Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Simon se gedagtes oor die Heer as mens van die manlike geslag

175 Ek sê: "Nou is jy rein en daar is niks meer in jou wat ooit jou geloof in My sou kon ontspoor nie. Maar nou sal Ek jou en ook alle ander laat sien watter ondeurdringbare bos van twyfels uit jou sou gegroei het as jy jou nou nie sou ontdaan het van hierdie twyfelsaadjie nie. Jy sou sonder meer stadig maar seker tot die volgende filosofie gekom het:

[2] Wat sou die gevolg wees as Ek My aan `n vrou sou vergryp en daaruit `n vrug in haar skoot sou ontstaan? As dit manlik sou wees, sou dit dan ook `n God wees? En as dit vroulik sou wees, wat dan? Sou dit die Mosaïese wet aantas as Ek My vergryp het? Sou dit My Goddelike mens nie ongeskik maak vir die behoud van die Goddelike Gees nie? Of sou Ek persoonlik wel of nie tot so `n daad in staat wees nie? Maar hoe kon Ek die mense vir hierdie daad geskik gemaak het sonder om Self daartoe in staat te wees?

[3] As die geslagsdaad `n sonde in die liggaam is en siel en gees verswak, waarom het Ek dan die mens vir sy voortplanting hierdie sondige handeling in die liggaam en in die siel ingegee? Had Ek nie op `n suiwerder manier die voortplanting teweeg kon bring nie?! As hierdie daad van voortplanting egter volgens God se orde die enigste regte en moontlike is, dan moet God dit net so goed kan uitvoer as die mens! Waarom is die geslagsdaad vir die mense `n sonde en vir God nie; of kan God onder bepaalde omstandighede ook teen Sy eie orde sondig? Maar hoe kan God suiwer liefde wees as Hy ook skuldig sou wees aan `n sondige, menslike swakheid?!

[4] God as God kan onmoontlik teen Sy eie orde sondig! As Hy egter die menslike natuur aangeneem het, is Sy liggaam dan goed of nie in staat tot sonde nie? Moet ook Hy teen alle aanvegtinge van die liggaam stry? As Hy dit het, wie laat dit dan oor Hom kom? Is daar nog `n hoëre en ouer God wat hierdie jongeling, wat hom nou pas ontwikkel, met allerlei moeilike beproewings versterk en in die gees wedergebore laat word? As hierdie jong God nou as `n mens sou sondig, sou Hy dan ook net soos die mens verwerp kon word?

[5] Sou die ou Egiptenare dalk gelyk kon hê met hul genealogie van die hoofgode? Uranus verwek met Gaea `n Kronos (Saturnus, Tyd), wat sy werke altyd weer verniel. Zeus, as die wil van Kronos, word gered deur die liefde, groei in die verborgene op en word oppermagtig. Die mag van Zeus bring Uranus en Kronos vir ewig tot rus, heers alleen en skep die mense op die aarde, waarvoor hy egter deur die voorbeskikking van die ontsettende, onnaspeurlike Fatum (noodlot), as oudste oergodheid, ook gepla word met baie menslike swakhede. Die Fatum skyn die onbekende groot God te wees; maar nou, in `n sekere sin moeg van regeer, het hy onsigbaar en sonder dat iemand dit weet `n goddelike vonk in `n suiwer meisie gelê en in `n verjongde seun het hy nou in hierdie meisie vir `n seun as regeringsopvolger gesorg en dié staan nou voor ons en wend sy eerste pogings aan om as god te regeer!

[6] Ek sou jou nog heel baie van dié uitwasse kon beskryf waaruit so `n woud van twyfels bestaan, en ook in watter ander struikgewas en onkruid dit kan degenereer. Maar omdat die saadjie nou by jou vernietig is, is jy rein en van `n verdere groei van die onkruid kan geen sprake meer wees nie; en omdat jy nou heeltemal gereinig is, is jy ook heeltemal geskik om een van My belangrikste leerlinge te wees.

[7] Verder sal jy nou wel besef hoe en waarom hierdie meisie in al haar liefde so besonder aan My geheg is. Want in die mate waarin hierdie meisie My liefhet, het niemand van julle My lief nie; want julle liefde is meer `n verbasing oor My wysheid en My wonderwerke wat vir julle onbegryplik is. Maar hierdie meisie het My lief suiwer om Myself, noudat sy eenmaal weet wie in My is. En dit is meer werd as om My as God te bewonder, want dit moet tog vir elkeen duidelik wees dat by God alle dinge moontlik is. Ook dit is wel goed, maar die ander is beter.

[8] Wat is dan vir jou beter: Dat mense jou alleen al liefhet omdat jy `n mens is, of dat mense jou alleen maar liefhet omdat jy `n wyse mens is en baie vaardig in allerlei kunste is? Die eerste liefde gaan uit van die lewe en het betrekking op die lewe; die tweede gaan egter alleen maar uit van die gevoel vir kuns en het slegs betrekking op die kuns en die wetenskap van die een wat dit besit. Sê eers, welke liefde sou jy meer waardeer?"

[9] Simon sê: "Duidelik die eerste! Want wie my al as mens liefhet, sal my dan ook as wyse en as kunstenaar des te meer liefhê; wie my egter lief sal hê in die veronderstelling dat ek `n wyse en `n kunstenaar is, sal al gou die liefde die rug toekeer as hy mag ontdek dat ek geen wyse en ook geen kunstenaar is nie! Daarom is die suiwer liefde van hierdie meisie vir U, o Heer, werklik `n voorbeeldige liefde en oortref dié van ons almal in `n hoë mate!

[10] Weliswaar het `n meisie `n man as sodanig makliker en natuurliker lief as `n man `n ander man; as egter `n man met sy verstand en hart die waarde van `n mens, `n broer, dieper beskou, sal hy, as hy sy eie waarde voel en besef, ook die naaste waardeer en liefhê sonder om rekening te hou met sy eienskappe. En as hy daarna selfs verborge, baie gewaardeerde eienskappe by hom ontdek, sal sy liefde vir hom beslis des te sterker word! - O Heer! Elkeen van U woorde en lesse is groot en verhewe en in alle ewighede der ewighede Waarheid!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205