Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die liggaamlike begeerte

80 (Die Heer:) "So, die armoede het ons nou bespreek en tewens het ons die gevare gesien wat uit sy sterk toeneming te voorskyn kan kom. Ons het egter ook gesien hoe dit verhelp kan word en om welke redes, en watter voordele daar vir die mens kan voortvloei uit die navolging van hierdie les van My, wat vir julle almal bestem was. Daarmee is ons met hierdie plaag en ergernis afgehandel en vervolgens kom ons nou op `n ander terrein, wat weliswaar baie min lyk na die so pas behandelde, maar wat tog baie nou daarmee verbonde is. Hierdie terrein heet: Vleeslike lus.

[2] Min of meer lê die vernaamste kwaad by alle mense eintlik dáár. Uit hierdie lus kom byna alle liggaamlike siektes voort en die sielsiektes kan sekerlik sonder enige twyfel daaraan toegeskryf word.

[3] Die mens kan homself makliker van enige ander sonde bevry as hiervan, want die ander het slegs uitwendige beweegredes, maar hierdie sonde vind sy beweegredes in homself en in die sondige vlees. Daarom moet julle jul oë afwend van die verlokkende gevare van die vlees, totdat julle meester geword het oor julle liggaam!

[4] Behoed die kinders daarvan dat hulle dié drempel nie oorskry nie en behou hulle kuisheid, dan sal hulle as hulle volwasse is, hulle liggame maklik kan beheers en nie so ligtelik tot `n val kom nie; maar, eenmaal onagsaam - en die bose gees van die vlees het besit geneem van die liggaam! Geen duiwel is moeiliker om uit die mens te verdryf as die vleesduiwel nie; dít kan slegs deur baie vas en bid uit die mens verdryf word.

[5] Sorg dus daarvoor om die kinders nie te bederf of hulle deur oormatige optowwery en deur uitdagende kleding liggaamlik te prikkel nie! Wee die een wat so teen die natuur van die kleintjies sondig! Waarlik, vir hom sou dit beter gewees het as hy nooit gebore was nie!

[6] Ek sal Self diegene wat hulle besondig aan die heilige natuur van die jeug met al die krag van My toorn tugtig! Want as die vlees eenmaal geskend is, het die siel geen vaste onderbou meer nie, en verloop haar vervolmaking moeilik.

[7] Wat `n werk is dit nie vir `n swak siel om die voos vlees weer te genees, tot `n geheel te maak en alle littekens te laat verdwyn nie! Watter angs ervaar sy nie dikwels wanneer sy merk hoe voos en swak haar liggaam, haar aardse huis, is nie! Wat is die oorsaak daarvan? Die slegte begeleiding van die kinders en die vele naarhede wat hulle deur allerhande dinge moet verduur!

[8] By name in die stede is die sedelike bederf groter as op die platteland; maak daarom, as julle eenmaal leerlinge van My is, die mense daarop attent en wys hulle op die geweldige baie bose gevolge van `n toegee aan die vlees op jeugdige leeftyd. Baie sal dan daarmee rekening hou en daaruit sal gesonde siele te voorskyn kom, waarin die gees makliker op te wek sal wees as wat nou by geweldig baie die geval is!

[9] Kyk eers na alle blindes, dowes, kreupeles, melaatses, jiglyers; kyk verder eers na alle soorte gebreklike en met allerlei liggaamlike kwale behepte kinders en volwassenes! Alles gevolge van `n voortydige skending van die vlees!

[10] Die man mag vóór sy vier-en-twintigste jaar geen meisie aanraak nie - julle weet goed op watter manier Ek dit veral bedoel - en die meisie moet sekerlik agtien jaar wees of minstens voluit sewentien; vóór dié tyd is sy nie ryp nie en mag sy geen man beken nie, want enkele kere kom dit wel voor dat `n meisie vóór dié leeftyd skynbaar ryp is. As sy egter te vroeg in aanraking sou kom met `n wellustige man, dan sal haar liggaam reeds geskend wees en sy word `n swakke en deur hartstog beheerste siel.

[11] Dit is moeilik om die geskonde vlees van `n man te genees - maar by `n jong vrou waarvan die vlees voortydig gebreek is, is dit nog baie moeiliker! Want ten eerste sal sy nie so maklik volkome gesonde kinders in die wêreld bring nie, ten tweede word sy van week tot week wellustiger en uiteindelik word sy selfs `n hoer, wat `n vreeslike skandvlek is vir die mensegeslag, nie soseer vir haar nie, maar veeleer vir hulle deur wie se onverskilligheid sy so gemaak is.

[12] Wee egter die een wat misbruik maak van die armoede van `n jong meisie en haar liggaam skend! Waarlik, vir hom sou dit ook beter gewees het as hy nooit gebore was het nie! Maar wie met `n reeds bedorwe hoer gemeenskap het, in plaas van om haar met die korrekte middele van die verderflike pad af te bring en haar op die goeie weg te help, dié sal eendag voor My `n meervoudige, streng oordeel moet ondergaan; want wie `n gesonde slaan, het nie so `n groot sonde begaan as iemand wat `n kreupele mishandel het nie.

