|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 134
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Mathaël se belewenis onderweg na die sterwende vader van Lasarus
134 Mathaël sê: "Heer, mag ek daarby ook daardie eienaardige natuurverskynsel vermeld wat ek en my vader in die ooste gesien opkom het toe ons omstreeks middernag na Bethanië gegaan het?"
[2] Ek sê: "Sekerlik; want dit het baie te make met die gebeurtenis wat jy sewentien jaar gelede in Bethanië beleef het! Begin dus maar!"
[3] Mathaël sê: "Heer, ek sien dat niks in die hele, oneindige skeppingsfeer vir U onbekend is nie! Vir U sou ek daarom die verhaal sekerlik nie hoef te vertel nie, maar ter wille van die ander vriende en broers vertel ek sulke hoër dinge baie graag, veral waar ek merk dat die mense die volste geloof aan my woorde heg. Alles wat ek julle nou sal vertel, het weliswaar `n uiters mistieke en fabelagtige karakter, maar dit neem nie weg nie dat tog alles waar is wat julle sal hoor. Luister dus nogmaals aandagtig na my!
[4] Luister! Dit het teen die einde van die herfs gebeur. Die toppe van die hoë berge was in mis gehul, en `n beslis nie vriendelike noordewind het die dorre blare van die bome deur die lug laat dwarrel; slegs in die ooste was nog `n paar plekke waar die lieflike sterre, asof betraand, na die aarde skyn te kyk. Ek en my vader, wat `n groot vriend van die natuur was, ook as dit onvriendelike dinge doen, het hierdie natuurtafereel tot ongeveer middernag beskou. Toe ons egter aanstaltes maak om die huis binne te gaan, en daarin ons beddens op te soek, sien ons iemand raak wat met haastige treë, met in sy hand `n lantern, gemaak van `n skaap se blaas, regstreeks op ons huis afkom, en dit duur skaars etlike tellings, of `n taamlik bedroefde, nog baie jong man staan voor ons.
[5] Hy sien dadelik dat my vader `n geneesheer is en hy sê op weemoedige toon: ‘Vriend en geneesheer! Ek kom uit Bethanië; my naam is Lasarus, ek is die seun van die ou Lasarus, wat ek bo alles liefhet! Hy het vandag opeens baie erg siek geword en dit is sleg gesteld met hom! Ons rabbi, wat in noodgevalle ook so ietwat van `n geneesheer is, weet egter nie meer hoe hy my vader kan help nie! Hy stuur my persoonlik na u toe omdat u as `n buitengewone geneesheer beskou word en siekes reeds in gevalle gehelp het waarin geen ander dokter nog `n geneesmiddel kon vind nie. Kom en genees my lydende vader, as dit nog moontlik is!'
[6] My vader sê daarop: 'As `n ander arts `n sieke reeds tot aan die dood gebring het, dan moet iemand soos ek weer `n wonderwerk verrig! Dit sou verder alles reg gewees het indien dit maar dadelik orals moontlik was! Ek sal met my enigste seun, wat hier by my staan en wat my moet begelei omdat hy die gawe besit om geeste te sien en in geval van nood selfs met hulle te praat, dan nou maar met jou saamgaan en sien wat daar moontlikerwys gedoen kan word. As jy egter `n paar pakperde saamgebring het, wat jou gouer hierheen en ons nou vinniger na hom toe sou gebring het, dan sou `n genesing makliker kon plaasvind. Maar indien die Hippokratiese doodstekens nou reeds by hom ingetree het, dan is genesing nie meer moontlik nie; want teen die mag van die dood is geen kruie opgewasse nie, nie op die Alpe nie en nog minder in een of ander tuin.
[7] Lasarus, die bode, was deur hierdie beslissing wel gerusgestel, maar dit spyt hom baie dat hy geen pakperde saamgebring het nie. Ons gaan nou egter tog haastig op pad, want as ons flink aanhou loop, het ons presies `n uur nodig om daar te kom.
[8] Terwyl ons in gedagtes versonke, swygend ons weg gaan, verdwyn die misnewels in die ooste heeltemal en dit word helderder en helderder - na ongeveer `n kwartier word dit selfs so lig soos ongeveer `n halfuur voor sonop. Dit wek ons belangstelling dermate dat ons ondanks alle haas tog moes bly staan om te sien waar hierdie vreemde lig wat al helderder geword het, tog wel vandaan kom.
[9] Ten slotte word dit egter heeltemal dag en bo die oostelike horison verrys werklik `n son, maar met `n baie groter snelheid as die normale, of - soos wat mens gewoonlik sê - die alledaagse. Maar by hierdie snelstygende ligverskynsel kom die onderste, oostelike einde, of te wel die oostelike rand, maar nie te voorskyn nie.
