Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Jarah en die natuurgeeste

115 Toe sê Jarah wat langsaan sit en rus: "Maar Heer! Watter klein mannetjies is dit? Ek sien hulle uit die bos kom, en nou staan hulle in kleurvolle groepe om ons heen! Enkeles skyn `n wasige kleed aan te hê; die meeste is egter heeltemal naak en hulle is almal so groot soos kinders van skaars twee jaar."

[2] Ek sê: "Dit is reeds konkrete mensesiele van hierdie aarde wat nog nie die weg van die vlees deurgemaak het nie. Hulle het tot op hede ook nog nie baie sin daarin nie, omdat hulle te bang is om opnuut in die materie opgesluit te word. Die gekledes het selfs `n soort taal, wat ewenwel nog nie baie ontwikkel is nie; maar `n sekere aapintelligensie het hulle almal!"

[3] Jarah sê: "Sou die gekledes my verstaan as ek met hulle praat?"

[4] Ek sê: "Probeer jou geluk `n slag!"

[5] Daarop skraap Jarah al haar moed bymekaar en vra aan `n wasig geklede ligblou mannetjie: "Wie is julle dan, en wat doen julle hier?"

[6] Die ligblou mannetjie gaan nou vlak voor Jarah staan, staar haar met groot oë strak aan en sê dan: "Wie gee jou opdrag, stinkende stuk vleis, om `n vraag te stel aan ons rein wesens? Behalwe die Eén, en met uitsondering van nog één, stink julle almal weersinwekkend na materie; en dit is die grootste vyand van ons neusgate! Stel aan ons in die vervolg eers dan `n vraag, stinkende aas, as jy daartoe opdrag gekry het van die almagtige Gees van alle geeste - en sorg jy maar verder daarvoor dat jy jou liggaamlike mottesak op `n goeie manier kan kwytraak!"

[7] Ek vra vir Jarah: "Wel, My dogtertjie, hoe vind jy hierdie antwoord?"

[8] Jarah sê: "Heer, Heer, ag, hierdie wesens is ontsettend ru en grof! Is ek dan regtig so `n stinkende aas? Ek weet nou van droefheid geen raad nie; ja, ek sou nou baie maklik wanhopig kon word!"

[9] Ek sê: "Kyk, kyk, My dogtertjie, die gesie het tog vir jou iets goeds gedoen! Waarom treur jy daaroor?! Die gesie kon jou natuurlik wel met sierliker woorde gesê het dat daar in jou nog so `n heel klein bietjie hoogmoed verborge lê oor jou skoonheid; maar die gesie is geen taalkunstenaar nie, het maar `n beperkte woordeskat, en praat eintlik meer uit ervaring en gevoel as uit enige begrip.

[10] Is die geluk in jou hart versteur omdat jy die ligbloue aangespreek het? As jy so `n vraag aan `n vuurrooie sou gestel het, sou jy `n antwoord gekry het waarvan jy van louter ergernis flou sou geval het. Maar bedank hom nou vir die weldaad wat die ligbloue jou bewys het, dan sal daar wel beter met hom te prate wees!"

[11] Jarah neem dit ter harte en sê dadelik aan die gesie wat haar nog steeds aanstaar: "Ek dank jou, liewe mannetjie, vir die weldaad wat jy my bewys het deur jou reguit woorde; wees daarom asseblief nie kwaad vir my nie! Nie waar nie, liewe mannetjie, jy sal daarom tog nie kwaad vir my wees of bly nie?"

[12] Die mannetjie lag daarop skaterend en sê, nog laggend: "Hy wat dit aan jou gesê het, is wel in orde - maar jy, sneeugansie, nog lank nie; want jou stinkende fondament het nóg die gedagte, nóg die wil daartoe ontwikkel! Maar jy is nou tog wel verdraagliker as voorheen; net daardie bietjie skoonheidshoogmoed is nog lank nie heeltemal daaruit nie. Verbeel jou maar niks nie, want alles wat van jou af kom is sleg - die goeie behoort aan iemand anders!"

[13] Jarah sê: "Maar vertel eers, liewe mannetjie, hoe weet jy dit alles?"

[14] Die mannetjie lag weer en sê: "Wat jy sien, hoef jy nie te weet nie! Jy sien nou tog ook meer as wat jy andersins kon sien! Ek sien egter nog meer as jy, omdat ek geen stinkende vlees om my heen gehang het nie; en dus sien ek presies hoe dit met jou en met al die ander van julle gesteld is. Ek sê vir jou, verbeel jou niks oor al jou goeie eienskappe nie, want dit is nog lank nie van jouself nie!"

[15] Jarah sê: "Ja, hoe is dit moontlik? Verduidelik dit tog eers beter aan my!"

[16] Die mannetjie sê: "As iemand wat baie reise gemaak het, en daardeur met baie moeite en moeilikhede allerlei kennis en ervaring opgedoen het, jou vertel wat hy gesien en meegemaak het, dan weet jy ook wat hy self weet en ken; kan jy jou dan daarop beroem? Dit wat jy nou meer weet as vroeër, is tog maar net `n dubbele verdienste van die een wat ten eerste met baie moeite en baie opoffering die kennis en ervaring moeisaam versamel het, en ten tweede nog so goed was om dit alles aan jou getrou mee te deel. Sê my eers of jy jou die verkryging van sulke ervarings en kennis as verdienste kan toereken?

[17] Kyk, dan is jy maar net `n met baie nuttige en goeie kennis en ervaring beskrewe boek en nog lank geen wyse skrywer van die boek nie! Aan wie kom dan die eer toe vir die goeie wat in die boek geskryf staan, aan die boek of aan hom wat dit alles daarin geskryf het? Kyk, jy is `n goed beskrewe boek, maar nog lank geen skrywer nie! Verbeel jou daarom maar niks nie!"

[18] Daarop lag die mannetjie weer en rig hom soos `n veldheer op en sê aan sy leër: "As julle sat is daarvan om die geselskap aan te staar, trek ons weer verder, want hier stink dit vir my regtig te veel!"

[19] Meteens trek hulle weg en verdwyn in die bos.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205