[13] Wie gemeenskap gehad het met `n volkome ryp en gesonde jong vrou, het weliswaar ook gesondig, maar omdat die kwaad wat daardeur aangerig is, geen spesifieke, skadelike gevolge het nie, veral as beide heeltemal gesond is, het dit slegs `n geringer oordeel tot gevolg. Vir wie egter uit suiwer, reeds bestaande wellus `n jong vrou, ook al is sy hóé ryp, dit aandoen wat hy by `n hoer sou doen, sonder om `n lewende vrug in die skoot van die jong vrou te verwek, sal `n dubbele oordeel te wagte wees; as hy egter dieselfde by `n hoer doen, sal op hom `n tienvoudige oordeel wag!

[14] Want `n hoer is `n jong vrou waarvan die vlees en die siel volkome ontwrig en swak is. Wie haar met `n hart wat eerlik en aan My getrou is, uit haar groot nood sal help, sal eendag in My ryk hoog aangeskrewe staan. Wie teen smadelike betaling gemeenskap met `n hoer het en haar nog slegter maak as wat sy alreeds is, sal eendag beloon word met die loon wat elke kwaadwillige doodslaner kry in die poel wat vir alle duiwels en hulle helpers gereedstaan.

[15] Wee die land en wee die stad waar ontug bedryf word en wee die aarde wanneer hierdie groot boosheid op haar bodem die oorhand sal kry! Oor sulke lande en stede sal Ek tiranne aanstel: Hulle sal die mense opbrengslose laste moet oplê, sodat alle vlees sal verhonger en sal ophou met die misdadigste handeling wat een mens ooit aan sy arme medemens kan begaan!

[16] Maar `n hoer sal alle eer en agting, selfs by hulle wat haar vir smaadgeld gebruik het, verloor en haar vlees sal vervolgens ook nog ly onder allerlei ongeneeslike of ten minste moeilik te genese besmetlike siektes. Sodra daar egter een is wat haar behoorlik sal verbeter, sal sy weer deur My in barmhartigheid aangekyk word!

[17] As `n wellustige persoon egter na ander bevredigingsmiddele gryp as die skoot van die vrou wat deur My daarvoor bestem is, sal hy moeilik My aanskyn ooit sien! Moses het weliswaar die steniging daarvoor gelas, wat Ek daarom nie geheel ophef nie, omdat dit `n harde straf is vir sulke reeds heeltemal duiwelse misdade en misdadigers, maar Ek gee julle slegs die vaderlike raad om sulke sondaars uit die gemeente te verwyder, hulle eers in `n verbanningsoord groot nood te laat ly en eers wanneer hulle byna naak by die grense van die vaderland aankom, weer aan te neem, in `n instituut vir geestelike versorging in te bring en hulle daar nie vroeër uit te laat totdat sulke mense geheel en al verbeter het nie. As hulle na grondige kontrole, gedurende `n lang tyd duidelik bewys het dat hulle genees is, kan hulle weer in die gemeenskap terugkeer. Wanneer hulle egter ook nog maar die geringste spoortjie vertoon van wellustige aanvegtinge, kan hulle liefs hulle lewe lank opgesluit bly, wat baie beter en heilsamer is as dat die onbedorwe mense van `n gemeenskap deur hulle verpes word.

[18] Jy, Zorel, was in daardie opsig ook nie heeltemal suiwer nie, want reeds as seun was jy behep met allerlei onsuiwerheid en `n ergerlike voorbeeld vir jou mede jongens. Maar dit kan jou tog nie as sonde toegereken word nie, omdat jou opvoeding nie sodanig was dat jy daaruit tot enige suiwere waarheid kon kom waaraan jy kon sien wat volgens God se orde heeltemal reg is nie. Die betere het jy eers begin insien toe jy by `n advokaat die regte van die Romeinse burgers geleer ken het. Vanaf dié tyd was jy weliswaar geen diermens meer nie, maar tog wel `n wetsverdraaier van die eerste water en jy het jou naaste bedrieg net waar dit maar moontlik was. Maar dit is nou alles verby en jy staan nou volgens jou huidige insig as `n beter mens voor My!

[19] Maar ondanks dit alles merk Ek tog dat daar in jou nog baie liggaamlike wellus aanwesig is. Ek maak jou spesifiek daarop opmerksaam en raai jou aan om jouself op hierdie punt baie in ag te neem; want sodra jy `n ietwat beter lewe sal lei, sal jou vlees, wat nog baie gate vertoon en nog lank nie van sy voosheid genees is nie, hom begin te roer en dan sal dit jou baie moeite kos om dit tot rus te bring en om uiteindelik die ou voosheid wat daarin aanwesig is, volledig te genees. Behoed jou daarom vir alle onmatigheid; want in die on- en oormatigheid rus die saad van die vleeslike wellus! Wees dus in alles matig en laat jou nooit, sowel met die eet as met die drink, tot onmatigheid verlei nie, omdat jy jou vlees andersins moeilik sal kan beheers!

[20] En so het ons nou dan ook die terrein van die vlees deurgegaan, vir sover dit tans vir jou nodig is. En nou begewe ons onsself op `n ander terrein, wat by jou ook as swaarwegend betitel kan word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205