[10] Die ligverskynsel groei aan tot `n ligsuil, wat in enkele oomblikke sy top tot aan die spits omhoog skuif en weldra so `n lig en warmte versprei dat ons genoodsaak was om onder `n nog taamlik dig beblaarde vyeboom te gaan staan om nie verblind te word deur die lig, en nie te vergaan van die hitte nie. Maar al gou word hierdie ligsuil weer dunner en dunner en die lig verdwyn en daarby die groot warmte wat deur hierdie ligsuil veroorsaak is.
[11] Na ongeveer `n korte kwartier was die ligverskynsel weg, maar ook ons gesigsvermoë, want toe die lig heeltemal verdwyn, word dit so aardsdonker en was ons gesigsvermoë sodanig verswak, dat ons nie eers die lantern van ons boodskapper goed kon waarneem nie.
[12] Eers na etlike dertig tellings het ons oë weer begin om die hoogsnodigste te sien en ons sien by die swak lig van ons lantern weer nouliks die pad wat ons moes volg. Die hele gebeurtenis het ons egter tog ruim `n halfuur gekos en my vader vra my dadelik of ek by hierdie ligverskynsel dalk ook geeste gesien het.
[13] En ek antwoord hom die hele waarheid: ‘In die lig, waarna ek deur die enorme ligsterkte tog al baie minder kon kyk as na die middagson, was niks te sien nie, maar wel benede by ons op die grond. Daar het vir my so half-en-half `n aantal gestaltes sigbaar geword - maar dié gaan almal asof hulle groot haas het na die weste; hul beweging was derhalwe van ooreenkomstige aard as dié van die ligverskynsel. Net één geesgestalte wat baie naby ons gekom het, was heeltemal sigbaar. Hy het `n ernstige uiterlike soos van `n bejaarde man gehad en skyn baie genot te hê van die ligverskynsel. Maar toe die hemelse ligfenomeen begin verdwyn, verdwyn die geesgestalte ook vinnig en vir goed, soos dit vir my gelyk het, ook na die weste, maar bietjie meer in die rigting van Bethanië!’ Meer sien ek nie en daarom kon ek my vader ook niks meer vertel nie.
[14] Ons gids verwonder hom oor my en my gawe as siener en glo wat ek vertel het, want hy dag dat my fantasie en verbeeldingskrag onmoontlik so `n digterlike hoogte kon bereik het dat ek daardeur so-iets sommer uit my mou sou kon geskud het. Daarin het hy dan ook heeltemal gelyk, want vindingryk was ek nog nooit gewees nie, en as seun en jongeling het ek byna geen fantasie of ook maar enige verbeelding besit nie, wel het ek uiters baie talent vir die leer van vreemde tale gehad.
[15] Onder hierdie beskouings, wat min gesê het, kom ons eindelik in Bethanië aan en daar in die vername huis van Lasarus, waar ons die sieke juis aantref tydens sy laaste krampagtige trekkinge, waarvan mens sê dat daar geen kruie meer teen opgewasse is nie.
[16] Die bed word omring deur twee wenende, origens baie lieflike dogters van die sterwende en nog `n aantal tantes en niggies, wat snik en ween soos wat dit by sulke geleenthede altyd gebruiklik is. Ons gids, as seun van die huis, ween ook saam en vergeet van louter droefheid om my vader te vra of daar nog iets aan te doen was of nie.
[17] Slegs die klein rabbi kom na my vader toe en vra of daar dalk tog nog iets gedoen kon word om die ou man, ook al was dit maar vir `n rukkie, by sy bewussyn te bring. My vader antwoord nie dadelik op die vraag nie, maar vra my heel saggies hoe dit staan met die bejaarde man en of die siel hom dalk al uit die liggaam begin terugtrek en begin opstyg het.
[18] Maar ek vertel heel argeloos aan my vader wat ek sien: ‘Die siel sweef reeds in haar geheel op halwe manshoogte horisontaal bo die liggaam en is maar net deur `n haardun ligdraad met die liggaam verbind, wat volgens die ervarings wat ons opgedoen het, waarskynlik geen sestig tellings meer sal duur nie; en dan sal dit dadelik breek. Dit is egter merkwaardig om te sien hoe die enorme ligsuil wat ons in die groot natuur met ons natuurlike oë gesien het, hom weer hier bo die kop van die siel vertoon, daarby dieselfde ligkrag het en ook `n uiters weldadige warmte uitstraal. Die siel wend sy oë nie af van die ligsuil nie en skyn daar baie welbehae in te vind.’
|
|
|
|
|