Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die ‘toorn’ van God

141 Cyrenius sê ietwat verleë: "Heer, behalwe ek het niemand U tog êrens vir iets gevra nie, en dit lyk asof U as God, as my Heer en my Behoeder, om hierdie rede kwaad geword het vir my!"

[2] Ek sê: "Hoe kan jy My so verkeerd verstaan? Hoe kan Ek kwaad vir jou wees, terwyl Ek jou in alle erns en vir ewig waar laat sien wat vir julle almal en vir elke mens die mees noodsaaklike vir die lewe is? Kyk, kyk hoe gering jou beoordelingsvermoë nog is! Wanneer sal dit groot genoeg wees? Vir wie kan die suiwerste oerliefde van alle liefde in God ooit kwaad word?

[3] As julle oor die toorn van God lees, dan moet julle dit sien as die ewig altyd gelyke en vaste erns van Sy wil; en hierdie erns van die wil in God is immers juis die binneste kern van die reinste en magtigste liefde waaruit die oneindigheid en alle werke daarin soos kuikens uit die eier voortgekom het - en dit kan tog nooit vir iemand kwaad word nie! Of dink iemand van julle dalk dat God, netsoos `n dom mens, kwaad sou kon word?"

[4] Toe kom die ou owerste Stahar weereens na My toe en sê: "Heer, vergeef my as ek my hier ook `n opmerking veroorloof met betrekking tot die toorn van God!

[5] As mens vas gloënde in God die ou wêreldgeskiedenis bekyk, kan mens tog nie heeltemal aan die indruk ontkom dat God van tyd tot tyd die mense wat te losbandig geword het, Sy toorn en Sy wraak op besonder onverbiddelik streng wyse laat voel het nie.

[6] ‘Myne is die toorn en Myne is die wraak!’ spreek die Heer deur die mond van die profeet. Dat dit so is, bewys die verdrywing van Adam uit die paradys, die sondvloed ten tye van Noag, die goedkeuring van die vloek van Noag oor een van sy seuns; later die ondergang van Sodom en Gomorra en die tien omliggende stede op die plek waar ons tans die Dooie See bewonder; nog later die plae van Egipte, en dié van die Israeliete in die woestyn; dan die moorddadige oorlog teen die Filistyne wat deur God beveel was, die Babiloniese gevangenskap, en nou uiteindelik die totale onderwerping van die volk van God deur die mag van die heidene!

[7] Heer, wie nou hierdie handelswyse van JaHWeH teen die sondaars - en wie is dít anders as ons mense – ook maar `n bietjie onder oë sien en op hom laat inwerk, kan tog onmoontlik iets anders ontdek as reëlregte toorn en ondubbelsinnige wraak van JaHWeH!

[8] Natuurlik sou mens kon sê: ‘So voed God met `n flinke tugroede in die hand in volle erns Sy mense en hele, groot volke op!’ Maar die klappe en slae sien daar beslis nie uit asof hulle uit die hand van `n liefdevolle Vader kom nie, maar orals sien mens hierin `n ontsettend toornige, hoewel in `n bepaalde opsig uiters regverdige regter, wat met lewe en dood en met pestilensie en brand oordeel!

[9] So dink ek daaroor, dit wil sê, as die wêreldgeskiedenis ons die volle waarheid vertel; mag die hele treurige opsomming van dit wat God egter veroorsaak het, slegs `n versinsel wees, dan kan dit wat mens toorn en wraak van God noem, inderdaad die kern van Sy ewige en suiwere liefde wees. Ek het dit nou slegs so na vore gebring, omdat U, o Heer, so ewe Self oor die toorn en die wraak begin het!

[10] Dit sal desondanks tog wel so wees soos U, o Heer, dit eerder gesê het; maar dit bly gewis vreemd dat wanneer God se toorn in ou tye aangekondig word, die grimmigste straf ook volg as die mensdom hulle nie verbeter en egte boete doen nie, en dat sowel in die grote as in die kleine, en in die algemeen soos in die besonder, sonder enige toegeeflikheid! Wel, dit sou werklik die moeite werd wees as by hierdie geleentheid bietjie nader belig sou word hoe dit alles sigself in ooreenstemming laat bring met die suiwerste liefde, sonder enige toorn of wraak!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205