|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 73
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die sug na kennis en die sug na genot
73 Zorel sê: "Aha, op dié manier kan daar met my gepraat word. Dit klink eg menslik, en ek sal my alle moeite troos om dít te doen wat jy my as mens, maar nie as regter nie, sal sê. Beste vriend! Ek ken myself nou presies, my binneste lewenskern skyn nou nie juis die slegste te wees nie, maar my buitekant is oor die algemeen sleg! As dit moontlik sou wees om hierdie liggaam met sy slegte siele-aanhangsels heeltemal uit te trek en die inwendige lewenskern met `n beter vleismassa te omhul, dan sou ek `n prima mens gewees het, maar met my huidige liggaamsgesteldheid is niks aan te vang nie! Ek is nou natuurlik nie meer so `n erge booswig soos wat ek was nie, maar my vlees is nooit te vertrou nie. Dit bly tog merkwaardig dat al my dade, ook al sien hulle hóé boosaardig daaruit, buite my wil gebeur! Ek word daar steeds asof toevallig by die hare bygesleep en wat ek eintlik wou, is die teendeel van wat gebeur! Hoe gebeur dit?"
[2] Johannes sê: "Ja kyk, die wil van die mens is tweevoudig: enersyds het die wil `n trek- of voertou van die kennis van die waarheid, wat altyd nogal swak is, en `n trektou van die sinlike wêreld met haar verlokkende eise, wat deur allerlei gewoontes baie sterk en kragtig geword het. As die wêreld jou `n aantreklike happie voorhou met die moontlikheid om dit sonder baie moeite te bemagtig, dan begin die sterk tou dadelik aan die wilsimpulse van die hart te trek; as daar dan tegelykertyd ook getrek word deur die minder sterk tou van die kennis van die waarheid, dan het dit weinig of geen uitwerking nie, omdat van oudsher af die sterke nog altyd die swakke oorwin het.
[3] `n Wil wat iets tot stand wil bring, moet vasbeslote en ernstig optree en vir niks bang wees nie. Met stoïsynse onverskilligheid moet hy alle wêreldse voordele volkome koud laat en selfs ten koste van sy liggaamlike liggaam moet hy die verligte weg van die waarheid bly volg. Dán het die andersins so swakke waarheidsliefde sterk en kragtig geword en het dit die pure wêreldse wil van die gevoel en die genot volledig onderwerp. Dit gaan uiteindelik selfs heeltemal oor in die lig van die waarheidsliefde en dan het die mens in homself uiteindelik één geword, wat van die grootste belang is vir die innerlike vervolmaking van die onsterflike wese van die mens.
[4] Want as jy in denke, en in jouself, nie één kan word nie, hoe kan jy dan sê: 'Ek het die waarheid in al haar diepte en volheid onderskei!', - terwyl jy in jouself nog volkome verdeel is en dus vir jouself niks anders as `n pure leuen is nie? Die leuen is egter, vergeleke met die waarheid, niks nie, soos wat die donkerste nag niks is vergeleke met die helderligte dag nie. So `n nag ken geen lig nie en die mens wat in homself `n leuen is, kan geen helderligte waarheid onderskei nie, en daarom is by alle wêreldse mense, wat nog vol innerlike tweespalt is, die trek- en voertou van die waarheidsliefde so swak dat dit reeds met die geringste teenoorgestelde trekkie deur wêreldse genot buite spel gesit word en dus oorwin word.
[5] As die waarheidsliefde by die mense deur die drang na wêreldse genot vir altyd oorwin en onderdruk is, sodat daardeur ook `n soort eenheid in die duisternis van die innerlike mens ingetree het, dan het die mens geestelik gesterf en is sodoende `n in homself verdoemde. Hy kan vir ewig geen lig weer kry nie behalwe deur die vuur van sy growwe materie wanneer dit deur die druk van die begeertes ontvlam het. Maar die materie van die siel is baie meer vashoudend as dié van die liggaam en daar is `n baie kragtige vuur voor nodig om alle materie van die siel te verteer en te vernietig.
[6] Omdat `n siel haar egter so `n buitengewoon pynlike loutering nie uit liefde tot die waarheid of tot die lig sal laat welgeval nie, maar haar uit ou genot- en duistere heerssug daaraan soos `n Proteus* sal poog om te onttrek, daarom is `n mens wat in hierdie wêreld in homself één geword het in sy lewensnag, ook so goed as vir ewig verlore. (*Seegod (in die Griekse godeleer) wat kan voorspel en allerhande vorme kan aanneem; `n onbestendige persoon: vertaler)
[7] Slegs die mens wat deur sy energieke, verligte wil van die waarheidsliefde die wêreldse wil van die genotsug heeltemal oorwin het en so in die lig en in alle waarheid in homself `n eenheid gevorm het, is daardeur heeltemal lig en waarheid en dus ook die lewe self. Daarvoor is egter, soos wat ek jou al vroeër gesê het, `n waaragtige stoïsynse selfverloëning nodig - maar nie die hoogmoedige verloëning van julle Diogenes (Griekse god) wat hom meer en hoër geag het as `n koning Alexander wat van goud geblink het nie, maar die nederige van `n Henog, `n Abraham, Isak en Jakob. As jy dít kan bereik, dan sal jy in die tydelike en vir ewig gered wees; kan jy dit egter nie, en nie uit jou eie krag van die waarheidsliefde nie, dan is dit gedaan met jou en dan kan jy nóg aan hierdie, nóg aan daardie kant gehelp word. Ek is egter van mening dat jy deur jouself daartoe in staat is; want aan insig en kennis ontbreek dit jou nie. Wat sê jou innerlike gevoel nou daaroor?"
|
|
|
|
|