|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 119
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
RafaEl toon die skepping van organiese wesens
119 RafaEl kom nou na vore en sê: "God is in Homself ewig en oneindig. Die oneindige ruimte is slegs met Hom vervul. Hy, wat van ewigheid die hoogste, suiwerste en grootste gedagte en die ewige, mees volmaakte idee in en uit Homself is, kan ook alleenlik voortdurend gedagtes vorm in Sy hele oneindigheid en dit is vol van Sy gedagtes. Ons egter (die 'oer-engele'), wat al ryp geword het sedert tye wat vir julle menslike begrip onvoorstelbaar lank is en nou selfstandige lewensidees vol lig, wysheid, kennis en wilskrag is, het nog `n oneindige hoeveelheid dienende geeste onder ons, wat in `n sekere sin ons arms is, en wat ons wil ken en ook dadelik uitvoer.
[2] Die suiwer gedagtes van God is die stof waaruit alles wat die oneindigheid bevat, ontstaan het: Ons ontstaan oorspronklik enkel en alleen deur die wil van die Allerhoogste en Almagtige Gees van God - daarna ontstaan egter al hierdie dinge en wesens deur ons, want ons was en is naamlik die beste en die uitnemendste vate om die gedagtes en idees wat vanuit Hom kom, op te neem en van nou af aan sal ons dit vir ewig in verhoogde en steeds meer vervolmaakte wyse ook bly.
[3] Ons bring die lewensgedagtes wat vanuit God kom, wat hulle aan julle voordoen as vurige, lang tonge, bymekaar en volgens God se orde in ons skep ons voortdurend vorms en wesens; en as iemand sou vra waar God of ons, as Sy, by wyse van spreke ewige dienaars, boodskappers en knegte, die materiaal vir die vorm van die wesens vandaan gehaal het - dan het julle dit nou hier voor julle! Hierdie vurige lang tonge wat soos slange lyk, is die geestelike boustene waaruit alles gemaak is wat die hele oneindigheid ook maar ooit aan dit wat werklik stoflik is in sy wese bevat.
[4] Hoe Sy skeppingswerk plaasvind, het die Heer Self julle so pas uiters duidelik laat sien. Maar julle sal wat dit alles betref, eers dan tot `n volledig helder lewensinsig en volmaakte begrip kom, as julle self algeheel voleindig in die gees voor God die Heer sal staan, en nie meer in `n swaar stoflike liggaam nie.
[5] Rig nou die oë van julle siel hierheen, sodat julle volgens die wil van die Heer ook sien - wat julle nou kan - hoe ons, magtige en oue dienaars van God, vorms en wesens uit hierdie, Goddelike gedagtes wat in die ruimte rondsweef, maak. Julle sal iets beleef wat geen sterfling tot nou toe nog op aarde beleef het nie!
[6] Kyk, ek gebied my diensbare geeste nou in die Naam van die Allerhoogste om `n groot hoeveelheid van die noodsaaklike stof hierheen te bring! En kyk, reeds het ons `n skynende klomp van ons vurige lang tonge voor ons, wat nog geen ander vorm het as die van `n ronde vuurbal nie! Kyk maar eers hoe die vurige tonge hulle teen mekaar aandring en aandruk asof elkeen die middel wil bereik! Stadig maar seker kom hulle skynbaar tot rus; dit is egter geen rus nie, maar die steeds groter druk vorm `n belemmering om nog nader na die middelpunt te kom.
[7] Ja, maar waarom streef alles dan om die middelpunt te bereik? Kyk, as ek hier verskeie ewe groot, uit materie gemaakte balle het om te gooi, dan sal die swaarste ook met die grootste snelheid en oor die grootste afstand gegooi kon word. Ook sal dit, by `n gelyke afstand en `n presiese gelyktydige werp, sekerlik eerste die gestelde doel bereik! So gaan dit ook met die oneindig aantal werklike gedagtes wat van God uitgaan. Daaronder is daar in `n sekere sin baie swaar gedagtes, wat reeds gelyk is aan `n egte idee benader, minder swaar gedagtes, wat nogtans altyd as gedagtes heel deeglik is; dan is daar ligtere gedagtes, wat nog minder ryp en weinig gevoed is, ook heel ligte gedagtes wat maar nouliks vorm gekry het, en ten slotte uiters ligte gedagtes. Dit is die wat lyk soos die eerste ontkieming of liewer die eerste uitgroeisels van `n boom. Dit is op sigself weliswaar reeds iets, maar het nog nie die goddelike wasdom bereik waardeur mens sonder meer sou kon sê: 'Hierdie of daardie vorm sal dit kry nie!'
[8] As een van ons uit hierdie lewenstof wat julle nou ken, binne die orde van God `n wese wil maak en eintlik moet maak volgens die innerlike drang van die Allerhoogste Gees, roep hy die geeste wat hom dien, wat dan die stof wat nou in voldoende mate aan julle bekend is, na hom toe moet lei; en omdat dit in die stoflike ook so gaan, kan jy jou hier geestelik maklik voorstel dat die swaarder gedagtes vroeër op die plek van bestemming sal aankom as die ligte en die nog ligtere. Die swaarste lewenstof vorm die sentrum, terwyl die ligte, omdat dit later aankom, gaandeweg meer met die buitekante genoeë moet neem, en die heel ligte die allerbuitenste vorm.
