Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 209

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die ontwikkeling van die verstand en die gemoed

209 "By ons bestaan die egte opvoeding daaruit dat ons eers die gemoed van ons kinders soveel moontlik op ons manier veredel; en as die gemoed eers eenmaal in orde is, dan kry die verstand ook dieselfde ontwikkeling as wat onsself besit. Maar die Blankes begin hul kinders, sodra hulle maar begin te brabbel, verstandelik te ontwikkel en glo dat as die kind eers net `n volkome ontwikkelde verstand het, dat die verstand dan goed vir die hart en gemoed sal sorg!

[2] O Heer, hoe dom is baie Blankes tog nie in die opsig nie, dat hulle nie kan insien dat wanneer die verstand eerste ontwikkel word, dit altyd `n moordenaar van die hart en gemoed word nie! Want die suiwer verstand maak die kind ingebeeld en hoogmoedig; as inbeelding, eiedunk en hoogmoed egter eenmaal besit geneem het van die hart en gemoed, moet niemand eers probeer om dit te omvorm nie, dan sal hy wel baie vinnig daarvan oortuig raak dat `n ou, kromgegroeide boom nooit reg te buig is nie.

[3] By ons vind jy geen regbanke, geen geregsgeboue en geen gevangenisse en geen kerkers nie, maar ook geen ander wette as net dit wat `n goed ontwikkelde hart en gemoed aan die mens voorskryf nie. Daarom vind jy by ons ook geen enkele sonde nie en geen noemenswaardige misdaad nie en dus ook geen straf nie, want wat elkeen van ons homself toewens, dieselfde en meestal nog beter wens hy sy medemense toe.

[4] Maar by die blanke, verstandelike mense sien ons juis die teendeel. Bykans die meeste vind net homself belangrik en die medemense in soverre dit vir hulle nuttig is. As die selfsugtige enkeling sien dat een van sy medemense nie nuttig vir hom kan of wil wees nie, word hy liewer vir enige dier as vir so `n medemens!

[5] Maar by ons waardeer `n mens die mens allereers as mens. As `n naaste my nie kan help nie, dan kan ek hóm tog help en so balanseer ons dit. Ek het ook `n dienaar, maar ek het hom absoluut nie gevra om my te dien nie, dit is sy volkome vrye wil. Onderling dien ons mekaar beslis meer as wat die Blankes mekaar ooit gedien het, vanweë die armsalige loon; maar die wil van geen enkele mens is deur een of ander middel van buite af tot slaaf gemaak van `n ander nie; wat hy doen, doen hy vry en volkome ongedwonge!

[6] Daarom het ons geen paleise of groot gemesselde woonhuise nie, maar baie eenvoudige hutte wat almal dieselfde daar uitsien. As iemand wat daar aankom, nog geen plek het en ook geen plek kan vind in die een of ander hut nie, word hy nie gedwing om uiteindelik uit eie krag en middele `n nuwe hut te bou, of by `n verafgeleë gemeente daarvoor te gaan bedel nie, maar ons bou vir hom vrywillig uit liefde en agting, omdat hy net so `n mens soos ons is, dadelik een en dieselfde hut as die van ons; en so heers daar onder ons steeds vrede en eenheid in dieselfde mate.

[7] Hierdie huisorde van ons is vir die Blankes, vir sover ons hulle, ongelukkig leer ken het, heeltemal vreemd en sommiges het vir ons reguit in ons gesigte gesê dat dit `n dwaasheid is wat teen alle kultuur indruis. Maar hoe is dit dan met die feit dat alle diere en selfs die elemente aan ons gesamentlike wil gehoorsaam is, terwyl die Blankes ondanks al hul ontwikkelde verstand nie `n trop leeus durf nader nie?! Wee die vermetelste swaardvegter! Laat hom dit maar net probeer; een enkele leeu sal hom goed duidelik maak dat hy baas is oor die vegter en nie omgekeerd nie!

