Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 211

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die mag van die More oor die water

211 Ek sê: "Laat maar nog iets sien van wat julle kan doen, byvoorbeeld wat julle tydens `n gloeiende hitte lugstroming op die water doen en hoe julle visse vang!"

[2] Die aanvoerder gaan so vinnig moontlik weer na die sestig op die water en dra My wens aan hulle oor, en opeens val almal vooroor met hul gesigte op die water en bly `n paar oomblikke so rustig soos droë stukke hout daarop lê. Vinnig daarna word hulle baie onrustig, en begin hulle heeltemal uitgestrek baie vinnig om hul aste te draai.

[3] "Dit doen hulle om steeds alle liggaamsdele goed nat te hou, om nie deur die gloeiende Kamb'sim (“Waarheen vlieg ek”) verbrand en gebraai of veras te word nie; want die Kamb'sim (ook wel Kam beshim = “Waar vlieg ek nou heen?”) is by verre die warmste wind van die woestyne van Nubië en Abessinië. Die Samum (“voor die piek” = die wind om aardpieke te laat smelt) is lank nie so warm soos die Kamb'sim nie. Nog minder warm is die Giroukou (die oor die weivelde heen waaiende suidoostewind), wat reeds in die baie gryse outyd in Memphis so genoem is, omdat hy oor die weivelde Giri kom, wat, vanuit hierdie stad gesien, in die rigting lê. Maar beide winde, die Kamb'sim nie ingereken nie, was so warm dat die mense hulle daarvoor in die vogtige gate teruggetrek het.

[4] Wat hulle nou op die water doen, doen hulle slegs as die Kamb'sim waai; en eers as hy lank aangehou en in krag toegeneem het, begin hulle onderwater te duik, soos wat hulle dit nou doen. Maar hulle kan nooit te lank onder water bly nie, omdat hul kragtige innerlike en uiterlike lewensfeer die soortlike gewig van hul liggaam ligter maak as die van die water.

[5] Maar nou sit hulle op die water en sal ons in hierdie houding laat sien hoe hulle visvang! Kyk, deur hul groot wilskrag trek hulle die vis uit die wye omtrek na hulle toe aan! Met die hand gryp hulle die visse uit die water uit en lê hulle volgens behoefte op hul oopgevoude skorte, wat hulle altyd om hul lendene dra, en in `n sittende houding vaar hulle gou na die oewer toe daarmee. Hul seile en hul roeispane bestaan slegs uit hulle wil; sodra hulle op die water `n vinniger beweging wil maak, wil hulle dit met hul rotsvaste geloof, wat geen twyfel ken nie, - en alles gaan soos wat hulle dit wil!

[6] Kyk, nou het hulle hul visse alles gevang, en hulle sal nou daarmee in sittende houding oor die oppervlakte van die water vaar en pylsnel hier na die oewer toe kom! Kyk, nou vaar hulle daar weg en is nou ook al teen die oewer! Nou staan hulle vinnig op en dra hul vangs na ons toe.

[7] Markus sê vir jou seuns dat hulle al die voortreflike visse dadelik in die water moet sit, anders vrek hulle!"

[8] Toe die swartes die voorskote vol lewende vis by ons aangebring het, neem Markus hulle self na `n visvywer, waar hy die visse, `n paar honderd daarvan, insit. Vervolgens kom hy weer gou na My toe.

[9] En die aanvoerder wend hom dadelik na die blankes en sê: "Blanke broers, lyk dit wat ons nou gedoen het vir julle baie vreemd en nooit voorheen vertoon nie? Alles wat ons nou vir julle op die water gedoen het, is egter by ons, eenvoudige natuurmense, net so natuurlik as die sig, gehoor, reuk, proe en gevoel by julle.

[10] As die siel van `n mens verhard en verkeerd is, word ook sy liggaam baie swaarder en gaan hy steeds meer soos `n klip lyk wat nie op die water bly dryf nie, omdat hy swaarder is as die water. Ons lyk egter na hout, waarvan die innerlike lewensgeeste al baie vryer is as enige klip wat diep onder die oordeel lê.

[11] Let op, laat `n gevoelsmens eers hierheen kom; hy mag egter geen hoogmoed en geen heerssugtige eieliefde in sy hart voel nie. As hy hom aan die water sal toevertrou, staan ek daarvoor in dat hy nie sal ondergaan nie! Maar as daarnaas egter ook `n heerssugtige en baie egoïstiese mens op die vlugtige element sal plaasneem, sal hy soos `n klip sink! Net as hy baie vet is - wat by selfsugtige mense bykans nooit die geval is nie - sal die vet hom vir `n tydlank ongeveer twee derdes van sy liggaam bo die water hou -dit wil sê as hy moddervet sou wees! Maar as sy liggaam normale proporsies het, sal hy soos `n klip sink.

[12] Daarom geld die water by ons ook as `n goeie toets vir die innerlike egtheid van `n mens. Wie nie meer so goed deur die water gedra word nie, sy gemoed het beslis `n sekere skade opgedoen, en die element sal hom nie gunstig gesind wees nie, en hom nie elke gevraagde diens bewys nie. Soos wat ons onsself nou egter baie duidelik en ongedwonge op die water voortbeweeg, en ook getoon het dat die diere in die water sedert die begin van ons bestaan aan ons wil gehoorsaam is, so was dit ook by die oermense. Vir hulle was riviere, mere, en selfs die see geen hindernis om oor die hele aarde rond te trek nie; hulle het nóg skepe, nog brûe nodig gehad. Maar julle word dikwels saam met julle skepe en brûe deur die water verswelg, en selfs geen watermuggie is gehoorsaam aan julle wil nie! As julle dit alles vergelyk, hoe ver is julle dan nie van die ware mensdom verwyderd nie!

[13] Julle het allerlei wapens nodig om `n vyand op die vlug te laat slaan; ons het nog nooit daarvan gebruik gemaak nie. Tot op hede het ons ook niks anders gehad as `n beenwerktuig om mee te sny nie, waarmee ons ons hutte en ons kleding op `n taamlik moeisame wyse vervaardig; maar tog loop ons nooit heeltemal naak rond nie, en ons moeite word nooit vir ons te veel nie. As ons die hoogs noodsaaklike werktuie van julle af sal saamneem, sal ons uit des te groter naasteliefde daarvan gebruik maak; maar as wapen sal dit ons nooit dien nie, daarvan kan julle verseker wees!

[14] Maar doen julle nou eers `n toets met die water en laat ons eers sien in hoeverre julle reeds teen die lewe opgewasse is!"

[15] Heimlik steek hierdie taal die Romeine goed dwars in die krop, maar hulle sluk dit, soos wat `n mens sê, met `n baie goeie wil.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205