|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 28
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Cyrenius herken sy dogters
28 Cyrenius sê: "Bietjie geduld, beste kinders en dogters! - Jy heet Gamiëla, en hoe heet jou jonger suster dan?"
[2] Die Jongere sê: "Ek heet Ida, want so noem die mense my altyd."
[3] Toe omhels Cyrenius My en sê: "Heer, hoe kan ek U dank? O God, o Vader! Op hierdie wyse het U my nou my twee eie dogters teruggegee wat sewentien jaar gelede so brutaal van my gesteel is! Hoe dit moontlik was terwyl my huis so goed bewaak was, is vir my nog steeds `n raaisel!
[4] Ek stuur dadelik verkenners in alle rigtings uit om na die verdwene meisies te soek en navraag te doen na hulle, en `n moedige hoofman sê: '"Selfs as Pluto hulle sou geroof het, bring ek hulle na u toe terug! As hulle egter deur die see of `n vraatsugtige roofdier verswelg is, sal alle moeite vergeefs wees!' Hy het gegaan en hom drie jaar tevergeefs afgesloof.
[5] Ek het ook ondersoekers na U, o Heer, na Nasaret, gestuur. Hulle het U wel vrae gestel, maar het met die jobstyding huis toe gekom dat daar niks meer van U te verwagte is nie. U was weliswaar `n rustige, maar origens baie verleë jong seun van dertien of veertien jaar, en daar was geen sprake daarvan dat u iets sou voorspel nie!
[6] U eie ouers het baie treurig oor U gepraat en gesê dat elke spoor van wysheid heeltemal vervlieg het in U twaalfde jaar en dat U nou wat verstand en insig aanbetref agter staan by elke baie gewone jong seun. Ter wille van my moes hulle toe nog by U daarop aangedring het om vir hierdie een maal nog vir my bodes `n voorspelling te doen, maar U het bly swyg. Ten slotte het U selfs gesê dat U nie in die wêreld gekom het om voorspellings te maak nie, maar om te werk net soos enige ander mens!
[7] Toe die mense U gevra het of U Uself nie herinner het aan wat U alles vanaf die wieg tot en met U twaalfde jaar gedoen het nie, sê U dat dit wat daar was nou verdwyn het! En toe die mense U vra waarom, het U niks meer gesê nie, U het die kamer verlaat en na buite gegaan- en my afgesante het onverrigter sake huistoe gekom!
[8] En so was al my soeke destyds tevergeefs. Sewe volle jare het ek oor my twee allerliefste dogtertjies getreur - en kyk, hier is hulle! U het hulle toentertyd vir my onthou, om hulle nou dubbel so wonderbaarlik aan my terug te gee! Ja, Heer, hoe moet ek U nou eintlik daarvoor bedank?"
[9] Ek sê: "Dit het jy al gedoen deurdat jy almal wat hier versamel is, opgeneem het en gesorg het vir hulle huisvesting en vir `n toekomstige, beter bestemming as wat hulle tot op hede gehad het! Kortom, - jy, My beste vriend Cyrenius, het al soveel vir My gedoen, dat Ek jou op hierdie aarde nie onbeloon sal laat nie! Eens in My ryk in die hemel sal jy egter nog `n groter loon daarvoor kry!
[10] Maar omdat jy nou jou dogters weer volkome gesond terug het, dink dan daaraan, aan wie Ek hulle as bruide beloof het! Beide die manne is weliswaar nie van koninklike afkoms nie, maar in `n sekere sin is hulle nou My seuns, - en dit moet tog ook voldoende vir jou wees!"
[11] Cyrenius sê: "Heer, U wil is vir my `n baie welkome gebod, en ek sal vir beide my skoonseuns wel middele en weë vind waardeur hulle so `n plek sal kry dat hulle vir die arm mense sowel geestelik as liggaamlik soveel moontlik van nut kan wees!
[12] Maar, liefste dogters, kom nou na my toe en laat ek julle aan my hart druk, want ek is nou tog een van die gelukkigste vaders op die hele aarde! Hoe gelukkig sal julle moeder tog nie wees om julle weer terug te hê nie, want sy was ontroosbaar oor julle! As sy julle ook nog sou kon sien, sal haar geluk nog groter gewees het, maar sy is by al haar lieflikheid nog blind. As blinde het sy my vrou geword, kry `n tyd lank weer die lig in haar oë terug, maar het tog later weer blind geword! Maar sy het so `n ontwikkelde gevoel, dat ek daaroor kan wed dat sy julle dadelik sal herken! O, hoe is ek nou eindeloos gelukkig! Kom hier, arme kinders, ek sal julle soveel ek kan weer gelukkig maak!
[13] As ek nou daaraan dink hoe ons julle op see gevind het, drywend met die hare aanmekaar vasgebind! As ek toe ook maar in die verste verte kon gedink het dat julle my dogters was, hoe sou die gesig my tog nie ontsettend ongelukkig gemaak het nie! Nou eers, noudat julle weer lewe, het die Heer my aan julle voorgestel om my so gelukkig moontlik te maak! En nou is ek gelukkig en daarvoor, o Heer, alle lof en al my liefde aan U!"
|
|
|
|
|