|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 90
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Siel en liggaam
90 Ons sal nou dadelik na iets anders oorgaan! Zorel en Zinka, kom julle bietjie nader en sê vir My wat julle nou vóór alles nog sou wou sien en weet."
[2] Beide die geroepenes kom nou nader en Zinka sê: "Heer, dit is vir mense soos ons, wat nog baie onvolmaak is,`n baie moeilike vraag om te beantwoord! Want ons sou nog baie, baie wou sien en weet omdat ons, ondanks die feit dat ons tog al baie gesien en meegemaak het, nog glad nie baie gesien en beleef het nie. Maar watter nou van daardie eindeloos baie die mees noodsaaklike vir ons sal wees, dit is `n heel ander vraag, wat ons nie kan beantwoord nie, omdat ons nog lank nie weet wat vir ons eintlik nou vóór alles die allernoodsaaklikste sal wees nie! U o Heer, weet egter presies wat ons die meeste nodig het; handel U dus, sonder dat ons iets verlang, volgens U oneindige liefde en wysheid en dan sal elkeen wel die beste sien, hoor en voel!"
[3] Ek sê: "Welaan dan, - dan sal Ek sien wat daar gedoen kan word! Ek dink dat `n egte vertroue en insig met betrekking tot die voortlewe van die siel na die liggaamlike dood, vir julle almal gewis baie belangrik en noodsaaklik is; daarom sal ons hierdie onderwerp bietjie nader in oënskou neem!
[4] Ek het julle reeds meermale met woorde aangedui waarin die eintlike dood van die liggaam bestaan, op watter verskillende maniere dit kan plaasvind, en wat die gevolge daarvan vir die siel en haar gees is en moet wees. As Ek julle dit egter in lang, teoretiese sinne sou uitlê, sal ons dit nie in `n hele jaar regkry nie. Om dit deur en deur vir julle te laat besef, sal Ek die geheel met woord en daad toon, en dan sal julle dit verstaan.
[5] Voordat ons by die eintlike saak kom, moet Ek egter eers uiteensit hoe die siel saamhang met die liggaam. Luister dus na My:
[6] Die siel, wat saamgestel is uit gemengde, op mekaar inwerkende dele, is geheel en al van eteries-substansiële aard. Omdat die liggaam in wese egter ook oorspronklik eteriese substansie bevat het, is hierdie substansie verwant met die substansiële essensie van die siel. Hierdie aanverwante is dít wat die siel met die liggaam verbind, solank hierdie eteriese substansie nie mettertyd te veel in die suiwer materiële oorgegaan het nie, in welke geval dit dan met die sielewese te min, en dikwels ook heeltemal geen, verwantskap meer het nie - en mag dit tog nog enigsins aanwesig wees, dan moet hierdie substansie eers deur die ontbindingsproses uit die liggaam losgemaak word en in die hiernamaals aan die, in `n sekere sin naakte, siel toegevoeg word.
[7] Het die siel self egter uiteindelik te veel van die materiële uit haar liggaam in haar opgeneem, dan deel ook sy in die liggaamlike dood en tesame met die liggaam moet sy die ontbindingsproses deurmaak en vervolgens eers na verskeie aardse jare in `n heel onvolmaakte, natuurlike vorm ontwaak, waardeur dit dan baie moeilik vir haar is om tot die hoëre, die lig, deur te dring, omdat alles vir haar één duistere, aardse aangeleentheid is, wat slegs weinig lewe en baie duisternis bevat.
[8] Van enige geestelike ontwaking kan daar in haar geen sprake wees nie alvorens die tyd, die nood en allerlei vernederings die wêreldse duistere en growwe, of in `n sekere sin liggaamliksubstansiële uit die siel afgeskei en verwyder het nie; en dít gebeur in die hiernamaals baie moeiliker as hier, omdat die siel daar solank alleen in `n sekere afsondering moet bly, om nie, as `n te naak en in `n sekere sin nog velloos en onbeklede wese, deur `n ander wese, wat vol hoër lewensvuur reeds al sy krag laat geld, verslind en soos `n waterdruppel op gloeiende metaal vernietig en verteer word nie. Want vir elke siel wat nog baie onvolkome is, geld, ten opsigte van `n reeds volmaakte gees dit, wat Ek eens vir Moses gesê het toe hy My wou sien: 'God kan jy nie sien en daarna nog in die lewe bly nie!'
[9] Hoe hoër `n lewe eenmaal gepotensieer is, des te kragtiger, magtiger en swaarder is dit, en al die lewe wat nog op `n baie lae trap staan, kan homself nie teenoor `n veel hoër lewe staande hou nie, tensy daar `n sekere afstand is. Wat is `n muggie teenoor `n olifant, wat `n vlieg ten opsigte van `n leeu?! Wat is `n baie teer mosskimmelplantjie teenoor `n honderde jare oue seder op die Libanon, wat is hierdie aarde vergeleke met die groot son?! Wat is `n druppel water by `n magtige vuur?! - As iemand van julle op `n olifant trap, sal die olifant glad niks daarvan merk nie; maar gaan iemand van julle op `n mier staan, dan is dit heeltemal gedaan met sy natuurlike lewe.
[10] Maar wat in die uiterlik sigbare natuur al erg voor die hand liggend is, is in die ryk van die geeste `n nog baie duideliker en indringender waarheid. In elke lewe wat reeds in homself staande is, is daar die onversadigbare behoefte om steeds meer lewe in homself te verenig; hierdie eenwordingsbeginsel is in feite die liefde. As die lewe nie vóór alles van hierdie beginsel sou uitgegaan het nie, dan sou daar in die eindelose ruimte nóg son nóg aarde gewees het, en ook geen skepsele daarop en daarin nie.
[11] Omdat die beginsel tot eenwording van al wat lewe egter juis in die lewe self bestaan, en elke vry lewe voortdurend besig is om één te word met `n ander lewe wat na hom lyk en verwant is, daarom ontstaan uiteindelik uit talle afsonderlike lewens en afsonderlike intelligensies, een lewe en een veelvoudige intelligensie wat homself ver na alle kante toe uitstrek, en daardeur word ook talle wesens wat met weinig verstand begaaf is, één met `n wese wat met baie verstand en baie begrip toegerus is."
|
|
|
|
|