[8] Maar ons kan net so tussen leeus en panters rondloop soos tussen ons kamele, beeste, skape en bokke en ons kan ons nie herinner dat so `n ongedierte hom ooit aan `n mens vergryp het nie, - maar ook nie aan ons kuddes nie; maar hulle kry eers die vleis daarvan te ete wanneer diere van ons baie talryke kuddes van ouderdom gesterf het. Elke gemeenskap het op `n bepaalde afstand `n plek waarheen hulle byna daagliks een of ander dooie diere bring en die kosgangers kom dan ook dadelik met hul skerp tande en vreet die dooie diere met huid en haar en bene op. Want niemand by ons eet vleis nie, behalwe visse en hoenders, solank hulle nog jonk en sappig is; die oues word ook aan die wilde diere oorgelaat.

[9] Waartoe is `n Blanke met al sy verstandelike ontwikkeling in staat as hy in die water geval het? Hy sink en verdrink! Maar ons kan, wanneer en waar ons maar wil, net so oor die waterspieël loop as oor droë land. Net as iemand dit wil, kan hy ook onderduik, maar dit is steeds behoorlik baie moeite en inspanning vir hom.

[10] Alle giftige slange vlug uit ons nabyheid weg; muise en sprinkane het ons eers in Egipte leer ken; kwaadaardige miere vermy ons en ons hoenders se teenwoordigheid, en aasvoëls en arende versadig hulle met die vleis van dooie leeus, panters en jakkalse.

[11] Daarom lyk dit by ons Swartes of die orde nog tot op hede bestaan, wat by die mense, van watter velkleur dan ook, volgens die wil van die Skepper vanaf die oerbegin sekerlik bestaan het en moet bestaan; want as die eerste mensepaar op hierdie aarde geplaas was in die slegte orde van die teenswoordige blanke mense, dan sou ek wel graag wou geweet het hoe hulle hulself teen die aanvalle van allerlei wilde en verskeurende diere sou verdedig het!

[12] Want voordat die eerste mensepaar hierdie aarde betree het, het dit gewemel van allerlei verskeurende en woeste diere, soos wat die wyse owerste in Memphis baie duidelik aan ons beskryf het. As die eerste mensepaar dus volgens die leer van die owerste so swak was in al hul lewenselemente soos wat die huidige Blankes nou is, hoe dikwels sou hulle dan nie deur hele troppe uiters wilde diere verskeur en opgevreet moes gewees het nie?! Hulle sou slegs in stewige, ysterkleding en voorsien van die skerpste wapens, as buitengewoon sterk reuse, so ongeveer soos die wat vir Shivinz in Egipte geteister het, uit die lug op hierdie aarde moes kom, as hulle dit met natuurlike krag teen hierdie diere sou wou opgeneem het en dan sou hulle nog genoeg moeite gehad het om `n stryd met die reusagtige monsters tot `n goeie einde te bring!

[13] Maar as die oermense van hierdie aarde in al hul lewenselemente soos ons gelyk het, dan het hulle natuurlik geen wapens nodig gehad nie en was hulle met die krag van hulle gemoed gebieder en meester oor al die diere-, plante- en elementewêreld!

[14] Omdat ons dus almal so is, dink ek dat enige lewenswoorde van U tot ons, baie diep wortels sal vorm in ons lewe! En as U, o Heer, ons bepaalde wette of lewensreëls sou gee, sal ons beslis baie streng die hand daaraan hou; want ons kan ons baie goed hou by `n, eenmaal as goed en waar aangenome reël, wat `n Blanke waarskynlik maar selde kan doen.

[15] Omdat ons nou reeds die buitengewone geluk het - iets wat selfs vir U hoogste engele `n wonder bo alle wonders moet wees, - om by U, o Heer, U die Ewige, U die Skepper van die hele geestes- en sinnewêreld, te wees, daarom vra ons U by monde van my, een van hart en in alles volkome een in alles, om by al die wonderbare wat ons hier in `n kort tydjie te siene gekry het, ook nog die wonderwerk by te voeg dat U met ons `n paar woorde sal wissel!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205