Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 180

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die Heer stuur `n boodskapper na die Nubiese karavaan

180 Markus vra My met `n opgewekte gesig: "Heer, U Alwetende! Hoeveel persone tel die karavaan?"

[2] Ek sê: "Hulle bestaan uit presies sewentig koppe, waaronder daar net soos by hul vlugtende voorouers, vier-en-dertig vroue en ses-en-dertig manne hulle bevind. Die een sonder vrou is die siener en die ander sonder vrou is sy dienaar!

[3] Kyk, só gaan ongeveer duisend jaar gelede hierdie swartes op die vlug en die oorsaak daarvan was `n hervorming van die wette, wat verseker ten tye van Moses nie meer heeltemal ooreenstem met dié van voor die sondvloed nie! Die ou leier wat op die vlug gaan, wou die ou sedes en gewoontes weer nuwe lewe gee. Hy bots daarmee egter alleen maar teen vyande wat hom, tesame met sy aanhang verskriklik begin vervolg, sodat vir hom ten slotte niks anders oorbly nie as om te vlug voor die blinde, fanatieke oormag van soveel vyande.

[4] Dié vlug was dus `n profetiese voorteken vir die ontvang van `n hoër lig en was dan ook ten tye van Moses vir die beter nakomelinge van Kaïn `n teken dat in hierdie tyd ook vir hulle `n lig van verlossing sou opgaan. Die swartes sal weliswaar nie net soos die kinders van Abraham die ou bron van Jakob heeltemal bereik nie maar, as hulle daarna verlang, sal hulle die heerlike water daarvan tog te drinke kry.

[5] En nou moet daar `n boodskapper aangewys word wat die taal van Opper-Egipte magtig is! In die kamp van Julius bevind hom `n woordvoerder; laat hom hier na My toe kom sodat Ek hom kan vertel waaraan hy die leier direk kan herken en wat hy aan hom moet sê!"

[6] Julius staan vinnig self van die tafel af op en haas hom na die kamp, roep die woordvoerder en bring hom dadelik na My toe.

[7] Toe hy, `n Romein in hart en niere, by My kom sê hy: "Allerhoogste Seun van die uiters verhewe Zeus! Wat gebied U my dat ek moet doen? Ek is weliswaar hoogs onwaardig om van U `n opdrag te ontvang - die Seun van die hoogste God beveel slegs die gode wat onder hom staan en dié die vorste van die aarde en dié hul hoogste veldhere en dié dan eers hul owerstes en hoofmanne en dié dan eers hul slawe, wat ons die hoë eer het om te wees -; Maar U, Allerhoogste, wil hier `n uitsondering maak en daarom vra ek U om U heilige bevele!"

[8] Ek sê: "Dis goed, My beste vriend! Jy is weliswaar nog `n Romein in hart en niere, maar getrou en eerlik volgens jou geloof en jou stand. Jy het `n lang tyd in Egipte deurgebring, jy het geleer om Oud - Egipties te verstaan en te praat en jy moet nou My boodskapper wees in die streek van Césarea Philippi. Jy is `n goeie ruiter en sal te perd vinnig op die bestemde plek wees.

[9] Naby die afgebrande stad sal jy `n karavaan van sewentig swart mense teëkom; vooraan op twee wit beklede kamele ry regs die aanvoerder, en links sy dienaar. Die aanvoerder sal jou reeds van veraf begroet. Hy is heeltemal in wit geklee, maar sy gesig sal jy pikswart vind. En ook sy hande en sy voete; maar in sy hart sien dit daar baie ligter uit as op die vel van sy liggaam. Sê aan hom: 'U het die doel van u inspanning bereik, volg my! Binne enkele oomblikke sal u voor die aangesig staan van Die Een wat u, na die visioene wat u sewe maal gekry het, soek!'

[10] Sê dit aan hom in Oud-Egipties, wat jy goed beheers! Gaan nou, saal jou dier op en vertrek dan vinnig; waar die hoofweë mekaar kruis, sal jy hulle ontmoet!"

