Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die suiwering van die slapende siel

49 Toe begin Zorel in sy slaap te sug en sommige meen dat hy nou sal ontwaak.

[2] Maar Ek sê vir hulle almal: "O sekerlik nie! Dit was nog maar die eerste stadium van sy slaap. Hy sal nog langer as `n uur slaap en binnekort weer in `n ander en hoër stadium van sy sielelewe begin te praat. Hierdie stadium bestaan uit die loswikkel van die siel van haar liggaamlike en op die wêreld gerigte, sinlike hartstogte, wat hy moet sien as egte siektes aan die liggaamlike vorm van sy siel, wat hom met diepe afsku moet vervul. Vir sulke siektes van die siel is daar geen ander medisyne nie as eerstens die herkenning daarvan, vervolgens die kry van die grootste afsku daarvoor, en uiteindelik die onwrikbare wil om so vinnig moontlik heeltemal daarvan af te kom. As dié wil eenmaal daar is, maak die genesing maklik vordering.

[3] Let nou op, hy begin dadelik weer te praat! Vriend Zinka, as hy jou weer vir iets vra, antwoord hom dan maar net in gedagtes, en hy sal jou hoor en duidelik verstaan!"

[4] Nog maar skaars het Ek Zinka hierdie aanwysing gegee of Zorel begin te praat en sê: "Kyk, ek huil oor my groot ellende! Uit dié trane ontstaan `n vywer soos Siloam in Jerusalem, en ek baai my nou in hierdie vywer en kyk, die water van hierdie vywer genees die talle wonde, swere en buile op die liggaam van my siel! O, o, dit is `n egte genesende bad! Die littekens sien ek nou nog wel, maar die wonde, buile en swere het verdwyn van die liggaam van my o so arme siel. Maar hoe was dit moontlik dat daar uit my trane kennelik `n hele vywer gevorm het?

[5] Rondom die vywer lê `n heerlike landskap, dit is die gebied van troos en lieflike hoop. My gevoel sê ook vir my dat ek op `n algehele genesing mag hoop. - O, hoe lieflik is hierdie streek, ek sou altyd daar wou bly! Die water in my vywer is nou baie helder, terwyl dit eers troebel was, en hoe helderder dit word, des te heilsamer werk dit op my in!

[6] Ag, maar nou merk ek ook dat daar iets in my wakker word wat na `n sterke wil lyk, en agter dié sterk wil merk ek iets soos woorde wat in my opborrel en wat luid roep: ‘Ek wil, ek moet - ek moet omdat ek wil! Wie kan dit, wat ek wil, in my teëhou? Ek is vry om te wil. Ek mag nie wil wat ek behoort te wil nie, maar ek wil wat ek sélf wil! Wat waar en goed is, dit wil ek, omdat ek dit sélf wil en niemand kan my daartoe dwing nie!

[7] Ek herken nou die Waarheid. Sy is `n Lig van God uit die hemel! Ons gode is almal skimme, niks, heeltemal niks is hulle. Wie in hulle glo, is meer as `n egte dwaas, want `n egte dwaas glo nooit aan sulke waardelose gode nie. Ek sien die gode nêrens nie, maar ek sien die goddelike Lig en hoor die goddelike Woord. Maar God Self kan ek nie sien nie, want Hy is te heilig vir my.

[8] Maar nou het die water van my vywer rondom my al `n meer geword! Die meer is nie diep nie, die water staan my slegs tot aan die lendene. En dit is helder, onvoorstelbaar helder, maar daar is nog geen vissies in nie! Ja, daar sal ook nooit vissies in kom nie, want die vissies het hulle ontstaan deur God se asem en dit is `n volstreke almagtige asem! Ek is slegs `n baie swak mensesiel uit wie se asem geen vissies van God ontstaan nie.

[9] O, baie is daarvoor nodig, daarvoor moet mens baie almagtig wees as `n mens met sy asem vissies wil skep! O, `n mens kan dit nooit doen nie, want `n mens is veels te swak daarvoor! Heeltemal onmoontlik sou dit nou nie juis vir die mens wees nie, maar dan sou hy vol goddelike wil en goddelike gees moet wees! Vir `n egte mens is dit weliswaar nie onmoontlik nie, maar ek is nie `n egte mens nie en daarom is dit vir my tog heeltemal onmoontlik!

[10] Maar die water is suiwer en op die bodem is ook rein, louter mooi gras. Dit is tog regtig wonderlik: ‘Onder die water sulke mooi sappige gras! En kyk, die gras groei sienderoë en begin die mooi water te verdring! Ja, ja, die hoop word sterker as die kennis en die vrees wat haar begelei!’

[11] Aha, aha, nou sien ek `n mens aan die taamlik ver verwyderde oewer. Hy wink vir my! Ja, ek sou gewis na hom toe wou gaan, maar ek weet nie hoe diep die meer orals is nie! Gestel dat daar baie diep plekke is, dan sou ek daarin verdwyn en verlore wees!

[12] Maar daar klink `n stem uit die water: ‘Ek is orals ewe diep! Jy kan sonder angs of vrees deur my heen waad. Gaan na hom wat jou roep, wat jou sal lei en oordeel!' Dit is tog merkwaardig, hier praat selfs die water en die gras! Nee, dit het nog nooit gebeur nie!

[13] Ek gaan nou na die vriend aan die oewer. `n Vriend moet hy tog wel wees, anders sou hy my nie gewink het om te kom nie. Zinka, jy is dit nie - dit is `n ander een! Jou sien ek nou ook agter hom, maar jy is lank nie so vriendelik soos hy nie! Wie kan dit tog wees? Maar ek skaam my baie vir hom, want ek is heeltemal naak. My liggaam sien daar nou weliswaar al baie goed uit, ek ontdek daar byna geen spore van siekte meer aan nie. O, had ek maar `n hemp gehad! Maar ek is so naak soos iemand in die bad. Maar ek moet tog daarheen, sy wink het `n geweldige aantrekkingskrag vir my! Nou gaan ek - kyk eers, dit gaan baie goed!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205