Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 223

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die krag van `n mens wat volmaak is in die liefde

223 (Die Heer:) Julle het tog die krag gesien van die gemeenskaplike werke deur die saamgaan van die uitstralende lewensfere van `n aantal van ons More! Hoeveel normale menslike krag sou daar nodig gewees het om `n boom, soos die ou seder, tesame met die swaar aardkluit uit die grond te trek?! Hoeveel natuurlike menslike krag sou daar dan wel nodig gewees het om die baie groot en sodoende ontsaglike swaar rots van sy oorspronklike plek af weg te skuif of weg te wentel?! Julle het gesien hoe die paar More dit voor julle oë deur die lug geskuif of eintlik gedra het! Die ongelooflike feit moet tog baie duidelik aan julle bewys wat `n mag en krag daar skuil in die verenigde uitstralende lewensfeer van `n siel wat met betrekking tot die natuur volmaak is.

[2] Maar as hierdie More alreeds, wat niks weet van die Mag en Krag van My Naam nie, slegs deur die mag van die gesamentlike uitstralende lewensfere van hul siele, wat op natuurlike wyse volmaak is, so iets buitengewoon tot stand gebring het, hoeveel groter dinge sou julle dan wel tot stand moet bring, as julle sou kon werk met die gesamentlike uitstralende lewensfere van julle siele, as dit volmaak was deur My woord en deur die Almagtige Gees van My liefde vir julle!

[3] Waarlik, waarlik, sê Ek vir julle: Nie net sulke bome en rotse nie, maar hele berge sou julle kon verplaas, as dit volgens die helder insig van julle wyse hart sou nodig wees; en wat daar ook maar nodig sou wees, sou julle tog elke oomblik innerlik ervaar deur My Gees, wat deur My altyd lewende woord in die hart van julle siel voortdurend aanwesig sou wees!

[4] Sou dit nie `n baie wenslike toestand gewees het vir `n volmaakte mens in My Naam, en nog wensliker vir `n hele gemeente of selfs `n hele volk nie?

[5] Die moontlike verwesenliking daarvan is aan julle gegee, en daarom is dit hoogs noodsaaklik dat julle, wat nou My naaste leerlinge is, hierdie uiters belangrike toestand in en by julle volkome besef, en dit dan ook op die korrekte manier aan alle ander mense sal duidelik maak! Want wie `n lig het, moet dit nie onder die koringemmer stel nie, waar dit met sy straal wat die duisternis verlig, vir niemand enige nut kan hê nie; maar `n mens moet die lig op `n leë tafel plaas, vanwaar dit vir alle aanwesiges lig kan gee!

[6] `n Natuurlik lig kan maklik op `n tafel geplaas word! Met die lig vir hart en siel gaan dit seker onvergelykbaar moeiliker; maar `n goeie en vaste wil bring ook dit tot stand, en met My onfeilbare Hulp in hierdie belangrike lewensaangeleentheid gebeur dit selfs met minder moeite as wat julle dink. Natuurlik moet elkeen, wat hy sy naaste wil gee, eers self besit, omdat hy anders sal lyk soos `n blinde wat `n ander blinde wil lei; en kom hy ten slotte by `n sloot, dan val beide van hulle daarin!

[7] Ek het julle nou hopelik die groot belangrikheid van hierdie toestand van ware lewenskrag, waarin `n volmaakte mensesiel haar bevind, voldoende uiteengesit, en Ek het julle ook die groot belangrikheid laat sien van die volledige selfkennis, wat by die kinders deur `n korrekte opvoeding, en by die mense wat buite hulle skuld reeds heeltemal verkeerd opgevoed is, deur ware nederigheid, geduld en vernaamlik deur ware, daadwerklike liefde tot God en daaruit tot die naaste, in die grootste moontlike mate bereik kan word. Van die More met hul kragtige sielelewe het ek julle die dade, wat julle tot die ware selfkennis moet lei, uitgelê, maar die belang daarvan vir julle lewe het julle tog nie voldoende verstaan nie. Dit is dus nou aan julle oorgelaat om terwille van die belangrikheid van die onderwerp, vrae te stel en deur die vraag self te laat merk, waar en wat julle nog mis!

[8] Julle moet uit julleself lewendig kan voel wat julle mis, anders sou julle julleself nooit met julle vrye wil daaroor besorg kon maak nie; want as iemand iets verloor het, maar dit nie weet nie; sal hy dan wel êrens gaan soek na dit wat hy verloor het? `n Mens moet dus eers baie lewendig voel dat daar iets makeer, en waaruit die makeer bestaan, en `n mens moet ook die groot waarde daarvan besef, omdat `n mens dit andersins nooit met die intense vurige ywer sal gaan soek nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205