|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 25
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Zinka vra verder
25 Natuurlik het ook Zinka, nie net `n deel van hierdie les nie, maar alles gehoor en hy vra aan Ebahl, in wie hy nog die meeste vertroue gehad het: "Vriend, die merkwaardige jongeling wat ons nou net `n hemelse toon laat hoor het en wat nou jou dogter so `n vreemde, mistieke les gegee soos wat ek dit - eerlik gesê - nog nooit gehoor het nie, lyk tog nie heeltemal soos ons wat tot hierdie aarde behoort nie. Sê my eers of die Een dalk agter hom skuil waarvoor Johannes hom te gering geag het om sy skoenrieme los te maak! Hy lyk net te jonk vir my, want andersins sou hy al in die dertig moes gewees het!"
[2] Ebahl sê: "Beste vriend, dit is die jongman weliswaar nie - maar hy is wel `n belangrike leerling van Hom! Want ek moet nou heel eerlik aan jou beken dat die Profeet uit Nasaret `n sodanige mag en wysheid besit dat daar selfs, volgens wat mense sê, engele uit die hemele na die aarde kom om Sy leer te hoor en Sy dade te bewonder en in Hom die almag van God te loof!
[3] As bewys van wat ek sê, dien nou juis die jongeling waarvan jy nie weet wat jy van hom moet dink nie! As aardse mens sien hy tog bietjies te hemels daaruit, en as engel miskien tog nog bietjie te aards uit! Hy woon al ongeveer `n maand by my en is die onderwyser van my dogter. Dat hy op aarde geen vader of moeder het nie en in alles `n mag besit wat gewoonweg fabelagtig is, kan jy sonder meer van my aanneem! Meer weet ek nie van sy afkoms nie. Jy kan hom trouens self vir meer inligting vra, hy sal op geen enkele vraag `n antwoord skuldig bly nie. Daar sit geen greintjie hoogmoed in hom nie!"
[4] Zinka sê: "Ek weet nou genoeg en ook wat ek tydens hierdie buitengewone tyd van die jongeling moet dink! Maar nou sou ek tog wel eers wou weet of die groot profeet uit Nasaret Homself nie ook miskien hier by ons bevind nie!? Want sonder Hom verstaan ek absoluut nie wat `n engel hier so te sê te doen sou hê nie! As Hy hier is, sê my dit dan, sodat ook ek my diepste eerbied aan Hom kan betuig! Want volgens jou verhaal moet Hy `n volstrekte suiwer, goddelike Wese wees. Gee my daarom `n klein aanwysing of Hy hier is, en wie dit is!"
[5] Daarop sê Ebahl: "Beste vriend, wees nog `n bietjie geduldig. Jy sal Hom nog goed leer ken! Tot jou gerusstelling kan ek egter wel soveel sê - omdat jy geen geregsdienaar of agtervolger meer is nie - dat Hy Hom by ons bevind en werklik hier is, anders sou al die Romeinse hoë here regtig nie hier gewees het nie!"
[6] Zinka sê: "Dit is ook genoeg, ek het nie meer nodig nie! Nou sal ek Hom wel ontdek!"
[7] Dit bring ons Zinka tot ruste, maar hy let nou orals op en hou sy oë en ore op Cyrenius, Cornelius en die engel gerig omdat hy gedink het dat hulle My die eerste sou kon verraai. Daarin vergis hy hom ewenwel, want Ek het hulle dadelik in hulle hart gelê wat hulle moes sê en waarheen hulle die aandag van Zinka moes aflei. Ook word die sitting nou opgehef en word die tafels weer opgeruim. Ons gaan na die oewer en het dit daar oor heel onbelangrike sake. Natuurlik verloor Zinka en sy metgeselle ons nie so maklik uit die oog nie.
|
|
|
|
|