Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die ontwikkelingsgang van die natuur

57 (Zorel:) "Ek sal jou nou nog meer vertel, Zinka! Alles wat jy ooit vanaf jou jeug op hierdie aarde gedink, gesê en gedoen het, en ook dit wat jy in jou vooraardse sielebestaan gedink, gesê en gedoen het, is opgeskryf in die Boek van die Lewe; `n eksemplaar daarvan dra jy in die kop van jou siel, maar die vernaamste eksemplaar lê altyd oop en wyd oopgeslaan voor God. As jy volmaak sal wees soos wat ek nou volmaak voor God staan, sal jy al jou gedagtes, woorde en dade noukeurig terugvind. Dit wat goed was, sal jou natuurlik baie plesier verskaf, dit wat nie goed was nie, sal jou weliswaar geen genoeë gee nie, maar as volmaakte mens sal dit jou ook geen verdriet besorg nie. Want jy sal daarin die groot ontferming en wyse leiding van God sien, en dit sal jou sterk in die suiwer liefde tot God en in die betragting van baie geduld ten opsigte van al die arme, nog onvolmaakte broers wat God aan jou leiding sal toevertrou, hetsy in hierdie of ook in `n ander wêreld.

[2] Eendag sal daar uit jou opgeskrewe gedagtes ook nog nuwe skeppings ontstaan. Gewoonlik ontstaan uit sulke opgeskrewe gedagtes, woorde en dade eers groter of kleiner hemelliggame in die toekomende tyd. Hulle word in die vuur van die sonne gebring om daar tot `n bepaalde rypheid te kom; as hulle dit bereik het, dan word hulle met geweldige krag in die skeppingsruimte ingeslinger en daar stadig maar seker steeds meer oorgelaat aan hulle eie ontwikkeling. Bietjie vir bietjie vorm hulle in so `n nuutgebore wêreld die talle duisendmaal duisende afsonderlike gedagtes en idees - soos sade wat in die aarde gesaai is - deur die daarin aanwesige van `n lewenskiem voorsiene vuur en lig, en dien dan die nuwe wêreld as basis vir die latere ontstaan van allerlei wesens, soos minerale, plante en diere, waarvan die siele hulle in die loop van tyd tot mensesiele ontwikkel.

[3] Sulke nuwe wêrelde sien jy so nou en dan as newelsterre, wat vir die grootste deel baie wasig is en ook wel as komete deur die heelal trek. Hulle oeroorsprong lê in die gedagtes, idees, woorde en dade wat in die Boek van God opgeskryf is.

[4] Daaruit sien jy dat ook die geringste gedagte wat `n mens ooit gehad het, hetsy op hierdie of ook op `n ander aarde, ewig onmoontlik ooit verlore gaan of kan gaan. Die geeste, waarvan die gedagtes, woorde en idees en dade deur God se wil so `n nuwe wêreld vorm, besef in hulle volmaakte toestand reeds gou dat dié wêreld `n gevolg is van hulle gedagtes, idees, woorde en dade, en hulle belas hulle dan baie graag en met `n groot gevoel van saligheid met die bestuur, leiding, vorming en die algehele lewendmaking en die doelmatige, inwendige organisasie van die hemelliggaam en uiteindelik ook van alle dinge en wesens wat op so `n hemelliggaam moet bestaan.

[5] Kyk nou eers na hierdie aarde, dan sien jy oënskynlik niks anders as materie wat dood daaruit sien nie. Weliswaar sien ek ook nou die doodlykende vorme van die materie, maar ek sien daarin nog baie meer wat jy nooit met jou oë sal kan sien nie. Ek sien daarin die verbanne geestelike dinge en wesens wat in die materie gebonde is en voel hulle strewe, en sien hoe hulle altyd verder voortskry met hulle innerlike ontwikkeling en die beter en gerigter vormgewing en ontplooiing van hulle doelmatige vorme, en ek sien ewe-eens tallose geeste en kleinere geeste wat onophoudelik in die weer is, soos die sand in `n Romeinse uurmeter. Van rus is daar geen sprake nie en uit hulle onophoudelike besigwees ontstaan die hele doelmatige ontwikkeling van alle lewe in die natuur.

