Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 215

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die uitstralende sfere van mens en son

215 (Die Heer:) "Die, sê maar, eerste mensepaar kon onmoontlik anders deur My op hierdie aarde geplaas geword het as heeltemal ooreenkomstig die korrekte lewensorde. Die gemoedslewe moes heeltemal ontwikkel het en in hierdie wêreld opgetree het om nie gou ten prooi te val van duisend maal duisend ander skepsels en elemente wat vyandig was nie.

[2] Die eintlike ooreenkoms met My oergoddelike Self was in die eerste mensepaar reeds volmaak aanwesig en kon dus die volledige heerskappy oor alle skepsels op die doeltreffendste wyse uitoefen. Hoe het dit egter plaasgevind? Luister!

[3] Die siel wat in die gemoed volmaak is, is persoonlik weliswaar ook in die volmaakte mensevorm in die liggaam aanwesig, maar haar sensitiwiteit voel en wil straal, net soos die ligstrale van die son, na alle denkbare kante ver en vol werksaamheid na buite toe. Hoe nader aan die siel, des te intensiewer en meer werksaam is die voortdurende stroom van die dink, voel en wil ook.

[4] Die sfeer van die uitstralende lig van die son, waarin hierdie aarde, die maan, en nog `n groot aantal veelsoortige, ander hemelliggame hulle bevind, is in `n sekere sin die uitstralende lewensfeer van die son, waardeur alles wat hulle binne haar bereik bevind, gewek word tot `n bepaalde natuurlike lewe. Alles moet hulle meer of minder skik volgens die orde van die son, en sy is dan wetgewer en heerser oor alle ander hemelliggame wat hulle, waar dan ook, binne die bereik van haar uitstralende lig bevind.

[5] Natuurlik kan `n mens nie van die son beweer dat sy dink en wil nie; maar haar lig is tog `n baie groot gedagte, en die warmte van die lig `n baie vaste wil, - wat egter nie van die son nie, maar van My af uitgaan, en werksaam is deur die organiese wese van die sonliggaam.

[6] Hoe nader `n hemelliggaam aan die son staan, des te meer moet sy ook bemerk dat die lewewekkende krag van die uitstralende lewensfeer van die son daarop sal inwerk en bepaal, en haarself moet skik volgens alles wat die lig en die warmte van die son in en op die hemelliggaam wil verwesentlik.

[7] Soos wat die son egter alleen deur middel van haar uitstralende lewensfeer `n wonderbaarlike uitwerking het, so gebeur dit ook by `n onbedorwe en, in haar oorspronklike aard, volmaakte siel, wat vol lewe is en dus vol is van liefde, geloof en `n vaste wil!

[8] So `n siel bestaan heeltemal uit lig en warmte en straal ver na alle kante toe uit, en hierdie uitstraling vorm dan voortdurend sy kragtige, uitstralende lewensfeer. Soos wat dit egter in die uitstralende lewensfeer van die son, wat My wil is, orals wonderbaarlik tot uitdrukking kom, en geen mag haar kan weerstaan nie, daarom kom die wil van `n volmaakte, onbedorwe siel, wat - omdat sy haar in My orde bevind – wat ook My wil is, op wonderbare wyse tot uitdrukking.

[9] Wanneer die son egter heeltemal ontwrig sou word omdat Ek dit toegelaat het en haar baie kunstig en buitengewoon wys geskape organisme en meganisme verwoes sou word, en haar groot natuursiel van die natuursiele ten slotte heeltemal beangs en bekommerd maar net besig sou wees met die ordening van haar liggaamsorganisme wat in klein stukke uiteengeruk is, of in die ongunstigste geval dit selfs sou verlaat en die groot brokstukke sou oorlaat aan hulle eie ontbinding, hoe sou dit dan met hierdie alles tot lewe wekkende, uitstralende lewensfeer daar uitsien? Dadelik sou die grootste wanorde in sy planetegebied ingetree het; alle plantegroei en al die liggaamlike lewe sou baie vinnig opgehou het om te bestaan!