[11] Toe die woordvoerder (Kommandant van die wag) dit van My gehoor het, buig hy diep en sê: "Uitgesonderd vir gode, buig `n Romeinse veteraan nooit, maar U alleen kom alle verering en aanbidding toe! En nou word die bevel uitgevoer!"

[12] Vinnig gaan die reeds grys geworde krygsman op weg, sit ook dadelik al in volle wapenrusting op sy Arabiese perd en galop pylsnel na die aangegewe plek. `n Stofwolk in die verte was in `n sekere sin `n betroubare teken dat die groot karavaan die aangeduide plek nader. Ons boodskapper was binne enkele oomblikke ter plaatse en wag nog `n kwartier op die definitiewe aankoms van die groot karavaan. Ons kon dit sien as ons om die hoek van die huis kyk, want dit was tot daar nie `n halfuur nie.

[13] Toe die aanvoerder by die woordvoerder (kommandant van die wag) kom, wat tot die tande gewapen was, hou hy hom teë en vra hom eers volgens Romeinse oorlogsgebruik waarheen hy van plan was om te gaan en wat hom in sy vaderland tot hierdie reis laat besluit het.

[14] Die aanvoerder bly staan, kyk die Romein reg in die oë en sê op `n baie ernstig klinkende toon: "Romein! Wie gee u opdrag om hier op my te wag? Vandag kom ons heeltemal vanaf die groot see hierheen en trek deur steppe en bosse. Van ver oorsee uit Alexandrië dra die skepe ons; net voëls kon ons sien van Egipte tot hier! U is die eerste mens wat ons tydens die hele reis teëkom; hoe kon u weet dat ons hier sou aankom? Wie het aan u ons koms openbaar? Is u `n siener? Maar u dra wapens wat meermale in mensebloed gedoop is en daarom kan u geen siener wees nie; want weet, daar is `n allereerste en allerhoogste goddelike wese bo al u gode en bo alle mense van watter velkleur hulle ook mag wees!

[15] Ek had sewe maal dieselfde visioen; in dié visioen sien ek altyd maar hierdie omgewing in `n onbeskryflik lig. `n Klein groepie mense met wit en bruin velkleur staan reeds in dié groot lig en straal self soos sonne. Maar te midde van hierdie ligmense staan daar Een wat meer lig uitstraal as honderdduisend sonne! Al die lig kom van Hom; ja, ek het by myself die gevoel asof die hele oneindigheid vol was van Sy onmeetlike lig! Maar hoe onbeskryflik helder Sy lig ook was, dit laat tog geen pyn soos wat by ons die veel swakker lig van die son dit doen nie.

[16] Aan die einde van die visioen, wat elke keer dieselfde was, hoor ek altyd duidelik sê: ‘Gaan daarheen, jou swart man, daar sal ook jou nag verlig word!' Ek vertel dit aan al my swart broers en susters en ons besluit om vanuit Noua Bia hierdie reis te onderneem en ons is nou reeds byna drie maande onderweg.

[17] Ek weet waarheen ons moes gaan, want my gees wat my al sewe jaar lank begelei, het my vertel dat die plek wat ek in my visioen sien, hom in Asië bevind en wel aan die kus van die groot see. Vanaf die see herken ek die kus dadelik as dié een wat ek sewe maal in my visioene gesien het. Toe ons op die regte plek was, gaan ons dadelik aan land. Ons vind ook dadelik `n pad, waarop ons tot hier gegaan het - en daar kom u ons tegemoet! O sê, wie het aan u vertel dat ons kom? O spreek! Ek vermoed iets groots!"

[18] Die Romein sê: "U het die doel van u moeisame reis bereik! Volg my! Binne enkele oomblikke sal u voor die aangesig van Die Een staan wat u ooreenkomstig die visioen wat u sewe maal gehad het, soek!"

[19] Die aanvoerder beveel dadelik almal om die Romein te volg, want hy was kennelik `n boodskapper van Die Een wat hy soek.

[20] Die Romein begin direk vooruit ry en die hele karavaan volg hom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205