|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 181
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die Heer praat met die aanvoerder van die Nubiërs
181 Die rit vorder vinnig en ons woordvoerder bring die hele karavaan na ons toe terwyl ons almal nog gemoedelik aan tafel sit.
[2] Toe My Jarah die pikswart gesigte met die letterlik bloedrooi lippe en baie wit oë sien, skrik sy behoorlik en sê: "O Heer, doen hierdie wesens niemand kwaad nie? Hulle sien tog gewis ontsettend swart daar uit! Ek het al wel More gesien, maar so ontsettend swart soos hierdie nog nie een nie! Wat `n sterk gebit het hulle! Waarlik, Heer, as ek nie by U was nie, sou ek ontsettend bang geword het! Om van so `n swart man te hou, sou `n beproewing wees vir `n teergevoelige meisiehart!"
[3] Ek sê: "Toe maar, My allerliefste dogter - wees verstandig My kindjie! Wie is nou bang vir `n kleur? Nou tree jy bietjie kinderagtig op - maar dit maak nie saak nie! Let nou maar goed op na alles, want daar sal baie belangrike sake bespreek word!"
[4] Jarah sê: "Maar daarvan sal ek gewis nie veel verstaan nie, want die Oud-Egiptiese taal is vir my volkome duister en `n ander taal ken hierdie Swartes nie!"
[5] Ek sê: "Alles sal getolk word, bekommer jou dus nie; moenie praat nie, maar luister!"
[6] Daarop word Jarah stil en Ek laat dadelik die aanvoerder en siener na My toe kom en vra hom waarom hy en sy metgeselle die verre reis hierheen onderneem het. Daar weet Ek natuurlik alles van, maar Ek moes hom dit tog vra om hom die geleentheid te gee om uitdrukking te gee aan sy gedagtes en sy wense kenbaar te maak.
[7] Op My vraag, wat Ek in die Judese taal gestel het, gee die aanvoerder ook in ons taal die volgende antwoord: "U, wat vir my die mees naamlose en verhewendste mens van hierdie aarde is, vergeef my arme, swakke halfmens, dat ek dit waag om skugter op te merk dat ek in U dieselfde persoon herken wat ek vier maande gelede in sewe ooreenkomstige visioene in `n onbeskryflik stralende lig gesien het en wat ek ook byna tot aan die einde van die wêreld soek, en wat ek met `n diep bewoë hart nou ook glo in werklikheid te gevind het! Uiters Verhewene, sou U my nie wou vertel of hierdie herkenning van my korrek is nie?"
[8] Ek sê: "Dit sou jou min help as Ek ja of nee sou sê; jy moet dit self ontdek! Soek, dan sal dit vir jou wel duidelik word! Noudat jy so ver gekom het, sal jy ook wel verder kom; maar jy moet dit self ernstig en vasberade wil! ledere les van buite af het geen sin as dit nie tegelykertyd van binne uit verkry word nie. Kyk, jy praat nou goed Judees! Kan jy jou herinner dat jy ooit op `n tyd hierdie taal geleer het? Vra ook aan jou metgeselle, wat nou ook hierdie taal goed verstaan, of hulle hierdie taal ooit geleer het! Gaan en oortuig jouself!"
[9] Die aanvoerder stuur sy kameel dadelik na sy metgeselle en spreek hulle in Judees aan. Almal verstaan hom en gee hom ook antwoord in ons taal. Daardeur raak die aanvoerder buite homself van verbasing en dit is vir hom `n raaisel hoe hy en al sy metgeselle die Judese taal geleer het; want hy weet nie dat Ek dit kan bewerkstellig nie.
[10] Die aanvoerder kom, nog steeds sittende op sy kameel, daarna na My terug en sê: "Verhewendste mens van die aarde! Vir my, met my swart vel, is dit iets vreemds, want dit is die eerste reis wat ek ooit onderneem het! Ek het nog nooit met tale en eienskappe van ander lande in aanraking gekom nie, en is totaal arm aan elke ervaring en tuis by my gaan dit heel eenvoudig daaraan toe. Die land is weliswaar goed en mooi, maar vir ons bied dit niks nuuts nie. Dit is dus moontlik dat hierdie land die eienskap het dat `n vreemde, sodra hy die land betree, ook die gees van die taal van die volk in hom opneem en dadelik met die inheemses net so kan praat asof hy self daar gebore is. Of so-iets moontlik of onmoontlik is, kan ek nie beoordeel nie; wees U daarom so vriendelik om dit vir my uit te lê! In my land het ek so-iets immers nooit kon ondersoek nie omdat daar nog nooit `n vreemde binnegedring het nie!"
[11] Ek sê: "Laai eers julle kamele af, bring hulle na die weiveld by die see sodat hulle hulle baie noodsaaklike rus kan neem, om julle dan makliker weer na julle land te kan bring; want die pad terug is niks korter as hierheen na ons toe nie! Doen dit en kom dan terug; dan sal dit dadelik duidelik word hoeveel lig julle almal saam kan verdra!"
[12] Die aanvoerder buig en sê: "Verhewendste mens der mense! U het absoluut gelyk, indien ons dit durf waag om met ons baie onheilige voete hierdie heilige aarde te betree nie; want volgens my visioene moet hierdie grond onmeetlik gewyd wees!"
[13] Ek sê: "As dit vir die voete van julle kamele nie te gewyd is nie, sal dit vir julle mensevoete tog ook wel nie te gewyd wees nie!"
[14] Die aanvoerder sê: "Ja waarlik, waarlik, waarlik! O verhewendste mens van al die mense van die aarde, U is buitengewoon goed en uiters wys!"
[15] Daarop stuur hy sy kameel weer na sy metgeselle en bring aan hulle My boodskap oor. Dadelik lê die kamele op hul knieë en hul ruiters klim af. Toe staan hierdie goed afgerigte diere weer op en word na die weiveld aan die see gebring waar hulle begin om te wei en hulle daarby behaaglik goed laat versorg. Tien Negers kry opdrag om die kamele op te pas, die res keer egter dadelik saam met die aanvoerder na My toe terug.
[16] Toe hulle by My aankom, vra Ek die aanvoerder eers na sy naam, en hy sê: "My naam is gelyk aan wat ek is; in ons taal lui dit Ou-bratou-vishar. By ons het niemand `n naam nie, behalwe dié van sy beroep; verder heet ons almal Slouvi."
|
|
|
|
|