Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Selfbeskouing van Hebram en Risa

31 Risa grif dit diep in sy hart en gaan na sy metgeselle, wat hom oorlaai met gelukwensinge. Hy spreek hulle egter toe en deel hulle woord vir woord mee wat hy van RafaEl gehoor het.

[2] Aan die einde sê Hebram vir hom: "Dit is `n uitstekende toespraak, wat van God afkomstig blyk te wees. Maar daar is wel iets daarop aan te merk, nie soseer op die toespraak self nie, maar dan wel op hom wat dit hou. Die toespraak bevat baie gedenkwaardige, ware woorde, wat in goeie opeenvolging na mekaar gesê word, maar die spreker het daarmee egter die woord vir die daad laat gaan! Desondanks is ek wel daarmee eens, want elke goeie daad moet tog altyd voorafgegaan word deur `n goeie leer, omdat hy wat handel andersins onmoontlik die een of ander rigting sal kan kry vir sy doen en late.

[3] Maar in die kern van die saak het RafaEl tog gelyk, want die mens weet al gou voldoende om te bepaal wat goed en reg is. Eenvoudige wette sê dit vir hom! As sy wil maar goed is, bly die regte handeling nie agterweë nie. Maar die wete alleen skyn vir my tog `n te geringe beweegrede vir die goeie handeling te wees, veral by mense wat baie op die materiële gerig is, wat hulle maar al te maklik deur `n onbeduidende materiële voordeel aan die neus laat rondlei en tot bose handelinge verlei word. Daarom is dit nodig om die beginleer so ver uit te brei dat die leerlinge deur helder, oortuigende en onomstootlike bewyse motiewe kry om die goeie te doen. Tewens moet dit die leerlinge bykans net so onmoontlik voorkom om daarteen te sondig, as om sonder `n skip die see te wil oorsteek.

[4] As `n mens dít eenmaal by `n leerling bereik het, is die egte goeie handeling `n oop eenvoudige saak. Maar sonder die daarby gegewe oortuigende en korrek geblykte beweegrede sal dit altyd `n probleem bly. Mense sien die goeie daarvan wel in, maar omdat die handel daarvolgens hom baie moeilikhede en selfverloëning met homself sal meebring, leef mense `n gemaklike lewetjie in volkome luiheid en noodlottige selfsug, en die talle en goeddoen laat mense vir wat dit is. Mense volg onbekommerd hulle dierlike luste en is na dertig jaar nog dieselfde dierlike mens wat hy eintlik al in die wieg was. Daarom hoort volgens my beskeie mening by die leer van die goeddoen, ook die hierbo aangegewe bewyse, en dit vereis baie meer as om maar net te sê: 'Dit en dat moet jy doen omdat dit goed is, en dit en dat moet jy laat staan omdat dit sleg en boos is!'"

[5] Risa sê: "Jy het heeltemal gelyk. Uit die aard van die saak sê jy tog niks anders as wat RafaEl ook al baie duidelik uitgelê het nie, naamlik dat slegs diegene moet lesgee en praat wat deur die Heer geestelik daartoe geroep is. So `n leraar sal sy leerlinge by die leer wel die nodige bewyse lewer en hulle daardeur tot handeling aanspoor, soos wat die toespraak van die engel ook vir my onverbiddelik tot handeling aangespoor het. As ons altwee egter nou as leraars sou optree, sal ons sekerlik baie onsin uitkraam, en wanneer daar dan `n skerpsinnige en goed van die tongriem gesnede spreker sou kom en met ons sou begin te argumenteer, sou hy ons ten slotte in die war bring, en miskien dans ons ten laaste nog na sy pype! As ons egter goed handel, dan kan hy met alle verstandelike beredeneringe ter wêreld niks daarteen inbring nie. Daarom is vir baie die doen beter as die lesgee. - Is dit nog nie vir jou heeltemal duidelik nie?"

