|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 6
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die hebsug van Judas
6 Terwyl ons egter so aan ons tafel verskillende dinge bespreek het, ontstaan daar `n woordestryd tussen die dertig jong fariseërs en die twintig aanwesige Perse. Die Perse beskou die opwekking van die nege verdrinkte mense as `n egte wonder, maar die dertig jong fariseërs het ronduit hulle vertwyfeling daaroor gehad. En veral Risa, wat vroeër vir Hebram ten gunste van My aangemoedig het, was die meeste daarteen.
[2] Hebram sê: "Vriend Risa, as `n mens eenmaal liggaamlik so volkome dood is soos wat hierdie nege was, kan jy hulle neerlê soos wat jy wil en hulle die volgende dag op dieselfde wyse sulke wyn in die mond giet, dan sal hulle tog nooit lewend word nie! Dit is die werk van die goddelike wilskrag! Die neerlê dien slegs maar om die water uit die maag en die longe te laat loop en die ingegote wyn is om die nog swak senuweestelsel vooraf `n vereiste versterking en die verhemelte `n beter smaak te gee. Maar vir die latere opwekking van die dooie liggaam is nog die neerlê, nog die wyn `n noodsaaklike voorwaarde. Dit het die Heer slegs eerste laat gebeur, omdat Hy van plan was om hierdie nege deur Sy wil in die lewe terug te roep waarby hulle siele dan dadelik `n bewoonbare en bruikbare liggaam sou aantref! - Sien jy dit dan nie in nie?"
[3] Risa sê: "Ja, ja, dit sien ek wel in, en jy sal ook die beste gelyk hê. Maar dit sou tog nuttig gewees het om dit op die proef te stel om jouself mettertyd daarvan te oortuig dat die neerlê en vervolgens die tot drie maal toe wyn gee as sodanig, niemand wat algeheel verdrink het, liggaamlik weer tot lewe kan bring nie! Eers as jy tot hierdie oortuiging gekom het, is hierdie opwekking `n volmaakte, suiwer wonder! So dink ek daaroor."
[4] Hebram sê: "Wel, as jy daarop staan en die Heer dit wil, kan die geleentheid hom miskien nog voordoen dat daar by die nou aangekondigde visvangs êrens nog `n lyk gevind sal word, en dan kan jy daarmee presies dieselfde neerlegging- en wyn-in-giet poging uitvoer om dit weer tot lewe te bring, waarby jy beslis geen verheugende resultaat sal behaal nie!"
[5] Die Perse sê: "Dit dink ons ook! Want wat slegs vir die mag van die goddelike wil moontlik is, is vir geen mens, wat self net `n skepsel is, moontlik nie - tensy God se wil met en deur die menslike wil werk. Dit is ons mening en ons glo daarmee nie om op die verkeerde weg te wees nie. - Maar nou gaan elkeen na die water en daarom sal ons nou ook aan boord van ons vaartuie gaan, want by hierdie geleentheid sal beslis weer iets baie wonderbaarlik gebeur en daar moet ons by wees.
[6] Dan volg daar `n algemene uittog op die water, wat op hierdie môre baie rustig en geskik is om vis te vang. Hierdie keer werk My leerlinge, behalwe Judas Iskariot, tesame met die seuns van die ou Markus en help hulle om die groot nette uit te werp en te span.
[7] Judas Iskariot soek egter sy eie vermaak op en gaan na die algeheel verwoeste stad om te kyk hoe dit daar uitsien. Eertyds het hy immers gehoor dat die ryk Grieke sommige strate met goud en silwer geplavei het. En hy het verstaan dat die rykes al uitgebreid daarmee begin het. Hy loop daarom na die plek van die brand om daar te gaan vis na goud, silwer en ander kosbaarhede sonder eienaar.
[8] Maar sy gemene streke lewer hierdie keer niks vir hom op nie, - behalwe op sy rug. Want toe hy in die strate ontdek word as `n goud en silwer jagtende vreemdeling, word hy dadelik deur die bewakers gegryp en behoorlik afgeransel. Daarna verlaat hy natuurlik, ondanks die storm van die vorige dag, nog die hier en daar dampende ruïne van die ou stad, wat van ouds af -Vilipia-, onder die Grieke -Philippi- geheet het en eers onder die Romeinse keisers ook die voorvoegsel - Césarea- bygekry het.
[9] Toe ons goudvisser egter weer haastig na die huis van Markus gaan, tref hy natuurlik niemand daar nie, behalwe die vrou en die dogters van Markus. Daaraan het hy weinig gehad, omdat hulle hulle hande vol gehad het met die voorbereiding van die middagete en geen tyd vir hom gehad het nie. Bowendien het hulle almal reeds te vas in My geglo en was daarom nie heeltemal in die stemming om die ietwat brutale vrae van Judas Iskariot te beantwoord nie. Ook staan hierdie leerling beslis nie so baie in hulle guns nie, omdat hy hom reeds gedurende die paar dae meermale selfvoldaan en onuitstaanbaar gedra het.
[10] Omdat hy in die vrouehuis van Markus geen goeie ontvangs te beurt geval het nie, verlaat hy die huis en gaan na die see om te kyk waar ons was. Hy kon egter niks vind nie omdat ons, ten einde `n goeie vangs in te bring, heeltemal op die volle see uitgegaan het vanweë die trek van die skole vis, wat slegs tweemaal per jaar die Jordaan gevolg het; hulle kom van die Meronmeer af om `n paartog te maak en merendeels het hulle bestaan uit die beste goudsalm forelle.
[11] Omdat die agtergeblewe leerling nou van verveling nie geweet het wat hom te doen staan nie, gaan hy na die tente van Ouran om te sien of almal ook daar weggegaan het en of daar nie dalk `n paar oortollige goud- of silwerstukke te vinde was wat iemand laat val het nie! Maar ook daar vind hy niks nie, want Ouran het in elke tent drie bewakers agtergelaat, wat by die afwesigheid van hulle meester nie baie toeskietlik was nie. Hy verlaat dan ook baie vererg die tente en soek `n skaduryke boom op, waaronder hy gaan lê en heel behaaglik indut.
[12] Maar uiteindelik gaan dit met die slaap ook nie te lekker nie omdat `n vlieg hom nie met rus wil laat nie, - kortom, Iskariot was drie volle ure lank `n gekwelde man en byna aan die einde van sy Latyn. Toe sien hy egter eindelik ons skepe aankom en daardeur word dit vir hom ietwat ligter om die hart, en dit spyt hom nou al baie dat hy My geselskap verlaat het.
|
|
|
|
|