|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 203
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die sewe reuse en die sarkofae
203 Daarop neem Rafael die derde pêrel in sy hand en onthul dit van sy kors.
[2] Toe dit oop en bloot voor hulle lê, maak Rafael die toeskouers, wat behoorlik nuuskierig was, dadelik daarop attent op die pragtige ingegraveerde Memnonbeelde en sê: "Kyk, daar is hulle al, beide naamloses! Maar daar bo-aan, soos voor die naamloses, sien julle sewe reusagtige figure in die vorm van geklede mense en om hulle heen sien julle `n aantal baie klein mensfiguurtjies! Wat wil die wyse Shivinz, wat die pêrels almal eiehandig gegraveer het, dan daarmee aan ons sê?
[3] Luister! In dieselfde tyd, ongeveer honderd-en-sewe jaar voor die eerste van die twee naamlose voorouers, was daar `n baie groot aardbol diep in die skeppingsruimte met toestemming van die Heer verwoes en in tallose stukke uiteen gebreek. Hy was bewoon deur baie mense, wat enorm groot was.
[4] As gevolg van die plotselinge, onvoorsiene verwoesting, wat tog wel meermale aan daardie mense voorspel was, het dit gebeur dat sewe van die genoemde mense van die aardbol in Opper-Egipte op `n aantal oop plekke van die groot land neergestort het en deur hulle swaar val `n baie kragtige aardskok veroorsaak het.
[5] Hierdie mensereën het vanaf die eerste gevallene tot die laaste meer as tien dae geduur. Die bewoners van die land het gedurende die tyd baie angs en skrik moes deurmaak, want veral snags was hulle bang dat so `n reus op hulle sou val en hulle almal gruwelik sou verpletter. Daarom staar hulle steeds baie angstig na die hemel of so `n ongenooide gas nie weer van plan was om aan hulle `n baie onwelkome besoek uit die wolke te bring nie.
[6] Ruim tien jaar lank word vaste wagte opgestel om te sien of daar nie weer so `n ontsettende reisiger uit die lug sou aankom nie; maar omdat daar na die tien dae geen spoor meer daarvan te ontdek was nie, het die gemoedere van die mense gaandeweg weer rustiger geword en hulle waag hulle selfs tot by die groot, algeheel verdroogde reuselyke, wat tot `n kwart dagreis ver van mekaar af verspreid gelê het.
[7] Die wyses onder die oermense van Egipte het gemeen dat hierdie reuse, deur die Gees van God gestraf is en uit `n groot, verafgeleë land, wat teen God gesondig het, gekom het, waarop God hulle toe in Sy regverdige toorn deur Sy magtige geeste, hierheen laat gooi het om aan die Egiptenare te toon dat Hy ook die sterkste reuse nie ontsien as hulle teen Sy wil handel nie. Kortliks, uiteindelik het die mense begin om selfs hierdie dooie reuse stukkie vir stukkie te verbrand, en na vyftig jaar was daar van hierdie dooie reusegaste totaal niks meer te vinde nie.
[8] Wat by die Egiptenare egter tog opgemerk het van hierdie reusagtige mensegestaltes, was dat hulle deur die blywende herinnering aan die reuse, die neiging gekry het om alles kolossaal weer te gee, waarvan hul eerste beeldhouwerke maar al te duidelik die bewyse lewer.
[9] In die tempel te Ja-bu-sim-bil was in elkeen van die drie afdelings sewe reuse as `n soort draer van die plafon afgebeeld, dit wil sê, in steen uitgekap, en hul kleding was dit waarin die groot reisigers uit die lug aangekom het; en die Egiptenare, wat voorheen bykans naak rondgeloop het, het begin om hulle ook op hierdie wyse te klee. Dit is dan ook die rede waarom `n mens tot op die huidige dag alle ou stoflike oorskotte so gekleed sien. Hul mummies en sarkofae is vol van soortgelyke versierings."
[10] Toe vra die aanvoerder wat die eintlike bedoeling van die ou Egiptenare was met die sarkofae en waarom hulle die groot en ook kleiner, baie massiewe grafkelders so genoem het.
[11] Rafael sê: "Dit sal julle dadelik breedvoerig hoor! Julle weet dat die begrawe van `n lyk in dié land in die meeste gevalle nie maklik is nie, omdat `n lyk baie moeilik in die baie droë bodem tot ontbinding oorgaan en dat daar geen verrotting plaasvind nie. In die vogtiger omgewing van die Nyl wou mense ook nie die dooies begrawe nie, om die baie wyse rede dat die mense nie die rivierwater wou besoedel nie. Om die lyk sommer maar te laat lê het, of om hulle selfs vir die wilde diere as voedsel te gee, daarvoor was veral die ou Egiptenare te menslik. Hulle het ook vir die lyk van die gestorwe broers te veel respek gehad om dit so `n oneer aan te doen. Maar wat het dan nog oorgebly om te doen?
[12] Wel, hulle het met `n baie slim gedagte gekom! Hulle het uit steen deels baie groot en later ook baie klein doodskiste gemessel, waarin hoogstens een, twee en tot drie lyke voldoende ruimte gehad het. Elke kis het volgens verhouding `n groot en swaar deksel gekry. As een of meer lyke dan in so `n kis gelê word, nadat hulle eers goed met Mum (Muma, ook mummie, beteken aardhars, aardbalsem) gebalsem was, was die deksel gloeiend warm gemaak en die kis was dan met die gloeiende warm deksel so te sê vir ewige tye toegemaak. Daardeur het die lyk in die kis heeltemal uitgedroog en as die deksel baie groot en warm was, het hy ook dikwels verkool, of verbrand tot as.
[13] In die groot plekke en gemeentes het die mense egter ook algemene kiste gehad wat elke sewe jaar weer vir `n tyd geopen was. Hier word dan elke keer lyke bygelê, wat weer heeltemal toegemaak word, waarna `n deeglike vuur dan bo-op die deksel gestook word, waardeur die lyke in die groot kis natuurlik veras is. Wanneer so `n kis vol as was, is hy nie meer geopen nie, maar hy bly ter gedagtenis aan die verganklikheid van al die aardse, as `n monument staan waaraan mense eer bewys.
[14] Mettertyd het die mense gewels en piramiedes bo-oor gebou en dit was die rede waarom `n mens nog tot op hede in die omgewing van die piramiedes, dikwels baie sulke kiste in baie nou en dikwels in groot gewels Kaitu comba (katakombes, wat beteken verborge vertrek) vind. Hierdie kiste, wat nou duidelik aan julle beskryf is, het mense toe sarkofae genoem, omdat in die oertaal van die Egiptenare Sarko "gloeiend' en Vaga (Vascha) “swaar deksel” beteken het.
[15] Dit is nou wat julle wou weet oor die sarkofaag; maar nou gaan ons oor na die onthulling van die vierde pêrel en sal mettertyd sien wat dit aan ons almal sal onthul!"
|
|
|
|
|