[10] Ook al sou die mense hulleself nog `n tyd lank met voorrade van allerlei aard verder kon help om die ewige nag `n tyd lank te verlig met fakkels en lampe, en die vertrekke te verwarm met die voorraad hout uit die aardse woude, dan sou die mense van hierdie aarde, met die grootste voorraad, hulleself in die gunstigste geval hoogstens tien jaar baie kommervol aan die lewe kon hou. Maar na afloop van hierdie tydperk sou dit dan wel gedaan wees met die lewe van alle plantegroei en alle skepsels op aarde. Geen plant sou meer groei en lewende saad voortbring nie; die diere sou geen voedsel meer vind nie en sou van honger moet sterwe en deur die groot koue verstyf; die aarde self sou buite haar baan tree, en dan óf êrens teen `n ander planeet bots, óf na talle duisende jare in die liggebied van een van die ander tallose sonne uitkom. Deur die lig en die warmte daarvan sou sy weer begin ontdooi, en binne `n veranderde orde weer op die een of ander wyse langsaam en geleidelik begin om te lewe, maar sy sou beslis nooit weer haar huidige, baie gelukkige, goed geordende bestaan terugkry nie!

[11] Dit alles sou die uitwerking en die gevolg wees van `n baie groot wanorde in die wese van die son. Sy sou geen meester en wetgewer meer wees vir die talle ander kleiner hemelliggame wat haar omsirkel nie. Hulle sou, soos gesê, weldra self in `n verskriklike wanorde raak, en hulle dadelik afkeer van die son omdat hulle self so `n enorme val gemaak het. Die son sou dit nie kon verhinder nie, omdat sy na buite toe heeltemal geen uitstralende lewenskrag sou hê om die vrygekome swaartekrag van die planete, hetsy teen te hou of ten minste te matig nie.

[12] Dat die een of ander plaaslike aantasting wat slegs aan die groot oppervlakte, dus slegs op die buitenste laag van die son voorkom, en nie so heeltemal eenvoudig vermybaar is nie, en wat maar van korte duur is, ook onmiddellik op die planete `n nadelige invloed sal hê, bewys die meer as een swart vlek wat julle so nou en dan op die op- of die ondergaande son gesien het. Sodra julle so `n vlek sien, ook al is dit maar so groot soos `n stippel, kan julle daarop reken dat die aantasting ook weldra op aarde deur storms en slegte weer haar invloed sal laat geld.

[13] Maar waarom dan? Die son is immers so ver van die aarde af verwyder dat `n gerigte, afgeskiete pyl ongeveer vyftig volle jare nodig sou hê om by die son te kom; watter las kan die lewenskragtige aarde dan hê van iets wat so ver weg op die sonliggaam gebeur?

[14] Ja, dit wat regstreeks op die sonliggaam gebeur, het op die aarde geen enkele uitwerking nie; maar die swart vlek op die son is nie so klein soos wat dit vanaf hierdie aarde lyk nie! Daar het hy in werklikheid `n omvang wat etlike duisende kere groter is as die totale oppervlakte van die aarde. Daardeur ontstaan dan vir die baie gevoelige lewensgeeste van die aarde reeds `n merkbare gemis aan lig en warmte. Hulle word skielik angstig en gaan oor tot `n oormatige aktiwiteit, en huilende storms, wolke, reën, hael en sneeu, soms selfs in die bloedige warm lande van die aarde, is dit die gevolg van so `n geringe wanorde op `n - sê maar - punt van die son. Dit kom deurdat die wanorde op die son haar ook in haar uitstralende lewensfeer, wat haarself nog baie ver verby hierdie aarde in die groot skeppingsruimte uitstrek, laat voel. Dit moet dan op die hemelliggame wat hulle binne die bereik van die uitstralende lewe van die son bevind, in dieselfde mate nadelig inwerk, netsoos wat die ongestoorde lig- en warmte orde van die son andersins, deur haar uitstralende lewensfeer, op die planete wat aan die son behoort, `n weldadige uitwerking het."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205