Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Cyrenius se twyfel oor die aardse orde van sielsontwikkeling

160 Cyrenius sê: "Heer, U enig Wyse en Regverdige, hierdie geskiedenis is vir my nou volkome duidelik, want ek sien in die ontstaan en die ontwikkeling van die natuur hierdie van U uitgaande waarlik goddelike kunswerk, ek sien U ewige orde, en sien ook dat binne so `n orde vir U alleen alle dinge moontlik is. Maar by dit alles bly één ding vir my regtig bietjie duister, en ek kan nadink soos ek wil, dit wil vir my tog nie helderder en duideliker word nie.

[2] Ek begryp naamlik nog steeds nie waarom ons menslike siel, vóór sy oorgaan in die volledige, intelligente, menslike vorm, heeltemal verdeel in duisend maal duisend plante, ja selfs in minerale, en in meer as die dubbele aantal diere moet bestaan nie. Sy moet dus vóór sy `n volmaakte mensesiel word, eers uit die gesteente - en wie weet waaruit nog meer - deur weerlig in `n sekere sin na buite gebrand en deur reën vervolgens na buite gedryf word! Daarna gaan hierdie s ie l s v e r h u i s i n g s- en sielsversamelingsgeskiedenis baie traag en langsaam deur die hele plante- en dierewêreld heen, en ten slotte val die aankomende, sterk mensesiel nog die eer te beurt om in minstens twintig osse gedood en geslag te word, en ook nog in, sê maar, honderd skape, kalwers en donkies. Dit noem ons Romeine `n harde leer!

[3] Is God dan nie in staat om dadelik `n volmaakte mensesiel te skep en dit dan met vlees en bloed te beklee nie? Waarom moet dit so stadig gaan? Kyk eers na RafaEl! Wat kom hy nog kort vir `n volmaakte lewe Ons, saamgeraapte siele, wat stel ons voor vergeleke met hom. Het hy in sy pinkie nie meer mag en wysheid as ons in ons hele liggaam wat uit legioene saamgestel is nie? Ek sou die ondergang van duisend legioene van die meeste beproefde krygers nie graag wou sien nie; in `n oogwink sou hy hulle almal tot stof vermorsel! Dit noem ek eers `n bekroning van die lewe! As U aan hom hierdie mag kon gee, waarom dan nie aan `n mensesiel nie. Of het sy gees ook as siel eers so `n verskriklike tog moes maak, deur wie weet hoe ontelbaar vele fases? Daar, o Heer, bevind ek my in die duister! Gee ook daar die regte lig, dan sal ek U sekerlik nie verder met so `n dom vraag lastig val nie!

[4] In Moses staan byvoorbeeld: ‘En JaHWeH God maak die mens uit `n klomp aarde, en Hy blaas die lewende asem in sy neus. En so word die mens `n lewende siel.’ As mens letterlik sou mag aanneem wat daar staan, sou U as God volgens hierdie weliswaar baie duistere woorde die mens tog wel `n reeds volmaakte siel deur die neusgate ingeblaas het, en die hele mens sou dan na U gelykenis `n volmaakte siel geword het. Maar die een is al net so onverstaanbaar as die ander. Daarom vra ek U namens ons almal, ook al is dit maar heel beskeie, om enige opheldering te gee!"

[5] Ek sê: "Ja, beste vriend Cyrenius, as jou geheue jou af en toe reeds op bepaalde punte in die steek begin laat, kan Ek niks daaraan doen nie; want wat jy nou sou wou weet, het Ek julle lankal heel uitvoerig uitgelê! Jy het dit maar net vergeet; Ek sal jou geheue bietjie verfris, dan sal alles vir jou wel duidelik word!"

[6] Cyrenius sê: "Ja, ja Heer, U het altyd gelyk! Ek weet dit nou alweer; op hierdie berg en in hierdie nag is alles aan ons haarfyn uitgelê toe ons almal deur die magiese lig van die ligbol die wording van alles en selfs die uitstroming van U gedagtes en idees, hul oneindige verskeidenheid, en selfs ons hoogs eie gedagtes in die vorm van vurige tonge en tongetjies voor ons gesien sweef het! Ja, ja, dit alles het ons nie slegs reeds gehoor nie, maar ook duidelik gesien!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205