Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Kritiek op die Romeinse Strafreg

131 (Mathaël:) "Ons het self as bure`n persoon wat deur en deur `n Sadduseër was en sy gesin gehad, wat weliswaar as mens heel fatsoenlik, goed en verdraagsaam was, maar waarmee oor God en die onsterflikheid van die siel nooit te praat was nie. Hy vind diegene wat daaraan glo almal uiters bekrompe mense en oor my sê hy dat ek duidelik aanleg het om digter te word omdat ek so `n lewendige fantasie en verbeelding het. Kort en klaar, by tye hou my vader lang gesprekke met hom, maar dit was geheel en al tevergeefs.

[2] Nou vra my vader hom of hy wil saamgaan na Gólgotha. Maar hy sê: 'Vir geen goud ter wêreld nie! Ek kan geen diere sien doodgaan of selfs maar sien geslag word nie, Iaat staan mense, ook al sou hulle nog meer gruweldade begaan het as hierdie sewe! As daar verskeurende diere in ons buurt kom, goed, laat mens dan op hulle jagmaak om hulle onskadelik te stel, dan het mens die mensdom daardeur `n goeie diens bewys! Laat dit ook doen met mense wat vir `n vredeliewende, menslike samelewing absoluut nie meer deug nie! Laat mens hulle eenvoudig doodmaak - maar laat hulle nie martel nie, want hulle kon daar beslis die minste aan doen dat hulle verskeurende diere geword het! Natuur, temperament, sameloop van omstandighede, en opvoeding is altyd die oorsake van sulke ontaardings.

[3] As mens egter sê dat mens dit slegs maar doen vanweë die afskrikwekkende voorbeeld, dan moet ek baie hard daaroor lag, want ons as vreedsame en goed opgevoede mense het geen afskrikwekkende voorbeeld nodig nie en diegene vir wie dit dalk goed sou wees, sal nie so dwaas wees om gemoedelik na die sewe afskrikwekkende voorbeelde te kom kyk nie!

[4] Maar hierdie voorbeelde sal seker die prysenswaardige gevolg hê dat die ander misdadigers wat nog lank nie gevang is nie, - miskien `n duisend - in die vervolg met hulle wat in hul hande sal beland, nog baie wreder sal handel as tot nou toe! Veral `n Romein wat, wat goed moontlik is, die geluk het om in die hande te val van die nog vry rondlopende misdadigers, kan homself nie gelukkig ag nie! Helaas, vir alle skatte in die wêreld sou ek nie plek met hom wou ruil nie! Dit is die enigste voordeel wat die hantering van sulke al te krygshaftige wette kan oplewer!

[5] Wie herinner hulle nie aan die tye van vóór die Romeine nie?! Die wette was weliswaar altyd ernstig - maar hulle was ten minste verstandig en mens het nooit iets oor erge gruweldade gehoor nie. Maar nou het die wyse heidene, hierdie hoogdrawende wêreldverbeteraars en veroweraars van stad en land, ons geseën met die strengste staatkundige en krygshaftige wette, en ondanks die tienvoudig versterkte Romeinse bewaking word op die strate van ons beloofde land gruwels begaan wat `n fatsoenlike mens nie kan aanhoor sonder om daarby skielik in tien floutes te val nie! Gaan julle daarom maar alleen en aanskou die sewevoudige voorbeeld van ware Romeinse wreedheid, wat binnekort `n sewevoudige wreedheid van die ander kant tot gevolg sal hê!

[6] Die mens moet mens wees omdat die ewige natuur hom tot mens bo hom verhef het! As die mens egter met al sy verstand wat so hoog geprys word, ten slotte nog `n baie erger en wreder dier word as die verskeurendste diere uit die woude, dan is dit finaal verby met die mens en dan word dit hoog tyd dat ons na die wilde en verskeurende diere in die woude gaan om van hulle natuurlike menslikheid te leer! Gaan dus maar na Gólgotha, na hierdie mees vervloekte plek van die hele aarde, wat deurdrenk is van die bloed van mense, soos wat `n slagtery van die bloed van beeste, lammers en bokke is! Wat julle daar sal leer, sal regtig nie hoogstaande wees nie!

[7] Julle erken `n God en glo in die onsterflikheid van die siel en kon tog met onbeswaarde gemoed toekyk hoe geestelik misvormde en ver afgedwaalde mense deur nog groter woestaards op onbeskryflik pynlike wyse die hele dag tot sterwens toe gepynig word! Glo my, hierdie sewe sou sonder die Romeinse strengheid nooit so erg geword het nie as wat hulle kennelik, om die rillings van te kry, was! Maar wie het hulle sover gebring? Hulle, wat daar nou die hele dag deur baie plesier in skep om hulle te martel!

[8] En kon julle as heilige en godvrugtige Judeërs ook toekyk hoe die ergste sondaars die mindere sondaars pynig en martel?! Julle is vir my ook mooie mense en bure! Helaas, in my donkiestal sien dit daar baie humaner en mensliker uit as in julle godvrugtige huis! Verstaan?' - Daarmee verwyder hy hom en ons gaan ook op ons weg."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205