[6] Hebram sê: "O ja, nou gewis en vroeër ook al, en so is dit goed! Hoe is die mens tog vreemd - dit merk ek aan myself! Dink jou eers in: ‘Hoe vind ons, wat tog dikwels genoeg die Skrif gelees en bestudeer het, al die wonderbaarlike vertellings, gebeurtenisse en hier en daar aangetroffe lesse onverstaanbaar verhewe, en hoe boesem dit nie `n grote, diepe eerbied vir ons in nie! Oor die hier en daar beskrewe, werkende Gees van God durf ons uit blinde, groot eerbied uiteindelik nie meer te praat nie! As ons iets lees oor `n verskene engel, sny dit deur murg en been! Moses was so groot vir ons, dat byna alle berge hulle voor sy naam skyn te gebuig het!

[7] Nou staan ons hier voor dieselfde God wat donderend op Sinai Sy wette gegee het! Dieselfde engel wat die jong Tobias begelei het, bevind hom te midde van ons as `n heel gewone mens en leer ons met vriendelike woorde die wil van die Heer beter ken! Daarby gebeur daar nog onophoudelik die ongelooflikste wonders - maar vir ons kom dit alles al so normaal voor, asof ons al van kindsbeen af daarmee sou grootgeword het! Sê my eers wat die rede daarvoor kan wees!

[8] Van pure verbasing en aanbidding sou ons nou so `n bietjie uit ons vel moes spring - maar in plaas daarvan is ons al so bot soos `n verroeste swaard van `n ou soldaat! Waarom gebeur dit, wat is die rede daarvoor? As ek daaraan dink, kan ek van ergernis die kop van my lyf afskeur!"

[9] Risa sê: "Bekommer jou nie daaroor nie, vriend! Die Heer sou dit so wou gehad het; want as ons steeds in alle toestande sou wees, sou baie ons ontgaan het wat hier plaasvind en gesê word. Die Heer weet egter hoe Hy ons gemoedere binne perke moet hou en daarom kan ons alles wat hier gebeur en in ons teenwoordigheid gesê word - ook al is die aard daarvan hóé onverstaanbaar en verhewe - heel koelkop aankyk en aanhoor en dit ook des te dieper in ons siele inprent. As dit alles verby sal wees, sal dit ons harte beslis reusagtig in beroering bring! O, dit sal nie wegbly nie! Maar vir nou is dit beslis baie beter so! - Het jy miskien `n ander mening daaroor?"

[10] Hebram sê: "Gladnie - jou mening is weer volkome korrek en dit is gewis seker dat dit so is! Maar dit is tog ook nie sleg om jouself daarvoor te berispe dat jy jou by hierdie unieke, buitengewone heilige geleentheid maar nouliks en veels te onstigtelik voel, terwyl die gelese besondere dinge van eertyds jou juis so diep gegryp en dikwels in verrukking gebring het. As hierdie geestelike vervlakking slegs by ons sou lê, sou ek dit as `n groot en uiters growwe lewensonde moet sien. As egter volgens jou mening die Heer deur Sy almagtige wil in ons alles so reël, moet ons Hom daarvoor dankbaar wees en alles wat Hy sê en doen des te ernstiger en dieper in onsself oorweeg, en goed daaroor nadink hoe ons Sy woord volledig in praktyk kan bring. Maar dat Zinka so `n groot gees is - hy was en is tog slegs `n opperdienaar van Herodus! - is vir my `n raaisel! Waar het hy dan sy meerdere wysheid opgedoen en hom die talle ervaringe eie gemaak?"

[11] Risa sê: "Dit sou ek nie weet nie, maar so `n hoë meester soos Herodus sou sy dienaar sekerlik deur en deur getoets het alvorens hy hom tot eerste en hoogste van sy dienaars benoem het. Bowendien was Zinka volgens eie getuienis `n spesiale vriend van die profeet Johannes en het hy beslis baie van hom gehoor wat ook van groot lewensbelang is, en daarom is dit nie so verbasend dat hy wyser is as één van ons nie. Hy sal egter oor nog iets `n toespraak hou, waaroor ek baie benoud is. - Maar nou lyk dit of die Heer iets te wil sê, laat ons daarom stil wees, want uit ons gepraat kom tog nie so veel verstandig te voorskyn nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205