Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Ware geregtigheid

38 "Ek neem aan dat dit vir julle nou heeltemal duidelik sal wees en daarom gaan Ek nou weer verder: Wat Ek gesê het, beteken nie dat julle daarom alle gevangenisse en huise van bewaring, wat tog `n noodsaaklike kwaad is teen die groot kwaad van baie siek siele, nou moet afbreek en alle boeie en alle swaarde moet breek nie. O, nee, dit is nie wat Ek sê nie! Want erg besmetlike, siek siele moet juis sorgvuldig afgesonder word van die gesondes, en moet so lank afgesonder gehou word totdat hulle deur en deur genees is.

[2] Maar nie julle toorn en julle wraakgevoelens moet hulle opgesluit hou nie, maar julle groot naasteliefde en die daaraan baie nou verbonde, diepgevoelde besorgdheid vir hulle uiteindelike, volledige genesing! As die ware Gees van die Liefde dit vir julle sal ingee dat by die een of ander swaar sieke `n bitter smakende geneesmiddel nodig is, bespaar hom dit dan nie, omdat dit `n baie onryp en misplaaste medelye sou wees! Maar slegs uit ware liefde moet julle die swaar sieke `n bitter geneesmiddel toedien, dan sal dit hom ook sekerlik die gewenste genesing bring, en julle sal dan ryklik geseën word!

[3] Die geneesmiddel wat Ek aan die begin van die aand voorgeskryf het vir die vyf, was beslis nie soet en fyn van smaak nie, maar My groot liefde vir hulle het gesien dat dit `n onvermydelike noodsaak vir hulle algehele genesing is en daarom was daardie bitter geneesmiddel ook `n uiting van My groot liefde vir hulle. Daardeur was hulle die oggend des te makliker genees van al hulle kwale; en laat hulle maar eers sê of een van hulle vanweë die toegediende bitter medisyne vir My kan kwaad wees!

[4] Maar as iemand slegs deur toorn en wraaklus gelei `n vermeende misdadiger op die onbamhartigste wyse kwel en martel, dan word hy daardeur self `n baie groter misdadiger en sal later ook des te meer bitterheid te proe kry.

[5] Met die maat waarmee jy meet, met dié maat sal julle eendag vergeld word! Wie met ware liefde meet, sal ook self met ware liefde gemeet word, maar wie toorn en wraak as maatstaf gebruik, sal eendag vir sy eie genesing presies dieselfde geneesmiddel in baie versterkte mate terugontvang, en hy sal geen sekonde vroeër uit die pynlike inrigting in die hiernamaals kom voordat elke harde vesel van sy siel so wit en sag gemaak is soos wol nie!

[6] Ek het julle nou deurgaans die ware aard en gesteldheid van die mens getoon en julle kan nou nie meer sê 'Dit het ons nie geweet nie!' Noudat julle dit egter goed ken en weet, moet julle ook daarvolgens handel en dit ook onderrig aan diegene wat aan julle ondergeskik is en wat, omdat hulle self siek is, tot nou toe nie weet wat hulle doen nie. Dan sal julle as ware en gesonde medewerkers in die regte en beste mate aan My ryk op hierdie aarde besig wees, en My welbehae sal julle by al julle gaan en staan begelei. Gaan julle egter weer volgens julle ou geestesgesteldheid te werk, bedink dan dat julle siel weer aan `n siekte ly en vra dan of Ek haar daarvan wil genees, sodat julle nie ten prooi val van `n dubbele persoonlike lyding nie!

[7] O julle, wat oordele vel en met julle oordele die arme siek siele nog sieker maak as wat hulle voorheen was, bedink tog ernstig wat julle volgens die waarheid is en moet wees, en wat julle behoort te doen volgens die goddelike orde! Julle regters en hoogste maghebbers oor die swakheid van die volkere wat uiteindelik tog ook al julle gesag, mag en aansien vorm, moet ware vaders van julle volkere wees en as sodanig moet julle jul baie bekommer oor die algehele gesondheid van die talle kinders wat aan julle toevertrou is, en julle met alle liefde en ware vaderlike sorgsaamheid oor hulle sieleheil bekommer! Artse vir die liggaam hoef julle nie te wees nie - maar des te meer egte siele-artse!

[8] As jy by jou kinders sien dat hulle meermale julle ouerlike gebooie verontagsaam en so nou en dan ook erg daarteen sondig, sou dit julle dan wel betaam om `n kind daarvoor in `n sekere sin as afskrikwekkende voorbeeld te laat martel en uiteindelik selfs aan die kruis te hang?! Miskien kon `n baie heerssugtige vader dit wel eenmaal gedoen het, maar baie sulke voorbeelde sal daar nie in die wêreldgeskiedenis te vinde wees nie! Maar julle, as beter ouers, sal julle sondigende kind in elke geval wel met `n ernstige gesig teregwys en in uiterste noodsaak ook met die heilsame tugroede straf. Verbeter die kinders daarna hulle lewe, dan sal dit julle seker baie genoeë gee, want dit sal `n ware vreugde vir julle wees om julle kinders onbedorwe en gesond voor julle te sien.

[9] Magtige regters, wees ook so teenoor alle mense, dan sal julle vreugde nooit eindig nie! Dink jou eers in die plek in van diegene wat julle redelikerwys moet gehoorsaam en julle wette moet navolg en aanvaar! Sal dit nie vir julle aangenaam wees wanneer hulle as julle regters barmhartig vir julle sou wees en julle soveel moontlik sou ontsien nie?! Wat julle in alle redelikheid sou kon wens dat hulle met julle sou doen as julle met siek siele voor hulle sou staan, doen dit ook aan hulle as hulle met hulle siek siele voor julle staan!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205