[9] Omdat die kerngedagte reeds die meeste voedingstof besit, dring die leë, arm en nog hongerige gedagtes hulle teen die rykes aan om van hul oorvloed iets te kry vir die stil van hul honger. En daarom doen die verskynsel hom aan julle voor dat die buitenste vurige lang tonge steeds nader na die sentrum kom en dan skynbaar eindelik meer en meer tot rus kom, hoewel hul strewe nog altyd daarop gerig is om so na as moontlik aan die sentrum te kom ten einde des te meer van die voedingstof daarvan in hulle op te neem.
[10] Julle sien hier dus `n klomp wat vir die grootste deel nog baie hongerig is en nou maar net uitsien na voldoende voedsel vir homself. Hy lyk soos `n bolvormige poliep uit die see, wat met sy ontelbare suigmondjies voortdurend die voedsel wat hom geval uit die seeslyk suig, totdat hy deur oorversadiging ten slotte groeisels begin kry waarmee hy dan verder om hom heen kan uitreik en so nou en dan ook reeds van sy plek kan wegbeweeg. Hierdie vreetarms maak dat hy ook meer `n eiesoortige en bepaalde vorm kry en al heel baie verskille vertoon met sy oorspronklike bolvorm.
[11] Weliswaar verwonder julle jul wel heimlik oor my uitleg van die eerste oerbegin van `n wese en sy vorm dat dit maar net so en nooit of te nimmer anders kan wees nie; maar kyk self dan eers na die uiterlike natuur van die dinge, dan sal julle maklik en sonder enige moeite gou genoeg dieselfde ontdek!
[12] Neem byvoorbeeld die eierstok van `n hen en kyk eers goed na die gevormde eierklompies! Enkeles sal daar nog baie klein uitsien, soos klein ertjies, ander reeds soos druiwe en nog ander soos klein appels. Binne `n dun omhulsel vind jy maar net die gelerige dooierstof (eiergeel)! Hoe ongevormd is hierdie bestaan nog!
[13] Maar dan word die sentrale stof steeds meer deurvoed en dit vorm die eiwit om hom heen. Na `n tyd van voeding, word uit die eiwit die grofste afgeskei, wat hom egter tog nie van die eier losmaak nie, maar `n stewige omhulsel om die eier vorm en dit beskerm dat dit nie plat gedruk word wanneer die eier gelê word nie. Kyk dan nou eers na `n eier wat gelê is; hoeveel verskil dit reeds van die ontwikkelende eier-embrio in die moederliggaam!
[14] Vervolgens gaan die hen op die eier sit en verwarm dit `n tyd lank. Wat `n verandering tree daar dan in die eier in! In die eiergeel ontstaan beweging en ordening, die korrekte gedagtes (vurige lang tonge) vind mekaar en word met mekaar verbind en trek dit wat die meeste aan hulle verwant is na hulle toe aan. Dié verbind hulle weer ten dele met die eerste, en nog meer met mekaar, en trek dadelik weer hul mees verwante buitenste, dit wil sê ligtere, na hulle toe aan. In `n kort tydjie sal julle reeds die hart, die kop, die oë, die ingewande, pote, vlerke en die donsveertjies van die ontwikkelende kuiken ontdek. As die wese eenmaal so ver gegroei het, trek die geordende dele dit wat aan hulle gelyksoortig is uit die voorhande stof steeds meer na hulle toe aan en kry sienderoë steeds meer vorm.
[15] Is die vorm eenmaal en die organisme byna gereed, dan word tydens die verdere ontwikkeling ook die oorspronklike hoof- en sentrale gedagte steeds meer versterk, ondersteun, en gevoed en dit begin weldra met sy oorvloed aan lewe die organisme te vul en daaraan leiding te gee en die wese word sigbaar lewend en ontwikkel hom dan eers volledig.
[16] Sodra dit heeltemal gevorm is, neem die lewensgedagte wat in die hele organisme oorgegaan het en wat eintlik die siel is, weldra waar dat sy haarself nog in `n kerker bevind. Daarop begin sy hom kragtiger te beweeg, deurbreek haar kerker, en stap heel moeg en vol vrees die groot wêreld binne, omdat sy nog nie voldoende sterk voel nie. Sy begin nou dadelik voedsel uit die buitewêreld tot haar te neem en daardeur ook dadelik weer verder te groei en dit gaan so lank duur tot sy self voel dat sy in ewewig is met die natuurlike wêreld rondom.
[17] En ons sien dan `n volgroeide, vrugbare hen voor ons, wat nou op haar beurt die vermoë het om ten dele uit die lug, ten dele uit die water, en vir die grootste deel uit die organiese voeding wat vir haar geskik is, wat reeds sieledele bevat, die spesifieke sieledeeltjies wat haar voed, in haar op te neem. Die geestelike gebruik sy vir die verdere ontwikkeling van haar lewensiel en die growwere sowel vir die instandhouding van haar organisme, asook vir die skep van die begin van nuwe eierklompies, waaruit na die ordelike verloop van wat nou aan julle beskryf is, weer `n haan of `n hen te voorskyn sal kom.
[18] Die geslag ontstaan deur `n meerdere of mindere oorspronklike swaarheid, vastheid en krag van die lewende grondgedagte van die siel. As dit van oorsprong al heeltemal solied is, sodat dit op sigself al `n idee is, dan sal haar ontwikkeling `n manlike vorm oplewer; staan die basis van die oorspronklike lewensgedagte op die tweede en ligter trap, dan sal die ontwikkeling `n vroutjie oplewer."
|
|
|
|
|