Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die liggewende klip van die Nylfontein

89 Toe ons almal geleidelik by die berg, wat reeds aan ons bekend was, aankom en ons plekke inneem, kom die oue Markus met sy vrou en sy kinders na My toe en smeek My of Ek tog nie ook nog die volgende dag by hom wou bly nie, omdat dit hom te veel aan sy hart sou raak as Ek hom reeds voor sonsopgang sou verlaat.

[2] Ek sê: "Bekommer jou nie daaroor nie! Ek kan gaan wanneer Ek wil, die tyd dwing My nie, want Ek is ook Heer van die tyd en van alle tye! Vir My sal die tyd nooit bo die kop uitgroei nie. Daar is egter nog baie plekke wat Ek moet besoek en sal besoek; maar daar waar Ek `n ware, lewende liefde gevind het, bepaal Ek My nie so presies by die dag en op `n uur nie."

[3] Markus sê met trane in sy oë: "O Heer en Vader, Ewige dank aan U vir hierdie oorgrote barmhartigheid! Laat U wil, wat alleengewyd is, geskied! Maar, Heer, die nag is baie donker omdat die hemel swaar bewolk is, moet ek dalk fakkels hier na boontoe laat bring?"

[4] Ek sê: "Dit hoef nie, ons sal wel vir onsself lig besorg!"

[5] Daarop roep Ek vir RafaEl en sê vir hom: "In die middel van Afrika, daar waar die hoë Komrahaiberge staan en die belangrikste fontein van die Nyl uit `n rots ontspring, sal jy op tien manshoogte onder die los klippe `n klip die grootte van `n mensekop kry. Bring dit hier na My toe, dit sal hierdie nag voldoende vir ons verlig! Maar as jy dit hierheen gebring het, lê dit dan neer op die kaal boomstam, sodat sy lig ver sal skyn en die omgewing verlig! Dat Ek nou egter met jou gepraat het soos met `n mens, gebeur slegs ter wille van die mense, sodat hulle sal weet wat daar moet gebeur en My mag erken deur jou uitvoering van My wil."

[6] Daarop verdwyn RafaEl, maar is egter dadelik, soos `n vlieënde, ligtende meteoor weer by ons terug met die klip wat straal soos `n son.

[7] Nog voor RafaEl egter die klip op die aangeduide hol en kaal boomstam kan lê, vra verskeie om die klip van naderby te mag sien.

[8] Maar toe RafaEl dit baie naby bring, is sy lig so sterk dat niemand dit kan bekyk nie. Dit gee haas net soveel lig soos die son op aarde tydens `n baie kort winterdag, dit wil sê die indruk wat dit maak op die menslike, liggaamlike oë. Daar bly vir RafaEl dus niks anders oor as om die ligklip dadelik op die plek van bestemming neer te lê nie. Vanaf dié plek verlig sy intense lig die omgewing so sterk dat `n mens tot in die verre omtrek alles nog baie goed kon waarneem.

[9] Dat sowel Zinka met sy mense, en heel in die besonder Zorel, van pure verbasing nouliks durf asemhaal, was maklik te verstaan. Zorel span hom in om iets heel verstandig daaroor te sê. Hy kan egter geen woord uitkry nie omdat, volgens sy begrip, wat nog baie matematies stereotiep was, was die verskynsel van die vinnige haal van die klip en die geweldige lig daarvan, logiese onmoontlikhede, waarteenoor sy ervaringe en sy kennis magteloos gestaan het. Meerdere male was hy met sy slavinne na Egipte en eenmaal was hy `n paar dagreise verby die watervalle gewees. Die afstand na die Agter-Egiptiese gebiede was aan hom daarom nie heeltemal onbekend nie, omdat hy met goeie kamele vir die reis tot aan die watervalle altyd vyf tot ses weke nodig gehad het.

