Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 240

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die harsings van `n wêreldse geleerde

240 Cyrenius sê: "Heer, die voorhoof- en ook die agterhoofharsings sien daar aan die buitekant donkergrys uit; meer na binne is, ondanks die daarop vallende sonlig, alles swart en duister, en die daartussen glinsterende, witgrys punte stel niks voor nie. En dus is ek eintlik al klaar met alles wat daar te sien is. Veroorloof my egter, o Heer, nog `n vraag, en dit is: Hoe is dit dan met die bedorwe brein met die ander harsingstrukture, wat in die meerderheid is en geen piramidale vorm het nie?"

[2] Ek sê: "Dit dien nêrens iets nie; hulle vorm `n reëlregte woestyn in die harsings en wek in die siel slegs maar die vervelende gevoel op van `n oneindig nie-weet en nie-ken gedagte. En as jy by so `n siel dadelik wil begin om oor hoëre, bo-aardse dinge en toestande te praat, dan sal hy jou baie gou vra om daaroor te swyg; want as hy dieper daaroor sou nadink, sou hy sonder meer gek word. Daar is daarom met sulke mense nie te praat nie omdat hulle dit, waarvan jy nou die ware oorsaak kan insien, onmoontlik kan insien of selfs maar begryp. Hy sal heel natuurlike, aardse dinge nouliks of haas nooit volledig kan begryp nie, laat staan nog geestelike en hemelse dinge.

[3] Kyk, ook `n os het `n bek met `n baie groot tong en tande daarin, en hy het ook `n stem. Die gevolg daarvan sou moet wees dat hy ook baie goed sou kon leer praat; maar probeer maar of jy `n os in twintig jaar sover kan kry dat hy ook maar `n eenlettergrepige woord vir jou kan spreek! En tog sê Ek vir jou dat dit eerder moontlik sou wees om `n os te laat praat, as om `n mens, wat sulke harsings het, `n begrip vir iets bonatuurliks by te bring! Want as jy met hom oor iets begin praat wat bo die baie beperkte horison van sy kennis uitstyg, sal hy jou hoogstens heel goedmoedig uitlag en jou as `n dwaas aansien. En as jy voortgaan om hom met sulke dinge lastig te val, wat vir hom te veel na sprokies lyk, sal hy woes word en jou nydig die deur wys!"

[4] Cyrenius sê: "Ja, maar hoe sal mens dan aan sulke mense, waarvan daar tog ontelbare is, U woord bring?"

[5] Ek sê: "As julle `n belangstellende hart vind by die mense waar julle kom, en as hulle julle in hulle huise sal opneem, bly dan en probeer bo alles hulle gemoedere, wat enige lewe in hulle het, soveel moontlik lewe in te blaas. As julle dit sal doen, sal die steeds lewendiger wordende gemoed van sulke mense lig in die harsings begin te versprei en die warmte van die lig sal dan begin om die harsingplaatjies meer en meer in `n redelike orde te bring, en dan sal sulke mense weldra beter in staat wees tot die opneem van `n hoëre leer, en sal so tree vir tree omhoog gaan na die steeds suiwerder lig.

[6] Vind julle egter by hulle waar julle by kom `n gemoed waar heeltemal geen lewe in is nie, gaan dan vinnig verder! Want daar moet julle nooit pêrels voor die swyne werp nie! - Begryp dit alles nou goed! Wie nog iets nie heeltemal duidelik verstaan nie, wel, laat hy nog vra, dan sal die korrekte antwoord gegee word! Anders doen ons met beide die breine weg."

[7] Dan kom die ou Markus na vore en sê: "Heer, dit is byna middag! Moet ek nie vir die middagmaal gaan sorg nie?"

[8] Ek sê: "Dit is wel heel prysenswaardig van jou dat jy dit vra, maar die middagmaal vir siel en gees, wat uit My mond kom, het onnoemlik meer as jou liggaamlike middagmaal! Daarom sal ons eers nog enkele geestelike geregte verorber, en Ek sal dan wel dit jou sê wanneer dit tyd is om vir `n liggaamlike middagmaal te sorg! Goed is goed, maar beter is beter!"

[9] Markus is dit daar heeltemal mee eens en bly met sy seuns staan om te sien en te hoor wat daar verder behandel sal word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205