees!”

[10] Johannes sê: "Moeilik, en ook weer nie moeilik nie! Op jou manier sal geen mens gewis op hierdie aarde dit ooit verstaan nie - op my manier, dink ek, sal dit baie maklik gaan! Die Heer alleen moet nou maar tussen ons twee die regte skeidsregter wees!"

[11] Ek sê: "Die geloof kan baie, maar die liefde kan alles! Jy, Simon Juda, (Petrus) is wel `n rots in die geloof; maar Johannes is `n suiwer diamant in die liefde, en daarom gaan sy insig ook dieper as by enige iemand anders van julle. Hy is daarom ook My eintlike lieflingskrywer; hy sal baie oor My te skryf kry wat vir julle almal nog `n raaisel sal wees! Want in so `n liefde is ruimte vir baie dinge, die geloof beperk hom egter maar net tot iets bepaald, omdat daar staan: 'Tot hiertoe en dan nie meer verder nie!' Hou julle maar by die uitspraak van My liefling; want hy sal My volmaak aan die wêreld oordra!"

[12] Daarop word Petrus `n bietjie verleë en diep in sy binneste steeds ietwat jaloers op Johannes. Dit is ook die rede waarom Petrus hom na My opstanding, toe Ek vir hom gesê het dat hy My moes volg en My lammers moes laat wei, hom vererg het, omdat Johannes My sonder dat Ek dit gevra het ook volg, waarom Ek Petrus toe, soos bekend, tereggewys het en waarby Ek Johannes ook volledige onsterflikheid beloof het- waardeur die sage onder die volk ontstaan het dat hierdie leerling nooit, selfs nie liggaamlik, sou sterwe nie.

[13] En Petrus vra Johannes hoe dit gebeur dat hy steeds `n baie dieper insig en besef aan die dag lê as hy wat Petrus is.

[14] Maar Johannes sê: "Kyk, ek woon nie in jou hart en jy nie in myne nie, en ek het geen maatstaf daarvoor om te kan vasstel om welke redes my mening suiwerder en beter is nie! Maar omdat die Heer Self ons nou hardop gewys het op die verskil tussen geloof en liefde, moet jy dit as antwoord op jou vraag aanvaar! Want alleen die Heer kan niere en harte ondersoek en dus sal Hy ook gewis haarfyn weet watter verskil daar tussen ons harte bestaan."

[15] Met hierdie antwoord was Petrus voorlopig ook tevrede en hy vra nie verder nie. Die maaltyd was nou egter ook beëindig en ons staan op en gaan almal die berg op.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205