Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel se besluit om hom te verbeter

77 Zorel sê: "Ek vind die les wat jy my nou gegee het baie wys, waaragtig en goed. Dit moet alles gewis so wees, anders sou jy my nie my mees verborge dade soos uit `n boek kon voorlees nie. Dit is dus seker dat die mens as mens `n nouliks voor te stelle volmaaktheid kan verwag, en hierdie oortuiging gee my tans die meeste voldoening. Ek verlang ook glad nie na `n volmaaktheid soos wat ek dit nou by jou waargeneem het nie, om by ander soortgelyke geleenthede arme sondaars hulle begane sondes voor te stoot nie, maar ek sou dié toestand wou bereik ter wille van die menslike volmaaktheid self, om myself daardeur `n ware troos vir die lewe te besorg en my so in stilte oor myself te verheug! Ek wil nooit leraar of die een of ander regter wees nie, ook al is dit hóé sagsinnig; as volmaakte mens wil ek slegs diensbaar wees, sodat geen mens in die vervolg deur my domheid enige nadeel sal ondervind nie.

[2] Dit is die enigste beweegrede waarom ek verlang om jou volmaaktheid te bereik. Laat die eise wat daardeur aan my lewe gestel word, wees wat dit wil, ek sal dit sekerlik nakom, want as ek iets wil, is geen offer vir my te swaar nie! Dit word gebring, selfs ten koste van my liggaamlike lewe! Want watter waarde kan `n lewe hê as dit uit enkele onvolmaakthede opgebou is?! Met die onvolmaaktheid kan `n mens niks volmaak bereik nie - waarlik, na iets onvolmaak verlang ek beslis nie meer nie!

[3] Jy sê egter dat `n ander mens, vol van die Gees van God, my oor dit wat ek moet doen, sal leer; jy ken hom - wys hom aan, sodat ek na hom toe kan gaan en die middele kan vra vir die opwekking van my gees!"

[4] Johannes sê: "Dit is die Een wat jou vroeër na my verwys het! Gaan na Hom toe, Hy sal jou leer!”

[5] Zorel sê: "Sedert my ontwaking het ek reeds by myself die vermoede gehad dat hierdie timmermanseun uit Násaret, waarvan mense my vroeër vertel het, iets meer moet wees as maar net `n mens. Uiteindelik blyk dit dus waar te wees wat ek tot nou toe slegs vaagweg vermoed het! Dit is trouens uiters merkwaardig dat juis hierdie Mens vir my so baie bekend voorkom! Hoe het Hy tog so volmaak geword? Kan jy my iets daaroor vertel?"

[6] Johannes sê: "Daaroor kan ek jou niks anders sê nie as dat so `n vraag wel te vergewe is; maar eintlik sou dit net so iets wees asof jy sou vra hoe en op welke wyse God se Wysheid en Mag so oneindig volmaak geword het. God Self het Hom uitgekies as Sy liggaamlike woonplek! Dít is die groot barmhartigheid wat deur hierdie Gekosene tot alle volke gekom het. Die menslike wat jy aan Hom sien, is in `n sekere sin die Seun van God, maar in Hom woon die Gees van God in Sy volheid!

[7] In daardie geval kan `n mens tog nie vra hoe Hy aan so `n oneindige volmaaktheid gekom het nie! Dit wat Hy nou is en ewig sal wees, was Hy reeds in die moederliggaam. Hy het wel al die suiwer menslike meegemaak, behalwe die sonde wat die mense altyd in `n mindere of meerdere mate begaan, maar tot Sy geestelike volmaaktheid het dit niks bygedra nie omdat Hy reeds van ewigheid af volmaak was. Hy het, en doen steeds alles egter enkel en alleen sodat alle mense `n volmaakte voorbeeld aan Hom sou hê om Hom, wat die Oergrond en Oermeester van al wat is en lewe, daarin na te volg.

[8] Nou weet jy ook met Wie jy te doen het. Gaan daarom na Hom toe, sodat Hy jou die ware weg sal toon volgens jou gees, wat hom in jou bevind as die suiwere liefde tot God, en deur jou gees of deur jou liefde die weg tot Hom, wat te midde van ons vertoef as die ware Verlosser van alle mense wat ooit op hierdie aarde geleef het, nou lewe en in die toekoms sal lewe.

[9] As jy egter na Hom toe gaan, gaan dan in die liefde van jou hart na Hom toe en nie suiwer verstandelik nie! Want slegs deur die liefde kan en sal jy Hom win en Hom ook in Sy goddelikheid verstaan; maar met die verstand sal jy ewiglik niks bereik nie! Want slegs die rein liefde is in staat om altyd toe te neem, terwyl die verstand grense het wat dit nooit sal kan oorskry nie. Maar die liefde van die mens tot God is, soos wat gesê is, in staat om ewig toe te neem, en hoe kragtiger die liefde tot Hom in jou sal word, des te ligter sal dit ook in jou hele wese word! Want die rein liefde tot God is `n lewende vuur en `n stralende lig. Wie in hierdie lig wandel, sal die dood in der ewigheid nie sien nie, soos wat Hy Self gesê het. - En nou weet jy al behoorlik baie; wek jouself op in jou hart en gaan na Hom toe!"

[10] Hierna weet Zorel egter uit eerbied skaars wat hy moet dink en doen. Want hierdie laaste mededeling laat hom geen twyfel oor die volkome aanwesigheid van God in My nie en daarom word hy deur die steeds groeiende eerbied al hoe moedeloser en banger. Na `n tyd van diep nadenke, sê hy: "Vriend! Hoe meer ek jou woorde oordink en bedink, hoe moeiliker word dit vir my om na Hom toe te gaan om Hom, terwyl ek Sy barmhartigheid die minste waardig is, te vra of Hy Self vir my die verligte weg wil wys na die lewe! Dit is, op die man af gesê, vir my nou byna onmoontlik om na Hom toe te gaan, want daar stroom vir my uit Hom `n bepaalde gewydheid tegemoet wat altyd maar vir my sê: ‘Gaan terug, onwaardige! Doen eers jarelange boete en kom dan eers om te sien of jy die soom van My kleed kan aanraak!' Sê my waar dié buitengewone vrees vandaan kom wat my hele wese deurdring!"

[11] Johannes sê: " Dit is goed so; die ware liefde tot JaHWeH God moet altyd voorafgegaan word deur die nederigheid van die hart! As dit nie die geval is nie, kom die liefde nooit as te nimmer waaragtig en lewend te voorskyn nie. Behou nog selfs die egte roumoedigheid vir Hom in jou hart! Maar as Hy jou roep, aarsel dan nie langer om so vinnig as moontlik na Hom toe te gaan nie!"

[12] Na hierdie woorde word Zorel innerlik ietwat rustiger, maar dink tog diep daaroor na hoe goed en salig dit nou sou wees om sonder sonde voor die mees Heilige te kom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205