|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 239
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die invloed van `n verkeerde opvoeding op die harsings
239 (Die Heer:) "Ten einde dit alles nog duideliker en konkreter te verstaan, sal ons vir die doel die verdere ontwikkelingsfases van die harsings hier aan My linkerhand met die grootste aandag volg!
[2] Tot nou toe sien dit nog net so daaruit soos na die geboorte, nadat dit reeds in die moederlyf bedorwe was. Ons sal nou egter dadelik die gesig en die kleur van die kind te siene kry wanneer dit na ongeveer vyf jaar die eerste tekens van `n verkeerde opvoeding begin toon, wanneer `n mens sy geheue met allerlei uit die hoof geleerde sake gaan lastig val en dit soveel moontlik in verwarring bring.
[3] Kyk, Ek wil nou dat die eerste wêreldse begrippe in die harsings ingeprent word! Kyk maar eens goed, dan sal julle sonder moeite kan sien hoe die obeliske voor die hier en daar verstrooide voorkomende geheuepiramides baie lomp en traag met `n heeltemal donker substansie `n baie swak afbeelding van iets op `n harsingsplaatjie begin te smeer!
[4] Die eerste opset is nouliks iets anders as suiwer, sinnelose knoeiwerk nie, sodat die siel van so `n kind haarself in die begin ook heeltemal niks kan voorstel van die ingeprente onderwerp nie. Honderdmaal kan dit aan die kind vertel of getoon word, voordat sy vir haar eindelik `n bepaalde, maar altyd net `n baie vae, voorstelling daarvan kan maak.
[5] Die oorsaak daarvan lê allereers in die onrypheid van die talle, op sigself nog baie ordelike, piramidale harsingsplaatjies. Die wat voor die geplaasde tekenstafies is, en wat self nog swak en ongeoefend is, word met geweld van buite af gedwing om te teken, sonder dat dit uit die gemoed voortgekom het in oefeninge wat daarvoor nodig was, en sonder om in die besit te wees van die korrekte substansie, en dit nog op ruwe plaatjies, wat nog lank nie voldoende voorberei is nie. Daarom verdwyn die beeld steeds weer opnuut en moet dit dikwels deur die reëlregte geforseerde obeliske vir die honderdste maal opnuut geteken word totdat daar ten slotte `n beeld, weliswaar baie swak, op die onrype plaatjie bly sit.
[6] En wat se voordeel het `n siel dan van so `n beeld, wat maar net `n skaduwee van die werklikheid is? Sy sien nou maar net die vae, buitenste omtrek. Van `n deurdringing tot die saak self is daar by so `n beeld absoluut geen sprake nie! Wie sou tog aan die vae skadu van `n mens kon sien hoe hy van binne af lyk?! Deur baie en moeisame dwang en aandrang word die bruikbare harsingsplaatjies vir die grootste deel met `n swart laag besoedel, ook die leer van God word net soos die tafels van vermenigvuldiging in die harsings ingepers, en die vorming van die gemoed bestaan maar net uit die uurtjies waarin dit mag uitrus van die instamp van materiële sake.
[7] Eers wanneer die jong, geplaagde mens die hardhandige brei van die sogenaamde 'beroeps' verstand agter die rug het en `n bepaalde baan gekry het, word sy hart ietwat vryer; en hy soek `n aanvallige meisie om mee te trou. Die kort tydjie van die eintlike ‘verlief wees’ is vir die jong mens nog die beste, omdat die mens gedurende hierdié tyd tog in sy gemoed `n geringe, al is dit ook `n baie ondergeskikte, emosie ervaar, waardeur daar soveel lig in sy harsings kom dat hy met behulp van die min lig in hom alles wat hy jarelank moeisaam geleer het, tog ietwat praktieser tuis gaan bring en so vir `n wêreldse amp `n geskikter individu word.
[8] Maar mense waarby selfs hierdie liefde in hul hart nie met warmte ontstaan het nie, bly baie selfsugtige en stoïsynse, kleinsielige mense, wat hulle verder geen haarbreedte bo hul stereotiep besmeerde harsingsplaatjies verhef en in niks anders rondwoel as slegs in hul harsingskadubeelde, waarvan die aantal nie groot kan wees nie, en wat daar is, is duister, swart en vir die gesigsvermoë van die siel volkome onsigbaar.
[9] Die siel van so `n stoïsyn is daarom so goed soos heeltemal blind. Soos wat elke mens, al kan hy nog hoe skerp sien, in `n stikdonker nag bykans volkome blind is en hoogstens net op die tassin kan vooruit gaan, so kan die siel van so `n egte egoïs ook nie sien wat op haar plaatjies geteken is nie. By so `n totaal verkeerde ontwikkeling van die harsings, waar slegs deur die steeds herhaalde besmering van `n harsingsplaatjie ten slotte `n heel stereotiep en vervormde beeld bly kleef en waar, deurdat daar geen enkele, aktiewe gemoedsbeweging voorkom nie, glad geen lig blywend in die harsings opstyg nie, daar moet die siel haarself gaan toelê op die aftasting van haar duistere, maar stereotipe beelde op die harsingsplaatjies.
[10] Omdat so `n armoedige siel egter slegs meer wysheid aan haarself kan verskaf deur die betasting van haar beskrewe harsingsplaatjies, is dit tog ook begryplik waarom sy in al haar doen en late so afgemete kleinsielig en stereotiep word, en die bestaan van niks erken as dit nie baie grof en materieel voor die handliggende en tasbaar is nie. Ten slotte beskou so `n siel ook dit wat sy in die wêreld om haar heen met haar eie oë sien, as `n optiese bedrog en wat sy hoor, as `n leuen; net wat sy van alle kante met haar hande kan betas, beskou sy as die werklike waarheid. Hoe dit dan met die wysheid en die hoëre geestelike beskawing van so `n siel gesteld is, sal elkeen ook verstaan deur dit wat Ek nou laat sien het en voldoende uitgelê het, en kan dit vir homself maklik voorstel.
[11] Bekyk nou weereens die harsings daar links intens! Dit is nou `n goeie voorbeeld van die duistere wysheidskamertjie van `n egte stereotipe, wêreldse geleerde, en jy, beste vriend Cyrenius, vertel jy eers, omdat jy baie skerp oë het, wat jy nou alles daarin sien!"
|
|
|
|
|