Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die onkruid tussen die koring

101 (Die Heer:) "Gewis sal die aarde opnuut bebou word, gewis sal die suiwerste saad in die vars vore gestrooi word, en wagters sal die landerye bewaak - maar tog sien Ek reeds baie onkruid tussen die nuwe koring! Hoe kom dit tussen die koring?

[2] Ja, kyk, dit is `n fout van die wagters! Hulle het aan die slaap geraak toe die nag kom, want hulle het gedink: ‘Wie sal dit waag om in te kom as ons die landerye rondom omring?!’

[3] Maar toe hulle slaap, sluip die vyand na die lande, en strooi vinnig sy onkruid op die akker.

[4] En toe die wagters die môre merk dat tussen die koring ook baie onkruid opgekom het, gaan hulle natuurlik vinnig na die Heer en sê: ‘Heer! Die suiwer koring wat U aan ons gegee het, het ons in die eweneens suiwer grond gesaai en ons bewaak die pragtige landerye goed, maar wat baat dit alles?! Nou het die vyand tog heimlik gekom sonder dat ons dit merk, en hy het baie onkruid tussen die koring gestrooi! Dit kom nou al orals in oormaat op! Moet ons dit uitroei of laat groei?’

[5] Wat sal die Heer hulle dan antwoord? Ek sê vir julle dat Hy die volgende sal sê: ‘Omdat julle nie wakker gebly het gedurende die nag nie, wat vir elke mens `n lewenstoets is, was dit vir die vors van die duisternis immers baie maklik om sy onkruid tussen My koring te saai! Maar laat beide nou groei tot aan die tyd van die nuwe oes; dan sal ons aan die maaiers sê: ‘Versamel eers die koring en bring dit in my skure, en versamel daarna ook die onkruid en bind dit in bondels, en maak `n vuur en verbrand alle onkruidbondels sodat die saad daarvan nie opnuut in die grond kom en dit verontreinig nie.’

[6] In julle hart vra julle jul nou naarstiglik af: ‘Hoe is dit dan nou so, hoe gebeur dit, hoe moet mens dit verstaan ?’

[7] En Ek sê vir julle dat dit heel maklik is om te verstaan. Die landerye stel die harte van die mense van hierdie aarde voor; die suiwer koring is My leer; die ploeër en saaier is nou Ek Self, en julle saam met My. Die aangestelde bewakers is ook julle self en diegene wat julle in My Naam sal aanneem. Die Heer is Ek, en My skure is die hemele. Maar die vyand is Satan en sy onkruid is die slegte wêreld met al sy bose en dodelike begeertes. Die nuut-aangenome maaiers is die bodes wat Ek ter gelegener tyd opnuut uit die hemele sal opwek en sal stuur om die koring te versamel en al die bose onkruid te verbrand, sodat dit voortaan die landerye en die koring nie so maklik meer sal verontreinig nie. - Nou sal julle die korrekte betekenis van dié beeld tog sekerlik verstaan?

[8] ‘Ja,’ sê julle, `nou verstaan ons dit goed! Maar U, o Heer, sou met U almag en alwysheid voortaan tog maklik kon voorkom dat die vyand kom en sy bose saad tussen die suiwer koring strooi, ook as ons soms in die nag van lewensbeproewing `n bietjie vaak sou word!’

[9] En daarop antwoord Ek: ‘My almag kan en mag niks daaraan doen nie, waar dit in My kinders `n vrye lewe moet ontplooi. Daar kan Ekself niemand meer hulp verleen as wat julle mekaar kan gee nie. Ek gee vir julle die landerye, die ploeg, die koring, en Ek stel die maaiers aan; maar werk moet julle dan self! En as julle goed werk en dit julle miskien ontbreek aan die nodige krag, dan weet julle nou reeds dat Ek julle dit altyd sal gee as julle My in julle hart daarom sal vra, en julle sal dan met hernude krag goed kan werk; maar Ek kan en mag ewig nie vír julle werk nie! As Ek dit sou doen, sou dit vir die vryheid en selfstandigheid van julle lewe geen nut hê nie; want dan sou julle niks anders as masjiene wees nie, maar ewig geen vrye mense wat selfstandig lewe, dink en handel nie!’

[10] Dit alles moet julle nou tog gewis volkome duidelik laat sien dat die diens aan mekaar volgens My huidige leer die hoofvoorwaarde van alle lewe is! – Verstaan dit nou alles goed!"

[11] Cyrenius sê: "Heer, U, die enige Waaragtige tot in ewigheid, niemand is aan U gelyk nie! U woorde is duidelik, hulle is Waarheid en lewe! Ek begin nou eers te lewe, en dit kom my voor asof ek nou eers goed uit `n baie diep slaap gewek is. Soos wat U, o Heer, nou gepraat het, kan maar net `n God en nie `n mens nie, praat, omdat geen mens kan weet wat in hom is en wat hom tot lewe wek nie, en hoe hy die lewe met vrug moet ontwikkel! Ons, o Heer, is nou regstreeks deur U vir ewig goed versorg en bewaar; maar hulle wat ná ons sal kom, sal ondanks alle diensywer miskien wel baie te doen kry met allerlei onkruid op U lande te midde van die heerlikste koring! Wat my betref sal die hel dit egter glad nie so maklik hê om sy onkruid uit te strooi op die landerye wat U ons nou laat sien het nie!

[12] Maar nou sou ek tog ook nog uit U mond wou hoor hoe die hel en sy vors dan invloed het op die mense! Hoe kry hulle hulle onkruid op die hemelse landerye?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205