|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 219
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die werking van die sonlig; die menslike oog
219 (Die Heer:) "Hierdie More lewer hier nogmaals die sprekendste bewys daarvan dat dit so is en nie anders kan wees nie, en die son lewer daagliks in elke plant en in elke dier tog `n nog baie tasbaarder bewys van die krag en die werking wat in haar wyd verspreide, uitstralende lewensfeer lê.
[2] Dit alles moet vir die verkeerd opgevoede, wêreldse, verstandelike mens wel soos `n sprokie klink, en hy sien daarin maar net verdigsels van `n verhitte fantasie, wat alles vir hom soos reine onsin klink. Na sy mening is dit pure onsinnighede, waarvan hy dink dat dit onmoontlik so kan gebeur omdat dit vir hom natuurlik onmoontlik is om so-iets te doen, en dit moet vir hom ook om baie wyse en noodsaaklike redes onmoontlik wees. Want wie kan sonder hande arbeid kon verrig en wie sou sonder voete kon loop?!
[3] As die son `n totaal duister klomp sou wees, wat hy ondanks sy omvang net so goed sou kon wees as swart kalksteen, sou hy geen natuurlike lewe op die wêrelde kon veroorsaak nie. Maar sy inwendige, grootse, vir julle begrippe weliswaar nog onverstaanbare organiese inrigting is so gevorm en geaard, dat hy in sy inwendige voortdurend `n reusagtige hoeveelheid fyn lugsoorte moet ontwikkel. Daardeur word die ontsettende groot sonliggaam in die eerste plek gedwing om om sy as te draai, sodat daar `n voortdurende wrywing ontstaan tussen die groot sonatmosfeer en die daarop rustende eter, waardeur in die tweede plek die aktiwiteit van die, in die groot sonatmosfeer aanwesige, ontelbaar talle natuurgeeste steeds opnuut opgewek word, watter aktiwiteit sy dan so meedeel aan die natuurgeeste wat in die eter aanwesig is, sodat hulle, omdat hulle uiters beweeglik is, oombliklik oor `n afstand van meer as twee honderd duisend veldweë gaan*, in `n regte lyn vanaf die son gereken, ewe-eens geaktiveer word, en in elke daaropvolgende oomblik so `n selfde afstand steeds maar verder en verder, tot op, `n vir julle, onmeetbare afstand van die son. *(10 veldweë = l myl 400,000: 10 = 40,000 myle = spoed van lig per sekonde (1 Duitse myl = 7.5 kilometer)
[4] Deur dit gesamentlik aktiwiteit van die oer natuurgeeste in die onmeetlike skeppingsruimte, kom die oorspronklike lig van die son op die wyse wat Ek julle nou wel voldoende uitgelê het, by die aardbolle of planete, wat in `n baan om haar heen sirkel en binne haar bereik is, en bring in die kleiner atmosfere van die planete `n soortgelyke aktiwiteit tot stand by die reeds meer massiewe natuurgeeste wat daarin aanwesig is, en hoe meer hierdie aktiwiteit afdaal van die sterkere moet dit waarneembaar en voelbaar wees, omdat die geeste ook steeds massiewer word. Want wanneer julle twee klippe teen mekaar vryf, sal die wrywing immers beslis sterker wees as wanneer julle twee donsveertjies teen mekaar gaan vryf, en daarom word dit in die diep dale van die aarde ook ligter en warmer as op die hoogste bergtoppe van die aarde.
[5] Maar nou dink `n goeie redenaar onder julle: “Ja, as die voortplanting van die sonlig so, en van elke ander lig veroorsaak word, dan moet die lig orals dieselfde wees, en dan kan mens onmoontlik die beeld van die son afsonderlik sien as iets wat `n baie sterker lig gee as die orige deel van die verligte uitspansel!”
[6] Ja, Ek sê vir julle, dit sou ook sekerlik die geval gewees het as Ek nie die oog so gemaak het dat van al die lig en van die weerkaatsing van alles wat verlig word, die omtreklyne, wat deur `n sekere reaksie die meeste geaktiveer word, as lyne wat mekaar met `n bepaalde hoek sny deur `n geringe opening op die uiters gevoelige netvlies, vandaar op die nog gevoeliger oogsenuwee aankom.
[7] Deur hierdie voorsiening val alle enkelvoudig geaktiveerde ligstrale weg en kom slegs die belangrikste omtrekstrale gebroke op die uiters gevoelige netvlies en vandaar op die oogsenuwee, waardeur die beeld dan eers langs die geëiende organe op `n wyse wat met die beeld ooreenkom, of in ooreenkomstige tekens op die harsingsplaatjies ingeprent word, en vir die siel aanskoulik gemaak word.
[8] Was die oog nie so gekonstrueer nie, dan sou julle die son natuurlik nie as `n heilige geleë beeld gesien het nie, maar dan sou alles één gelykvormige ligsee gewees het, soos dit wat `n aantal mense in geestesvervoering gesien het, waarin hulle selfs hul eie ek nie eens in die algemene lig as `n wese kon onderskei nie.
[9] `n Wyse Egiptiese Griek, Plato, getuig daarvan in sy nagelate geskrifte, en behalwe hom, doen nog meer wyses uit die oertyd dit. Hy het ingesluimer en het hom in `n ligsee bevind waarin hy homself wel in sy gedagtes kon voorstel, maar nie kon sien nie, en daardeur ook altyd nog die geluksalige gevoel gehad het om heeltemal één te wees met die oerlig, wat hy die eintlike godheid genoem het.
[10] Die oorsaak daarvan lê in die feit dat hul siel nog nie volkome toegerus was om te sien nie. En sy was nog nie volmaak daarvoor toegerus nie, omdat hul oorspronklike opvoeding, ook al was dit streng, tog verkeerd was; want elke keer as `n mens se verstand verder ontwikkeld is as die hart, is die ontwikkeling verkeerd."
|
|
|
|
|