[6] Ek sê vir jou: In elke doudruppel, hoe helder dit ook al tril aan die punt van `n grasspriet, sien ek soos in `n see reeds miriades van wesens wat in alle rigtings rondswerm! Die water van die druppel is slegs `n eerste en algemene omhulling van `n gedagte van God. Daaruit haal die gesies wat daarin gevange is, hulle afsonderlike omhulling en dan bestaan hulle reeds dadelik in `n ietwat meer bepaalde vorm, wat al sterk afwyk van die algemene uiterlike vorm. Daardeur verdwyn die druppel as waterpêrel, en die vorms wat hulleself daarin nuutgevorm het tot larfies wat reeds lewe besit, kruip dan oor die plante of ander dinge waaraan die waterdruppel haar gevorm het. Daar gaan hierdie larfies, deurdat hulle hulleself verenig, weldra oor in `n ander vorm, en honderdduisende vorm daardie één. `n Nuwe omhulsel word rondom die nuwe vorm gevorm, daarin word die talle kleinere vorme deur die invloed van lig en warmte tot `n doelmatige organisme van die nuwe en groter vorm getransformeer. Die nuwe wese wat so ontstaan, begin hom daarna opnuut voor te berei vir `n volgende oorgang na `n meer volmaakte vorm, waarin dit weer aksie gaan onderneem vir `n nog hoër en `n nog meer volmaakte vorm. En so is die besigwees van elke wese wat reeds in `n bepaalde vorm opgeneem is, kennelik niks anders nie as `n goeie voorbereiding vir `n hoër en meer volmaakte vorm om die sielelewe steeds meer te stabiliseer en uiteindelik in die menslike vorm van die suiwer geestelike lewe oor te kan gaan.

[7] Wat ek hier sê, is geen fantasie nie, maar die suiwere en ewige waarheid. Ek sou jou nog heelwat oor die Goddelike orde kon vertel, soos wat ek dit nou sien en heel duidelik besef! Maar ek besef nou ook dat die einde nader van die tyd van my huidige volmaaktheid. Daarom moet ek jou nou nog versoek om met my, as ek weer `n heel dom en so nou en dan vervelende mens sal wees, geduld te hê en my te lei in die orde van God wat nou aan jou bekend is en voor te gaan op die ware weg. Jy sal, as ek in die wêreld ontwaak, jou nog baie daaroor verbaas dat ek weer baie dom en somber sal wees en van alles wat daar met my gebeur het geen woord meer vanaf sal weet nie; maar tog sal dit alles vir my goed te pas kom.

[8] Gedurende enige tyd sal my gees, wat nou genoop word om ryp te word, homself wel heeltemal slapend en stil hou, vermoei deur hierdie ongewone en ongeoefende toestand; maar hy sal deur die nou nog nodige rus, weldra versterk wakker word en die drang voel na die werklike lewensvervolmaking, waarvan hy nou die salige lieflikheid geproe het. Hy sal daarom baie begin bydra tot die vinniger, algehele ontwikkeling van sy siel, sodat sy so spoedig moontlik in hom in alle waarheid en regverdigheid sal rypword ten einde heeltemal oor te gaan in die gees wat haar deurdring.

[9] Ek sal nou vir `n halfuur weer gaan slaap, waarna jy my moet wek deur jou hande teengesteld op my te lê. Maar laat my as ek weer wakker word, nie gaan voordat ek die Mens der mense aan hierdie tafel volkome herken het nie! Want Hy is één met Hom, wat ek nou nog sien in die son van die ewige groot geesteswêreld.

[10] Ook bedank ek jou nog vir die oplegging van jou hande!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205