|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 44
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die eiendomsbegrip van Zorel
44 Cyrenius sê: "Hoeveel sou ek jou dan moet gee?"
[2] Zorel sê: "Nie al te min nie, maar ook nie al te veel nie. As ek slegs dit wat verlore gegaan het, kan herstel, is ek al tevrede!"
[3] Cyrenius sê: "Ken jy ook die Romeinse wette wat aan die volkere gegee is ter beskerming van hulle verkreë eiendom?"
[4] Zorel sê: "O ja - weliswaar nie alles soos wat `n regsgeleerde dit ken nie, maar sommige ken ek tog! Teen die wette wat ek ken, het ek nog nooit gesondig nie. `n Sonde teen onbekende wette is egter sonder meer van nul en gener waarde!
[5] Ek is trouens `n Griek en ons Grieke het die wette betreffende die streng geskeie ‘myn en dyn’ (myne en joune) nog nooit al te ernstig en presies opgeneem nie, omdat ons meer voel vir algemene- as vir privaatbesit. Want gemeenskaplike besit kweek vriendelikheid, broederskap, ware en duursame eerlikheid, en gaan in teen die heerssug onder die mense, wat beslis `n heel goeie saak is! Privaatbesit kweek egter altyd hebsug, nyd, gierigheid, armoede, diefstal, roof, moord en buitengewone heerssug, waaruit ten slotte alle aardse kwellinge soos uit `n doos van Pandora vir die mensdom te voorskyn kom!
[6] As daar geen oordrewe streng wette ten gunste van privaatbesit sou wees nie, dan sou daar ook baie minder diefstal en allerlei bedrog gewees het. Ek sê en beweer dat die wette wat privaatbesit beskerm, vir die besit die goed bemeste landery is waarop alle denkbare sondes gedy en ryp word, terwyl by gemeenskaplike besit geen nyd, hebsug, jaloesie, laster, bedrog, diefstal, roof, moord nog die één of ander oorlog en ander ellende ooit kan voorkom nie!
[7] Omdat ek egter die wette ter beskerming van privaatbesit altyd as `n gruwel ten opsigte van die vriendelike en broederlike samelewing gesien het en nog steeds sien, het ek my - in elke geval by klein sake - nooit `n gewetenskwessie daarvan gemaak as ek dit op `n onwettige manier in my besit kon kry nie. As iemand egter by my op dieselfde manier iets leen, het ek hom daarvoor ook beslis nooit vervolg nie.
[8] My hut en my landerye is my wettige eiendom. Wel, met dit wat hulle as lewende hawe in my besit bevind, het ek dit om die reeds genoemde, ware beweegredes nooit so baie eng geneem nie omdat ek `n Spartaan is. Vir wie Sparta en sy ou en baie wyse wette ken, sal dit duidelik wees waarom ek dit met klein, sogenaamde diefstalle nooit so eng beskou nie. Beide die skape, die bok en my donkie was nie gekoop nie, maar eintlik ook nie gesteelde besittings nie, want ek het hulle in die bos, sê maar wild weidend gevind, weliswaar nie op één slag nie, maar tog met verloop van tyd. Die eienaar van die groot bosweiveld is ook eienaar van talle duisende van die diere. Vir hom sal die geringe verlies sekerlik geen pyn besorg het nie - en vir my kom dit baie goed te pas!
[9] Daarmee het ek my seker nie al te erg aan die Romeinse wette ter beskerming van besit besondig nie, veral omdat ek die genoemde diere in die groot uitgestrekte bos, dwalende op hulle eentjie, aangetref het en hulle tog al verlore was vir hulle wettige eienaar! Die afslaan van die oes is selfs by die Judeërs geoorloof, wat beweer dat hulle van die hoogste God Self `n wet daarvoor gekry het. Waarom sou dit dan by ons Romeine `n misdaad wees?!
[10] Slegs met die swaard in die hande van die magtiges van die aarde, dus deur wilde beer- en leeugeweld, laat hulle so `n onsinnige wet vir die beskerming van privaatbesit verdedig, maar met die verstand nooit! Ook al sou tienduisend gode daarvóór wees, dan is ek tog daartéén solank ek sal lewe en in staat sal wees om so suiwer te dink soos wat ek nou en altyd gedoen het!
[11] U, geëerde gebieder, het wel die mag van die swaard, en kan my, arme dier, tugtig soos wat u wil, maar die reguit lyne van my lewensbeginsels sal u met alle wapens van Rome nooit kan krombuig nie. As u egter miskien ander en steekhoudender, verstandelike oorwegings het vir streng wetlike besit, dan wil ek dit aanhoor en my toekomstige lewenswyse daarby aanpas!"
|
|
|
|
|