[10] Volgens sy berekening sou `n orkaan hierdie afstand in drie dae en `n pyl hierdie reis in `n halwe dag kon aflê. - Watter snelheid moes die jongeling dan gehad het om `n seker driemaal so `n lang afstand in `n paar oomblikke af te lê?! As die jongeling `n gees is - hoe kon hy dan iets stoflik dra, en hoe was dit moontlik om materie, selfs van die hardste soort, te beskerm teen die vernietigende weerstand van die lug?! Volgens die natuurwette kan dit nie! Daarna kom dan die lig, wat glad geen warmte gee nie en waarvan die intensiteit na sonlig lyk, maar daarby bestaan dít ook nie! Dit is nog nooit deur iemand ontdek nie, behalwe by verrottende hout, waarvan die lig egter eintlik maar so `n dowwe skynsel is dat dit in die nag, ook by die grootste intensiteit, maar skaars die lig van `n gloeiwurmpie ewenaar!

[11] `n Tyd lank gaan dié gedagtes deur die kop van Zorel en vervolgens sê hy vir Cornelius en Zinka: "Dit is na my mening tog gewis `n egte wonder, want so iets het tot op hede nog nooit op aarde plaasgevind nie! Watse soort klip kan dit tog wees? Vanaf die begin van tye tot op hede is so `n klip nog nooit ontdek nie! Hoeveel waarde sou so `n klip vir `n keiser of `n koning hê, vooropgestel dat die lig daarvan mettertyd nie minder sal word nie! Want langs die uitgestrekte kuste van Afrika tot baie ver agter die Hercules-suile, tot in die streke waar die uitlopers van die hoë Atlasgebergte die Atlantiese oseaan begroet, sien `n mens in die na-somer ewe-eens hier en daar wit en in die nag op bepaalde ure baie sterk liggewende klippe; maar hulle gee nie lank lig nie en as `n mens so `n klip in `n droë vertrek laat inbring, hou die liggewing weldra op en daardeur het die klip geen waarde meer nie. Maar met hierdie klip skyn egter iets heel merkwaardig aan die gang te wees! Dit sal sy lig beslis nooit verloor nie, en moet daarom onnoemlik baie waarde hê!"

[12] Cornelius sê: "Nie slegs vanweë die lig nie, maar veeleer vanweë die Een wat dit hierheen laat kom het! Maar laat ons nou daaroor ophou! Môre sal ons dit in die daglig wel makliker kan bekyk en beoordeel as nou; want dan sal ons oë deur die sonlig minder gevoelig wees as juis vandag, dit wil sê nou in hierdie donker nag, waarin die wolke daar uitsien asof hulle `n behoorlike landreën voorspel. Laat ons nou egter stil wees, want die Heer sal `n aanvang maak met wat Hy ons benede aan tafel beloof het!"

[13] Daarmee neem Zorel genoeë en hy is nou ene oë en ore.

[14] Maar toe kom Ouran na My toe en sê: "Heer, wat sal daar môre met die klip gebeur, en sal dit nog steeds bly liggee?"

[15] Ek sê: "Met hierdie vraag het jy eintlik die wens te kenne gegee dat jy dit vir jou kroon sou wou besit! Maar dit gaan nie wees nie; want vanweë die besit van hierdie klip sou daar groot en rampsalige oorloë kon uitbreek. Daarom sal My engel dit môre weer op die plek terugsit waar hy dit vandaan gehaal het, en dit maak dan aan alle stryd vir goed `n einde."

[16] Met hierdie antwoord is Ouran ten volle tevrede gestel en hy gaan weer na sy plek terug.

[17] Maar Cyrenius sê tog: "Heer! As geskenk aan die keiser sou hierdie ligklip beslis `n oorweldigende indruk maak."

[18] Ek sê: "Dit ongetwyfeld, maar dit sou uiteindelik vanweë sy te groot waarde ook daar sy lig leen vir oorloë, en dit sou baie erg wees! Enkele korreltjies daarvan kan jy wel kry - maar die hele klip verseker nie!"

[19] Cyrenius sê: "Maar hoe en op welke wyse besit hierdie klip dan hierdie liggewende krag? Hoe heet hy eintlik?"

[20] Ek sê: "Hierdie klip hoort eintlik nie op hierdie aarde nie, maar hoort slegs in die groot sonnewêreld tuis. Wel, in die groot sonnewêreld vind van tyd tot tyd reusagtige uitbarstings plaas, met `n krag wat vir julle begrip onmeetlik is, waardeur sulke klippe dikwels met baie groot krag in die wye skeppingsruimte na buite geslinger word. En hierdie is so een!

