|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 8
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Uiterlike rus en innerlike aktiwiteit
8 Daarop trek Judas Iskariot hom terug en Ek sê vir Helena, Ouran en Mathael: "Laat dit nou met rus, want ons het belangriker dinge om te behandel! Behou die kneg en straf hom nie, want hy sou hierdie lelike streek nooit uitgevoer het as hy nie deur `n gees daartoe aangedryf was nie! Hy was egter daartoe aangepor sodat ook hy vir ons `n voorspelling kon doen wat in vervulling sal gaan. - Maar daaroor praat ons nou nie verder nie, want ons het nou baie belangriker sake om te behandel!"
[2] Cyrenius vra My egter heel verbaas; Heer, wat dan? Dit skyn my toe, dat daar nou tog niks meer sou kon wees wat nog belangriker sou wees as dit wat ons almal hier meegemaak het nie! Spreek tog, o Heer! My hart bewe gewoonweg van verlange om U nuwe voorskrifte en besluite te verneem en my dan daarby te hou!"
[3] Ek sê: "Wees nog `n bietjie geduldig, want alles het tyd nodig om ryp te word! Daarom sal daar nou vir almal rus aangebied word. Hou daarom nou saam met My `n ruspouse!"
[4] Daarop rus almal en die aangeleentheid tussen Judas Iskariot en die bewaker van Ouran se skatte, wat Ouran en Mathael tog baie onbelangrik gevind het, was afgeloop. Albei het baie belangrike regeringsake om met Cornelius en Festus af te handel, want vir Ouran begin die tyd te druk omdat hy al ernstig daaroor gedink het om met die groot waarheid wat hy gevind het, terug te keer na die volk waarvan hy koning was, en om hulle daarmee so veel moontlik geseënd te maak. Hy wou koning wees van `n verstandige en wyse volk en nie van suiwer menselarwes en –masjiene wat hulle gedra soos diere sonder kennis en sonder wil nie.
[5] Risa daarenteen, hou hom besig met sy twee lyke en dink slegs daaroor na of hulle met die voorbehandeling wat deur hom waargeneem was, en uiteindelik deur die krag van My Naam, nie weer in die lewe teruggeroep sou word nie. Ander om My heen dink ook daaroor na waaruit die baie belangrike daad sou behels wat Ek na die ingelaste kort rus sou doen. Kortom, ofskoon almal uiterlike skyn te rus, was hulle tog innerlik in hulle harte baie besig, maar niemand het kop of stert daaruit gemaak nie. Philopold, Murel en Kisjonah plaas hulle hoofde bymekaar en beraadslaag druk oor wat daar tog mag uitkom. Cyrenius en Ebahl en Jarah dink toe ook diep na en kon niks bedink wat daar nou nog sou kon gebeur nie. Want hulle dink toe dat daar geen nuwe dinge meer te bedink was nie.
[6] Skabbi en Jurah, wat beide Persiese, afgevaardigde sprekers was, sê egter vir hulle metgeselle, wat baie by hulle aangedring het: "Hou op! Daarmee versoek julle God se krag in ons harte! Wat weet ons van ons eie innerlike geaardheid af! As ons dan niks van onsself af weet nie, wat sal ons dan wel weet van die geaardheid van God en van wat Hy sal doen?! Ons weet egter goed dat alles wat Hy sal doen baie wys sal wees en heeltemal vir ons beswil. Laat dus maar kom wat wil, hetsy meer of minder groots as die voorafgaande, daaroor moet ons onsself nie oor bedruk maak nie! Ons is en bly handelaars en kan alles wat ons beswil beoog selfs baie goed gebruik. Uiteindelik het ons tog alles buitengewoon gevind wat van Hom af afkomstig was, die enige Heer van die ewigheid en van die oneindigheid van al Sy tallose dade en werke.
[7] Omdat ons onsself dus nog by verre na nie self ken nie, kan ons ook nie weet wat ons, buiten alles wat ons reeds ontvang het, nog ontbreek nie. Hy weet dit egter en daarom kan Hy dit wat nog moet kom, goed aandui as iets wat uitsonderlik is en wat buitengewoon belangrik moet wees! Want Hy, wat van ewigheid Heer is van alle orde, kan tog onmoontlik by 13 of 14, maar altyd net by l begin te tel. En so weet Hy beslis ook heel klaar en duidelik die volgorde van wat vir ons innerlike lewensvoltooiing geskik is. Ons kan daarom baie rustig dit afwag wat Hy vandag nog alles sal onderneem!"
[8] Hierdie baie wyse les bring die gemoedere van die Perse heeltemal tot bedaring. Maar ook die gemoedere van diegene wat aan My tafel sit, kom tot rus en hulle wag met gespanne verwagting en vreugde op dit wat Ek daarna ten aanskoue van elkeen sou gaan doen.
|
|
|
|
|