Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die moordaanslag op Johannes die doper

13 (Zinka:) "Maar Johannes sê vir hom: 'Bly weg van Herodias en haar moeder af, want die oue is `n slang en die jonge `n adder! Bowendien ken jy die wil van die almagtige God van Abraham, Isak en Jakob en jy ken Sy orde, waarin Hy vanaf die eerste begin van alle skepsele slegs één vrou aan `n man gegee het. Vrugbaarheid of die onvrugbaarheid van `n vrou wat eenmaal met `n man in die huwelik verbind is, verskaf geen rede vir jou vir die neem van `n bywyf nie, want as jy geduldig wag, is dit tog baie eenvoudig vir God om in die skoot van jou vrou, wat nog op hoë leeftyd is, `n lewende vrug vir jou te verwek! Lees die geskiedenis van die aartsvaders, dan sal jy vind dat hulle geduld en hulle oorgawe hulle op hoë leeftyd nog die rykste seën gebring het!

[2] Laat Herodias dus met rus en moet geen skeibrief by die tempel gaan haal nie, want God het nooit `n skeibrief ingestel nie! Dit het Moses op eie inisiatief as mens gedoen vanweë die veelvuldige hardheid van die menseharte. Daarmee het hy egter nie baie goed verrig nie en in die oë van JaHWeH God was dit geen goeie voorskrif nie, daarvan kan jy seker wees! Hou jy daarom slegs aan jou vrou vas en laat Herodias nie naby jou kom nie! Gee Zinka (vir my dus) die volmag, en hy sal dit wel in orde weet te bring dat die adder nie meer by jou in die huis sal kom nie! As jy hierdie raad sal opvolg, sal jy God se vriendskap behou, maar indien nie, dan sal jy ten gronde gerig word en `n vyand word van JaHWeH!'

[3] Herodus neem dit ter harte en besluit om af te sien van Herodias. Maar die ou slang en die jong adder stel alles aan die werk om Herodus te verblind. Hulle weet wanneer en waarheen hy gaan en Herodias sorg daarvoor dat sy hom teëkom, terwyl sy so aantreklik en verleidelik moontlik daar uitsien. Hy gaan weliswaar nie daarop in nie, maar in sy hart begin dit tog steeds meer te gloei, sodat hy ten slotte self geleenthede begin soek om die mooie Herodias so dikwels moontlik te ontmoet.

[4] Toe dit ten slotte op sy verjaardag afloop, stel Herodias alles aan die werk om by die groot fees uit te kom. Inmiddels wen die tempel ook by Herodias inligting in hoe ver sy met Herodus gevorder het. En sy kon hulle niks anders sê as dat hy ondanks al haar kunsgrepe en bose liste geen stap verder gekom het nie. Aan wie of wat dit te wyte was, weet sy nie, wel merk sy nou duidelik dat Herodus haar tog graag wil sien en haar heimlik steeds meer agternasit.

[5] Toe die tempelpriester dit verneem, sê hy openlik vir die twee vroue: 'Dit is maar net die skuld van die water- en doopprofeet by wie Herodus sy verlossing gesoek het! Hy het hom self by die Jordaan gevange geneem om hom teen ons te beskerm, maar dit sal hom tog nie baat nie! Die waterprofeet moet en sal val! Hy is vir julle en vir ons die gevaarlikste steen des aanstoot! As dit nie vroeër geluk nie, dan sal dit tog op die dag van Herodus moet gebeur! Probeer tot elke prys die profeet te vernietig en dan sal julle Herodus om julle vinger kan draai!'

[6] Dit gee beide die vroue meer as voldoende opheldering oor die oorsaak van die mislukking van hulle pogings. Beide beraadslaag nou hoe hulle Johannes ten gronde sou rig, en die jong vrou betrek my in haar geheim en beloof my baie goud en silwer as ek Johannes op die een of ander goeie manier om die lewe sou bring. Daartoe laat ek my natuurlik nie oorhaal nie, maar ek maak tog asof ek so half en half met haar planne saamgaan. Dit doen ek egter net om beter agter al die slegte satansplanne te kom wat deur beide die vroue en die tempelridders teen die arme Johannes uitgebroei word.

[7] Toe hy dit alles hoor, krap Herodus hom agter sy ore en sê vir my: 'Ek sien al etlike dae wat daar aan die gang is, maar wat kan ek daaraan doen? Dit sou miskien nog maar die beste gewees het om die vrye toegang tot Johannes nog meer te beperk, slegs sy bekendste leerlinge by hom toe te laat en elke vreemde die deur te wys. Want dit is baie eenvoudig vir `n sluipmoordenaar- deur die vroue gehuur, om ons Johannes `n dolk in die hart te stamp, en dan sou die boosheid uit die tempel hulle doel bereik het. Want glo my: "Ook die vroue is deur die tempel bewerk! Ek sal egter, om Johannes te red, die vroue en met name Herodias weer vrye toegang gee. Gaan jy daarom na Herodias en sê vir haar dat sy my van nou af aan kan en mag besoek!'

[8] As dienaar moes ek wel gehoorsaam, hoewel ek maar al te goed besef het dat Johannes met hierdie hulp baie sleg daaraan toe was. Vanaf daardie oomblik af het Herodias byna daagliks in die huis van Herodus gekom en hy laat hom nie tweekeer uitnooi om sy geneigdheid tot haar aan te wakker nie. Dit kom die bose tempelpriesters baie gou ter ore en hulle probeer die vroue voortdurend ompraat. Hulle beloof baie goud aan hulle as hulle Herodus by geleentheid sover kon laat kry dat hy vir Johannes, wat soveel van die volk van die tempel afgerokkel het, die lewenslig sou laat uitblaas. Die ou tempelpriester sweer by die tempel dat hy hiervoor sou sorg en nie sou rus alvorens die waterprofeet geval het nie! Dit geluk die jong vrou nou ook nog om Herodus te belet om Johannes te besoek en opnuut raad by hom te gaan kry. Ek as dienaar durf Herodus ook nie aan die woorde van Johannes te herinner nie, omdat ek maar al te goed geweet het wat se `n tiran hy was as sy hart deur hartstog gegryp word.

[9] En so gaan hierdie bose saak verder tot by die verjaardag van Herodus. Net `n paar dae voor die dag moet daar iets tussen hom en Herodias voorgeval het, omdat sy sekerlik nie andersins die paar dae sou weggebly het nie. Maar juis hierdie paar dae maak die hart van Herodus vir die mooie Herodias in vuur en vlam, en die oorwinning oor Herodus wat sy op sy verjaardag sou vier, was dus daardeur verseker.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205