[21] Hulle liguitstraling word slegs veroorsaak deur hulle oppervlak, wat volgens jou begrip onverstaanbaar glad is en waarop daar voortdurend `n hoeveelheid statiese elektrisiteit versamel, wat die geeste wat in die ontsettende harde materie vasgehou word, altyd weer opnuut aktiveer. Bowendien is hierdie klip uitermate deursigtig, waardeur baie maklik elke, ook die mees inwendige aktiwiteit van die geeste, as uiterlik sigbare lig na buite straal en natuurlik deur die luggeeste wat vinnig oor die baie gladde oppervlak van die bol verbygly en wat aan die buitekant werksaam is, in hoë mate versterk word.

[22] Hierdie klippe word egter in die son nie as sodanig in die natuur aangetref nie, maar hulle word voorberei deur die vaardigheid en die hande van die mense wat daar woon. Hulle word merendeels reeds in `n ronde vorm gevind in die omgewing van groot waters en hulle ontstaan altyd met uitbarstings. Elemente van minerale wat onder groot hitte gesmelt word, word daarmee tot ver in die ruimte wat met eter gevul is, na buite gedryf, waar hulle in die vrye ruimte altyd die ronde druppelvorm aanneem volgens die wet van middelpuntsoekende krag, wat vir alle materie geld.

[23] Die terugval van sulke bolle, wat van baie verskillende groottes kan wees, duur dikwels dae, weke, maande en by grotes dikwels talle jare, na gelang hulle meer of minder ver van die son af na buite geslinger is. Wel, sommiges val op die berge en rotse van die son en slaan hulleself te pletter, maar talle val daar in die groot waters, bly onbeskadig en word maklik deur die mense van die sonnewêreld opgevis. Want die sonmense kan heel maklik dikwels ure lank onder water bly en op die bodem van die see werk soos op droë grond, en dit des te makliker omdat hulle, behalwe dié haas amfibie-agtige eienskap, nog besonder doelmatige duikinstrumente besit.

[24] As `n groot sonhuis voldoende van dié bolle versamel het, word dit, hoewel dit vanself reeds `n uiters gladde oppervlak het, met kunssinnige toewyding nog gladder gemaak en gepoleer, en wel solank totdat hulle tydens die polering lig begin te gee. As die gepoleerdes eenmaal daardie punt bereik het, word hulle in die talryk voorkomende onderaardse, katakombe-agtige, lang gange, waardeur altyd `n sterk lugstroming gaan, as ligbolle op suile wat spesiaal daarvoor vervaardigde is, gelê. Hulle verlig op dié wyse die onderaardse gange meer as voldoende en dien tewens as besondere versiering, wat in die sonwêreld spesiale aandag het; want daar is, veral van binne, die gewoonste woonhuis dikwels baie mooier verfraai en versier as die tempel van Salomo in Jerusalem. Dit is dus goed te verstane dat die sonmense, veral dié van die middelgordel, ook alles wat moontlik is vir die versiering van hulle onderaardse gange sal doen.

[25] Ons is egter nie hier byeen om `n geografiese beskrywing van die groot sonnewêreld te gee nie, maar om julle geloof en wil te versterk. Om dít te bereik, is heelwat anders nodig as nog so `n presiese en uitgebreide geografiese beskrywing van die groot sonwêreld!"

[26] Cyrenius vra: "Heer! As hierdie ligbol egter nog baie harder is as `n diamant, hoe kan `n mens dan die paar korreltjies daarvan afhaal wat ek so graag as aandenking van hierdie aand sou wou hê?!"

[27] Ek sê: "Dikwels dink jy ook nog baie aards! Daar, waar hierdie ligbol vandaan kom, is daar nog heelwat; of dit nou in Afrika is of in die son self - vir My engel is dit orals ewe ver. Natuurlik sal geen sterfling ook maar `n paar korreltjies van hierdie ligbol kon afhaal sonder om dit te beskadig nie, en as hy die koeël sou wou stukkend slaan, sou die stukke die ligtende eienskap ook dadelik verloor; maar die klein bolletjies sal die ligtende eienskap blywend behou. - Maar nou in alle erns genoeg hieroor!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205