Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

`n Gebeurtenis uit Jesus se jongelingsjare

32 Tydens die gesprek tussen die twee gee Ek altwee die meisies wat tot lewe gewek is, die geleentheid om My as die Een te leer ken wat etlike maande gelede ook in Kapernaum `n paar dooies opgewek het. Beide herken My weldra as sodanig en hulle ken ook vir Maria en die ander uit die huis van Josef. Gamiëla vertel ook dat sy haar nog baie goed kan herinner dat die ou meestertimmerman, Josef, met sy ses seuns by hulle pleegvader in Kapernaum `n hele nuwe skaapstal gebou het. Sy herinner haar nog dat sy My Self as jongste van die seuns van Josef by die werk gesien het. Destyds het sy natuurlik nie vermoed dat die Gees van die Allerhoogste in My verborge gelê het nie.

[2] Maar Ida sê daarop: "Tog wel, liewe suster! Op die laaste aand, toe die gebou gereed was en ons pleegvader die ou Josef vir die werk moes betaal maar op sy koopmansmanier etlike silwerstukke daarvan afgetrek het, gaan hierdie heilige na die koopman toe en sê: 'Doen dit nie, want dit sal u geen seën bring nie! U is weliswaar `n heiden, maar u glo aan die God van die Judeërs. En weet, hierdie magtige God woon in My hart en as Ek Hom vra, gee Hy My dit wat ek gevra het! Hy woon ook in die hart van almal wat regverdig voor Hom is, en verhoor graag hulle gebede. As u hardvogtig sou wees teenoor Josef, wat swaar werk by u moes verrig, dan sal Ek My God en Vader vra om u dit te vergeld en u sal daarvoor weldra baie sleg beloon word! Bedink dat dit nie goed is om diegene te beledig waarmee God één is nie!' Maar my pleegvader het geen ore daarvoor gehad nie, en het vasgehou aan sy korting. Die ou timmerman sê egter: 'Luister, ek is eerlik en sê dit eerlik vir u: Die paar silwerstukke maak juis my hele wins uit vir hierdie swaar werk en daarmee sou ek my huishuur kon betaal het! Maar omdat u, `n ryk mens, soveel waarde daaraan heg, mag u dit hou, u behou dit egter onregmatig en dit kan nooit goed wees nie!'

[3] Ek, Ida, huil egter van verontwaardiging oor die verstokte hardheid van my vader. Ek gaan na my kamer toe en gaan haal al my spaargeld uit en Gamiëla doen daarna dieselfde en ons stop heimlik so ongeveer honderd silwerstukke in die ou Josef se gereedskapsmandjie. Niemand het dit gemerk nie, behalwe U, o Heer! En U sê toe: 'Maar julle twee meisies sal eendag ryklik vergeld word vir die goeie wat julle nou aan ons bewys het!' Met hierdie woorde het U verheerlik daar uitgesien. Toe staan julle op en verlaat ons huis. Dit was laat in die aand en julle het te voet nog etlike ure om na Násaret te gaan. Ek sê toe vir U: 'Wil U nie vannag liewer hier bly in plaas van om op die onveilige, ver pad te gaan nie, veral noudat die nag so duister is omdat dik onweerswolke die hemel bedek en daar ook onweer op pad is?' Toe sê U iets wat ek nooit vergeet het nie: 'Wie die dag gemaak het, beheers dit, en wie die nag gemaak het, beheers dit ook, daarom het die Heer van dag en nag nóg die dag nóg die nag te vrese! Ook die onweer val onder die mag van dieselfde Heer, wat die wêreld nie ken nie. Nóg die nag, nóg die onweer sal ons skade kan berokken! Vaarwel, engeltjies!' Toe verlaat julle ons huis en die hemel mag dit weet - julle was skaars oor die drumpel of daar was al geen spoor meer van julle te vinde nie!

[4] O, ek het dikwels gedink aan U, o Heer, maar daarna kon ek U tot nou toe nêrens weer ontmoet nie! Maar U woorde met betrekking tot ons pleegvader het in dieselfde nag nog op verskriklike wyse uitgekom! Daar het `n ontsettende onweer opgekom, die weerlig het driemaal in die nuwe skaapstal geslaan, waarin reeds op die dag van voltooiing sewentienhonderd pragtige skape hulle bevind het. Alles verbrand binne `n paar uur en ondanks alle moeite kon daar niks gered word nie! Toe betreur ons pleegvader dit dat hy die troue timmerman so `n onreg aangedoen het, want hy sê self: 'Hierdie straf word my van bo opgelê omdat ek dit verdien het. Ek sal nooit weer in my huis `n getroue arbeider ook maar `n stater (silwerstuk) van die welverdiende, aangenome som terughou nie!' Hy hou ook sy woord. Die stal het hy ewenwel nie weer op dieselfde plek laat opbou nie, maar op `n ander plek het hy `n stuk grond van honderd morg stewig laat omhein en daarop net `n hut gebou vir tien herders en skaapwagters. Die ou timmerman uit Násaret het ons nooit meer terug gesien nie. Hy moes baie gou daarna gesterf het, want hy het destyds al baie swak daar uitgesien.

[5] Ongeveer `n halfjaar daarna kom ons op die groot mark van Násaret aan en doen ons uiterste bes om iets oor die ou timmerman en sy seuns te wete te kom, maar die mense sê dat iemand hulle ver weg ontbied het om `n aantal huise te gaan bou, en ons gaan dus onverrigter sake weer na Kapernaum toe terug. Daarna het ons egter niks meer van die timmermansfamilie gehoor nie. Ons pleegvader moes op `n keer, ongeveer drie jaar later, agtergekom het dat Josef vir `n groot werk na Hoognasaret moes gegaan het, wat in die rigting van Samaria in die gebergte gelê het. Ons het egter niemand van sy familie meer te siene gekry nie! En tog sou ek met die jong timmerman, wat na my wete Jesus geheet het, so baie graag nader kennis wou gemaak het!

[6] Maar - wat ons toentertyd nie meer vergun was nie, dit het U, o Heer, wonderbaarlik tot nou toe vir ons bewaar! Nou eers het daar ook vir ons `n lig opgegaan oor die woorde wat so geheimsinnig deur U gespreek was op die aand waarop julle in die stikdonker nag ons huis verlaat het! Nou weet ons wie die Heer van die dag, van die nag en van die onweer was en is! Maar nou bring ons U nog eenmaal met hart en mond ons dank vir al die onnoemlike barmhartigheidsgawes en weldade wat U, o liefste Heer Jesus, ons sonder enige verdienste van ons kant af bewys het!"

[7] Ek sê: "O, so heeltemal sonder verdienste is julle volstrek nie. Dink maar eers aan wat julle vir ou Josef gedoen het! Hoe baie goed het julle honderd silwerstukke hom te pas gekom, toe hy dit die volgende môre in sy gereedskapsmandjie gevind het! Hy dag eers dat julle pleegvader dit heimlik gedoen het, maar Ek het hom baie gou uit sy droom gehelp. Hy het julle goeie harte baie geprys en Ek het hom belowe dat Ek Self die goedheid veelvoudig aan julle sou vergeld. Daarom doen dit My baie genoeë om julle nou die lewe en julle ware ouers terug te gee. Gaan nou veral na hom toe en maak hom bly, want sy vreugde is ook My vreugde!"

[8] Toe gaan die meisies na Cyrenius toe en omarm hom, en van vreugde huil hy soos `n kind.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205