Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor armoede en naasteliefde

79 (Die Heer:) "Daar bestaan in die wêreld `n groot aantal gevare vir die siel. Aan die een kant is daar die armoede; sy begrippe van myn en dyn* word al swakker namate die mens meer daaronder gebuk gaan. Laat die armoede onder die mense daarom nooit te groot word as jy `n veilige pad wil loop nie! (*myne en joune: vertaler)

[2] Maar laat diegene wat reeds arm is, hulle meer welgestelde broers vra wat hulle nodig het; as hulle teen harde harte stuit, laat hulle hulleself dan na My toe wend en dan sal hulle geholpe raak! Armoede en nood is geen verontskuldiging vir diefstal en roof en nog minder vir die dood van `n beroofde nie! Wie arm is, weet nou tot Wie hy hom moet wend.

[3] Armoede is weliswaar `n groot plaag vir die mense, maar dit dra daarin die edele kiem van nederigheid en van ware beskeidenheid en sal daarom ook altyd onder die mense voorkom. Maar tog moet die rykes dit nie te groot laat word nie, omdat hulle andersins baie gevaar loop, hier en eendag ook in die hiernamaals.

[4] As daar armes onder julle is, sê Ek vir julle almal: Julle hoef hulle nie soveel te gee dat hulle ook ryk moet word nie, maar julle mag hulle geen nood laat ly nie! Dié wat julle sien en ken, moet julle na reg en billikheid help! Daar sal egter nog baie op hierdie groot aarde wees wat werklik ontsettend arm is en wat baie groot nood sal ly. Julle ken hulle egter nie en hoor ook nie hulle gekerm nie; daarom beveel ek hulle ook nie in julle hoede aan nie, maar slegs hulle wat julle ken en die wat dan ook na julle toe kom.

[5] Wie van julle met sy hele hart `n vriend sal wees van die armes, vir hom sal Ek ook `n vriend en ware broer wees in die tydelike én die ewige, en hy sal die innerlike wysheid nie van `n ander wyse hoef te leer nie, maar Ek sal hom dit in alle volheid in sy hart gee. Wie sy arme naaste broer sal liefhê soos homself en `n arme suster nie sal wegjaag nie, van watter stam of watter leeftyd hy ookal mag wees, na hom toe sal Ek altyd Self kom en My getrou aan hom openbaar. Ek sal dit vir sy gees, wat die liefde is, sê en dié sal daarmee die hele siel en sy mond vul. Wat hy dan sal sê of skryf, sal deur My vir alle tye der tye gesê en geskryf wees.

[6] Die siel van die hardvogtige sal egter deur slegte geeste gegryp word en hulle sal haar ten gronde rig en gelyk maak aan die siel van `n dier, en só sal sy dan ook in die hiernamaals sigbaar word.

[7] Gee graag en gee ryklik, want soos wat jy gee so sal jy ook weer ontvang! Wie `n hardvogtige hart het, kan nie deur My barmhartigheidslig deurdring word nie en in hom sal die duisternis woon en die dood met al sy verskrikking!

[8] Maar `n sagte en week hart sal deur My barmhartigheidslig, wat in wese baie sag is, baie gou en maklik deurbreek word, en Ek Self sal dan in so `n hart binnegaan met alle volheid van My Liefde en Wysheid.

[9] Glo dit! Want die woorde wat Ek nou vir julle sê, is lewe, lig en waarheid en `n daad wat volbring is, waarvan elkeen wat dit sal navolg, die werklikheid sal ervaar.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205