Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die invloed van die bose op die goeie

145 (Die Heer:) "Des te meer is egter `n gierige en `n hebsugtige mens `n buitengewoon groot en tot ver in die omtrek sy uitwerking hebbende giftige plant. Sy hele, ver na alle kante reikende omgewing met natuurgeeste, sy uitaseming, sy hele uitstralingsgebied kry dieselfde karakter as sy innerlike; die omringende, sleggeworde natuurgeeste maak die voortdurend toestromende, nog goeie natuurgeeste sleg, gierig en hebsugtig.

[2] Maar omdat hierdie natuurgeeste nie slegs met die mens nie, maar ook met die diere, die plante, die water en die lug in voortdurende konflik staan, gee hulle ook altyd baie aanleiding tot allerlei stryd, wrywing en onnodige beweging in die lug, in die water, in die aarde, in die vuur en in die diere.

[3] Wie dit eens heel prakties wil ondervind, moet maar eers na `n uiters goeie mens gaan, dan sal hy sien dat al die diere daar ook `n veel sagter karakter het. Die gouste merk mens dit by honde, wat in `n kort tydjie die karakter van hul baas aanneem. Die hond van `n gierigaard sal beslis ook `n gierige dier wees, en as hy vreet sal dit nie raadsaam wees om in sy buurt te kom nie. Maar as jy na `n vrygewige, saggeaarde mens gaan, dan sal jy merk dat sy hond, as hy een het, `n baie goedmoedige karakter het; hierdie dier sal eerder afstand doen van sy eetbak as dat hy `n onuitgenooide gas sy tande sal laat sien. Ook alle ander huisdiere van `n saggeaarde en goedhartige baas sal aanmerklik meer saggeaard wees, ja selfs by plante en bome sal `n gevoelige persoon `n groot verskil waarneem.

[4] Maar kyk eers of die bediendes van `n vrek ook nie merendeels baie suinig, afgunstig en gierig, en derhalwe agterdogtig, vals en oneerlik word nie! Selfs `n voorheen goeie en vrygewige mens sal, as hy hom `n lang tyd in die omgewing van `n gierigaard bevind wat swem in sy goud en silwer, ten slotte regtig suinig en by die beoefening van weldadigheid baie bedagsamer word.

[5] Nou is dit egter op aarde ook nog so dat al wat sleg is die goeie baie makliker in iets slegs verander as dat die goeie die slegte in iets goeds verander!

[6] Kyk maar eers na `n mens wat regtig woedend is, wat alles om hom heen uit louter woede en kwaadheid maar dadelik sou wou verniel! Duisend goeie mense wat hom gadeslaan, word ten laaste self erg kwaad en sou hulle dadelik almal aan dié bose wou vergryp en sy kwaadheid wou verdryf, as hulle hom maar almal met hul hande, wat jeuk om tot aksie oor te gaan, beet sou kon pak. Waarom wek hier één woedende by duisende `n woedende reaksie op, en waarom bring die duisend goedmoediges nie in plaas daarvan die een wat kook van woede tot uiterste goedmoedigheid nie?

[7] Dít alles kom omdat, ter wille van die opvoeding van die kinders van God, veral op hierdie aarde, die aantrekkingskrag van die bose en slegte baie groter is en ook moet wees as dié van die goeie. In algemene sin het Ek julle die rede daarvan al vroeër eendag laat sien en dit hoef Ek hier nie nogeens te herhaal nie.

[8] Kyk nog eers na hierdie twee plante en stel jou `n baie groot ysterketel voor! In hierdie ketel wil ons duisend van sulke geneeskragtige plante kook vir `n geneeskragtige tee, en die een wat aan `n borskwaal ly en daarvan sou drink, sou daarvan ook baie gou `n heilsame werking begin merk; want die goeie natuurgeeste wil die geringer aantal slegtes in sy bors baie gou beter maak.

[9] Laat ons daarna egter hierdie spesiale, giftige plant neem en dit ook in die ketel gooi waarin van die duisend geneeskragtige plante `n geneeskragtige drank gekook word! Kyk, dan sal hierdie een giftige plant die genesende krag heeltemal verander in dodelike gif, en wee die sieke wat dit sou waag om `n sluk van die tee te neem! Helaas, dit sou hom onvermydelik sy lewe kos, en langs natuurlike weg sou hy nie gehelp kon word nie!

[10] Nou egter die omgekeerde geval! In dieselfde ketel kook ons nou duisend van hierdie giftige plante vir `n dodelike tee, en op die laaste gooi ons slegs één van hierdie geneeskragtige plante in die ketel by die duisend giftige plante! O, hoe vinnig sal al sy goeie en heilsame natuurgeeste verander wees in die dodelike gif van die duisend giftige plante!

[11] Daaruit blyk weer sonhelder dat juis op hierdie aarde, om die reeds genoemde rede, die slegte die goeie baie eerder in sy slegtheid kan verander, as omgekeerd.

[12] Stel jou nou eers voor dat daar baie soorte slegte mense voorkom in `n streek, of in `n hele land, en vra jou aan die hand van wat jy nou gehoor het eers af of dit werklik te make het met `n goddelike toorn as die mense daar deur die ongeluk agtervolg word! Ek sê vir julle, en spesifiek vir jou, vriend Stahar, dat dit alles enkel en alleen afhang van die mense, hul dade en lewenswyse, en God se toorn en Sy wraak het daar ewig niks mee te maak nie, behalwe dan dat Ek die orde in die natuur van die dinge gelê het, en dit moet natuurlik solank die aarde bestaan, onveranderlik bly omdat die aarde anders sou ophou om te bestaan, en nie as woonplek vir die mens sou tydens sy proeflewe kon dien nie.

[13] Daarom moet mens nou met alle erns, met alle mag en alle krag al die goeie na hom toe trek, as mens nie deur die talle slegte verswelg wil word nie.

[14] Probeer daarom om julle innerlike lewe te vervolmaak deur die daadwerklike navolging van My leer, dan sal die giftige stowwe van die wêreld julle geen skade meer kan berokken nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205