Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 246

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Waarom die vrye mensesiel selfstandig haar volmaaktheid moet bereik

246 "Nou is `n verdorwe siel egter gewoonlik ook altyd baie swak, sodat sy nie eers in staat is om haar menslike vorm in stand te hou nie en daarom verskyn sy in die hiernamaals gewoonlik as `n halwe, dikwels ook hele, dierlike karikatuur. Daar word vir haar, weliswaar heel geleidelik, sonder dat sy dit merk, steeds meer krag gegee; maar dit gebeur baie versigtig, om die siel nie daardeur in haar persoonlikheid aan te tas nie. Ook veroorsaak so `n ondersteuning altyd baie pyn, omdat so `n swak siel uiters gevoelig en prikkelbaar is.

[2] Sou Ek haar één keer te veel krag uit die hemele gee, dan sou so `n hemelse vrygewigheid die siel `n afgryslike, wanhopige pyn besorg, waardeur sy uiteindelik meer ondeurdringbaar as `n diamant sou word en daar sou niks meer in haar gebring kon word nie, tensy `n mens haar heeltemal uitmekaar sou laat val, waardeur sy natuurlik dermate `n groot skok sal moet verwerk, wat dit nie maklik deur `n persoonlike teenwig, uitgaande van die siel, opgevang sou kon word nie. Daardeur sou die selfbewuste ek vir minstens eons aardse jare verdwyn en sou sy haarself daarna weer moet versamel en van haarself bewus word, wat vir die siel in haar vrye, onliggaamlike toestand baie moeiliker is as hier, waarvoor sy die liggaam tot haar beskikking het.

[3] Jy, My beste Mathaël, het `n buitengewone lang tyd teveel benoudhede gehad, maar as jy sou besef wat nodig was om `n siel sodanig vry te maak, dat sy geword het wat sy noual in jou geval is, dan sou jy beslis geen aanstoot oor die tydsduur geneem het nie! Hoeveel tyd dink jy het daar verbygegaan vandat jy as mens, noual met `n baie volmaakte siel, tot jou huidige lewensduur gekom het? As Ek dit alles vir jou sou bereken, sou jy met afgryse vervul word en jy sou dit nog lank nie kon begryp nie! Ons RafaEl weet dit egter goed en begryp die onpeilbare diepte daarvan.

[4] Maar soveel kan Ek jou wel sê, dat hier geen siel jonger is as alle sigbare, geskape wêrelde nie! Jy voel jou nou onbehaaglik wanneer Ek jou dit volgens waarheid sê, dat julle siele reeds baie meer as eonsmaal eons aardse jare oud is; moet Ek Myself soms ook onbehaaglik laat voel, omdat Ek ewig is en daar tydens My en uit My reeds eons voorafgaande skeppinge, wat slegs maar terwille van julle was, daar voor julle onvoorstelbare lang tye verloop het?!

[5] Ja, My vriend, om `n son, `n aarde en alle dinge daarop te skep is eenvoudig! Daarvoor is nie so `n lang tyd nodig nie. Ook om gerigte diere- en plantesiele te skep is nie moeiliker nie. Maar om `n siel te maak wat in alles volledig aan My gelyk is, is ook vir die Almagtige Skepper `n besondere moeilike saak, omdat Almag My nie daarby kan help nie, maar slegs Wysheid en die grootste Geduld en die grootste Lankmoedigheid!

[6] Want by die skep van `n siel wat volledig aan My gelyk is, dus `n tweede God (godheid), mag My almag maar baie weinig doen, maar moet alles deur die nuwe wordende God uit My gedoen en uitgevoer word. Van My kry sy slegs die geestelike materiaal en volgens behoefte ook die natuurlike. En as dit nie so was nie, en as dit anders sou kon, sou Ek, as die ewige Oergees, Myself as gevolg van My liefde helaas nie die moeilike taak opgelê het nie, om self in die vlees te verskyn om die siele wat tot `n bepaalde punt ontwikkel is - nie deur My almag nie, maar slegs deur My liefde – en hulle verder te lei, en hulle `n nuwe leer en die nuwe goddelike gees uit My te gee, sodat hulle nou, soos sy dit opreg wil, met My in `n baie kort tydsbestek volkome één kan word.

[7] Ek sê vir julle: “Vir My ewige, voorbereidende werk begin die oes nou eers en julle sal My eerste, volkome volmaakte kinders wees, wat egter nog steeds van julle en nie van My wil afhang nie. En nou glo Ek dat jy, Mathaël, My wel sal wil verontskuldig, omdat jy nou hopelik alles sal begryp wat jy vroeër nog nie begryp het nie! - Is dit vir jou nou duidelik?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205