Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die gif in minerale, plante, diere en mense

158 Ek sê: "Vind julle almal hierdie geskiedenis ook so onduidelik?"

[2] Almal bevestig hierdie vraag en vra vir `n uitleg.

[3] En Ek sê aan almal: "Hoewel julle gelees het oor die kinders van die slang, maak julle by hierdie geskiedenis tog asof julle geen insig het nie! Kyk, op hierdie aarde kom giftige minerale, giftige plante en eweneens bekende, giftige diere voor! Die giftige minerale is heeltemal giftig, die giftige plante vir die grootste deel, en die giftige diere, in verhouding tot hul hele liggaam, vir die kleinste deel. Julle het ook gehoor dat die siele van mense wat suiwer van hierdie aarde is, `n konglomeraat (opeenhoping) is van minerale-, plante- en dieresiele. Dít is iets wat Ek julle al meermale uitgelê het, Ek het toe net meer in die algemeen as in die besonder gepraat, en Ek het ook tot op hede geen spesifieke uitsonderings vermeld nie; hierdie is egter so `n spesiale uitsondering, en Ek wil julle almal meer daarmee vertroud maak.

[4] Julle ken die regverdige en korrekte orde van God, maar ook die afwykings daarvan; julle kan dit dink, voel en ondervind! Maar wat julle kan, kan God ook; Hy ken sy ewige orde beslis die beste en die suiwerste, maar ken daarby ook alle moontlike en die mees uiteenlopende oortredings en afwykings van hierdie orde, en moet dit dus ook kan voorstel en heeltemal kan aanvoel.

[5] Ja, God moet selfs, soos wat julle weet, in die skepsels wat vry en selfstandig moet en wil word, veral in die engele en die mense van hierdie aarde, die prikkel lê om teen die orde in te gaan, sodat die genoemdes daardeur volkome tot `n ware, ongedwonge selfbestemming sal kan kom. Daaruit blyk dus wel duidelik dat God net so bekend moet wees met die grootste moontlike antiorde, as met die goeie, ware en lewende orde.

[6] Die gedagtes en gevoelens teen die orde, sowel in God as in die mense, volgens die gedagtes en gevoelens vólgens die orde, is vergelykbaar met giftige minerale, plante en diere. Omdat dit egter ook gedagtes van God en gevoelens van God is, kan hulle nie vergaan nie, maar bly hulle ook bestaan in die intelligensie-oervorm van vuurtonge. Hulle kan deur hul onderlinge verwantskap in die negatiewe sfeer saamgaan en `n reeks eie wesens vorm.

[7] Uit hierdie oerbron ontstaan eintlik merendeels die hele stoflike en gerigte skepping. Daar dit egter voorbestem is om vir die geestelike skepsels nie net as `n lewensgif te dien wat hulle beproef nie, maar ook om by die regte gebruik `n heilsame lewensbalsem te wees, is dit so georden dat die té sterk teen die orde indruisende oersubstansiële gedagtes hulle afskei van dié wat in veel mindere mate teen die orde ingaan, en `n reeds genoemde giftige reeks van wesens vorm in al drie ryke van die sigbare, uiterlike, mees stoflike natuur van die dinge.

[8] Eers bevind die gifstowwe hulle in die growwe materie van die minerale, daarna kom hulle reeds in ietwat sagter vorm in die daarvoor geskikte planteryk voor, en in heel sagte vorm is hulle in bepaalde diere van die laagste orde gevaarlik vir die betere, dus positiewe uiterlike lewe, en onder bepaalde omstandighede kan hulle selfs ook die innerlike, volkome positiewe, ware lewe nie soseer tot niet maak nie, maar tog erg beskadig.

[9] Wel, die spesifieke sielskragte van hierdie giftige wesens en hul intelligensievermoë kom uiteindelik saam en vorm uiteindelik ook `n gestalte, maar net altyd `n vroulike, wat dan natuurlik ook altyd nog `n besondere giftige eienskap het. Hierdie siele kom uiteindelik ook op die weg van die vlees deurdat hulle êrens deur middel van die geslagsdaad op die bekende wyse verwek word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205