Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel se ontugtige misdade

66 Johannes sê: "As jy die ware wysheid uit God meet met die el van die enigsins ontwikkelde verstand, dan het jy gelyk dat jy vir geen enkele wysheid terugdeins nie. Maar omdat die ware wysheid uit God nooit met die kort ellestok van die verstand gemeet kan word nie, maar, soos alles uit God, met die maat van die ewigheid en oneindigheid, daarom sal jy met jou verstand wel soms bietjie tekort kom! Maar dit tersyde, laat ons by ons eintlike onderwerp bly.

[2] Jy vertel my as tersake kundige hoe sleg dit met die Zagane in Klein-Asië gaan en hoe ellendig hulle daaraan toe is en dat dit vir hulle kinders `n egte weldaad sou wees, en af en toe ook is, om deur die slawehandelaars opgekoop en vervolgens êrens verder verkoop te word. Laat ons dus maar daaroor ophou, want jy hou `n soort van goeie wil van jou kant af voor, en ek wil jou `n tiende deel daarvan ten goede reken! Maar ek het uit jou gewetenskamer nog iets wat jy in bewaring gehou het, en daardie vreemde iets verbruik die tiende deel wat jou ten goede moes kom, bykans heeltemal, sodat jy uiteindelik maar net pure slegte sake toegereken kan word! Ek betwyfel of jou verstand jou daarvoor enige regverdiging sal gee.

[3] Vertel my eers hoe jy, sê maar net vir jouself, dit kon regverdig dat jy heel dikwels meisies verkrag het! Kan jy daarvoor dalk ook `n bepaalde verstandelike beginsel aanvoer wat homself in hierdie geval nie verset teen die Mosaïese wet van God nie maar teen die Romeinse staatswet, wat swaar strawwe oplê by die verkragting van onvolwasse meisies? Het die ontsettende angs- en pyngehuil van `n meisie wat jou groot sinlikheid ten prooi geval het, jou ooit geroer? En het daar nie, hoewel ietwat langer gelede, ongeveer vyf deur jou erbarmlik verkragte, origens baie welgeskape meisies op die mees ellendige manier in die wêreld gesterf nie?! Jou metgesel het jou nog gewys op die finansiële skade wat julle daardeur ly, want julle sou die vyf tien- tot twaalfjarige meisies vanweë hulle mooi en weelderige figure maklik vir vyfhonderd pond silwer in Kaïro kon verkoop het. Die aansienlike verlies vind jy weliswaar pynlik en daarom verwens jy ook meermale jou groot geilheid, maar dit het jy nog nooit verwens vanweë die feit dat jy `n blinde moordenaar van vyf baie lieftallige meisies geword het nie!

[4] Vat dit alles eers saam en sê vir my dan hoe jy jouself nou as mens onder die mense sien, en of die maatstaf van jou verstand hier ook nog `n rede vind om jouself te verontskuldig! Jy kan jou nie verontskuldig deur te sê dat jy `n totaal verwilderde, ruwe natuurmens is wat nouliks die verskil sou kon sien tussen die slegte en die goeie nie; want voorheen het jy my baie goed aangetoon hoe betreurenswaardig ellendig die Zagane lewe en dat so `n verwaarlosing van `n hele volk geen besondere eer is vir JaHWeH God en vir Sy Liefde en Wysheid nie. Ja, jy versoek my selfs dringend om aan jou te toon vanuit welke goddelike wysheidsbeginsel `n God `n groot volk so ellendig gebrek laat ly! Daaruit blyk dus dat jy `n heel respektabele regsgevoel het en `n volmaakte kennis van goed en kwaad. Hoe kon jy dan met die meisies so onmenslik handel? Naderhand het jy hulle wel self volgens jou ondeugdelike kennis geneeskundig behandel, maar daardeur het jy hulle nog meer kwaad aangedoen as vantevore deur jou geilheid! – Praat nou, en regverdig jou voor God en die mense!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205