Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die Nubiërs herken die Heer

187 Nou duisel die swart Nubiërs heeltemal van verbasing op verbasing; want dit is vir hulle iets wat alles te bowe gaan. Hulle is suiwer, nog algeheel onbedorwe natuurmense en kan, omdat hulle nog regtig heer en meester is oor die natuur, deur die standvastigheid van hul volle geloof en wil baie tot stand bring wat vir `n mens wat in sy wêreldse alledaagsheid reeds diep gesonke is, soos `n groot wonder moet voorkom, en dit sou daarom baie moeilik gewees het om deur `n ander wonderwerk indruk op hierdie oernatuurlike gemoedere te maak. Die genesing van `n siekte sou daar nie op sy plek gewees het nie, want hierdie egte natuurmense ken geen siekte nie. Hulle ou mense bereik steeds `n baie hoë leeftyd en hulle afsterwe was altyd net `n baie rustige en pynlose aan die slaap raak.

[2] Kinders sterf nooit by hulle nie omdat hulle, heeltemal binne die natuurlike orde verwek, sonder gebreke en kerngesond in die wêreld kom. Hulle word daarna ook volgens die natuur gevoed en kan daarom geen siektekieme kry nie. As mens dus in hul teenwoordigheid siekes sou genees het, dan sou mens eers aan hulle moet verduidelik het wat `n siekte eintlik is en waardeur dit ontstaan. Dit sou hulle egter tog sekerlik meer geskaad as gebaat het; want om kennis te neem van sonde en die gevolge daarvan, is byna dieselfde as om dit self te begaan het.

[3] Iemand het gedink dat die opwek van `n dooie sy uitwerking ook nie sou gemis het nie. Dit sou vir hierdie mense egter ook niks wees nie! Want hulle sien die liggaamlike dood as `n groot weldaad van God aan die mense en sou so `n handeling selfs aansien vir `n vergryp teen die orde van die allerhoogste Gees van God, solank hulle My nie volledig kon leer ken nie. Die opwek van `n groot storm sou hulle deur hul uiters gevoelige gees iets baie natuurliks vind, want hulle het self altyd `n groot invloed op die natuurgeeste van die lug, water, aarde en vuur. Maar `n beweging wat die snelheid van hul pyle wat hulle afgeskiet het, onvergelykbaar oortref, is vir hierdie mense `n egte wonderwerk wat slegs deur God en Sy diensbare, hoogste geeste gedoen kan word, maar nooit deur die verstandige, swak sterwelinge van hierdie aarde nie.

[4] Toe ons Swartes so eg buite hulleself van verwondering was, sê die aanvoerder aan sy metgeselle: "Broers! Ek en julle almal het nou `n daad gesien wat net deur God volbring kan word; want ons kan selfs met ons gedagtes nie so vinnig huis toe en vandaar weer terug gekeer het hiernatoe as wat hierdie dienaar van God met my kleinood heen- en teruggegaan het nie! Ons is dus op die regte plek en mag ons hier net met die grootste eerbied en onder voortdurende, innerlike aanbidding van Die Een beweeg wat Hom daar in die middel van die groot tafel met `n onvoorstelbare, Goddelik verhewe gelaatsuitdrukking bevind.

[5] Wat Hy in Sy onuitspreeklike barmhartigheid en guns aan ons sal sê, moet van nou af aan vir ons die mees heilige gebod wees, waaraan ons onsself so sigbaar as die rotse van ons vaderland sal hou, net soos ons nageslag tot aan die einde van alle tye wat hierdie aarde nog sal moet deurmaak! Julle weet wat die wyse owerste ons oor die ewige waardigheid van hierdie verhewe God-mens geprofeteer het! So is dit, daarvan is ons nou volkome oortuig! Maar omdat dit so is en nie anders nie, weet ons ook wat ons te doen staan en waarop ons moet let!

[6] Ver en moeilik was die reis hierheen; maar al was dit nog duisend maal so ver en ook nog duisend maal moeiliker as nou, dan sou dit tog nie in die minste opweeg teen die grootte van hierdie onbegryplik hoogste barmhartigheid, wat deur ons almal in ewigheid nie verdien is nie! Want daar sit die ewige, almagtige Gees in die gedaante van `n mens, wat hemel en aarde en alles wat bestaan enkel deur Sy wil en uit Sy wil gemaak het, soos wat die wyse owerste in Memphis dit voldoende aan ons verduidelik het.

[7] Ons staan nou voor die ware, ewige God, wat ons gemaak het en tot lewe gebring het. Elke oomblik van ons lewe is in Sy hand; as 448 Hy dit sou wil, sou ons nie meer daar wees nie. Kortom, Hy alleen is alles in alles en alles wat bestaan is niks sonder Hom nie! Dit was die betekenis van my visioen en so het die owerste van Memphis dit ook aan ons vertel en so moet ons dit aanvaar en vir ewig glo. Nou skyn dit asof die ewige Majesteit en Heer iets met ons wil bespreek! Daarom moet ons nou aandag gee asof daar `n baie gevaarlike leeujag op hande is, soos wat die owerste in Memphis aan ons beskryf het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205