Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oubratouvishar oortuig sy mense van Jesus se Goddelikheid

196 Oubratouvishar sê: "Dink julle dan dat ek liggelowiger is as julle? O, dan vergis julle julleself grootliks met my! Het julle dan nie gesien watter oortuigende bewyse dié pragtige mooi jongeling, wat kennelik `n gees uit die hemele is, na net `n uiters geringe wenk van die Heer gelewer het nie?"

[2] Die twintig sê: "Ons sien wel alles en vang ook nou en dan `n woord op, maar kon tog die betekenis daarvan nie uitmaak nie en nog minder enige samehang, want hierdie tafel staan te ver van die hooftafel af daarvoor!"

[3] Daarop sê diegene wat so pas aangekom het: "Ons kom regtig op ietwat wonderlike wyse pas op dieselfde oomblik by hierdie tweede tafel aan wat voorheen leeggestaan het, toe jy jou juis diep buig voor daardie meester en daarop na ons toe kom en ons kon daarom onmoontlik iets waargeneem het van alles wat daar tussen jou en daardie lieflike jongeling plaasgevind het nie! Sê dus wat jy weet en gesien het en ons sal dadelik daaruit leer en weet waar ons daarmee staan!”

[4] Die aanvoerder sê: "Goed, luister dan nog `n keer na my: Julle ken almal my laaste vonds in `n sloot vol los klippe. Dié vonds wou ek by ons vertrek hierheen saamneem en in Memphis aan die owerste as geskenk gee, wat hy beslis baie op prys sou gestel het; maar in die haas vergeet ek dit heeltemal en ek dink eers later daaraan en die vonds bly daarom goed in linne toegedraai in my hut in `n hoek, toegemaak met die dop van `n pampoen. Toe ek hier bewyse vra vir en vanweë dit waarvoor julle dit nou ook van my verlang, herinner daardie lieflike jongeling my aan my vonds wat ek tuis vergeet het en hy sê my presies waar en wanneer ek die mooi klip gevind het, waar ek dit in die hut versteek het en aan wie ek dit as geskenk wou gee.

[5] Vriende en liewe broers! Dít moes my tog wel bietjie merkwaardig voorkom en my werklik in die hoogste mate verras! Hoe kon daardie jongman `n geheim ken wat so ver hiervandaan in die donkerste hoek van my hut verborge lê?

[6] Vriende en broers, om dit te weet is daar meer nodig as alle wysheid van alle mense! Vir my sou dit al `n oortuigende bewys gewees het, omdat ek wel in staat is om te verstaan wat `n mens moontlikerwys in die uitsonderlikste geval as toppunt van wysheid kan weet! Maar, nadat hy `n wenk ontvang het van die Heer daar aan die tafel, laat die jongman dit nie daarby nie, want hy vra my of ek dit nie wenslik sou vind as hy die bepaalde vonds uit my hut in Nouabia hier na my toe sou bring nie! Dié aanbod het my wel uitermate verras en ek het die aanbod van die lieflike jongman aangeneem.

[7] Nou sal julle dink dat die jongman my toe `n tyd laat wag? O, glad nie! Op daardie selfde oomblik oorhandig hy eerstens die klip aan my en dadelik daarna op buitengewone wyse ook nog die pampoendop waarmee die mooi vonds in die donkerste en verste hoek van my hut toegemaak was en ek kry daarby `n duidelike uitleg waar hierdie baie mooi klip vandaan kom!

[8] Sodat julle my egter nie van liggelowigheid verdink of my selfs daarvan beskuldig nie, moet julle self almal hierdie klip en hierdie pampoendop bekyk om vas te stel of dit nie dieselfde is wat ek julle tuis laat sien het nie! En my dienaar hier weet ook waar ek dit in my hut bewaar het en hoe! Wat sê julle nou? Kan een van die beroemdste towenaars uit Cahiro (Kahi-roug: van Kahi, een van die grootste bulle uit hierdie streek; horing wat geheilig was) dit ook doen? Ek het nou gepraat, nou is julle weer aan die beurt!"

[9] Almal sê nou: "As dit so is, waaraan niemand van ons twyfel nie, dan is dit heil vir ons almal, want hier word dan die ongelooflikste tot besielendste en stralendste waarheid! Heil aan ons en ons land en almal wat met groot verlange tuis op ons wag, want ook onder hul swart velle sal dit weldra so lig soos die son word!

[10] Maar sê jy nou vir ons hoe jy kan verklaar dat hierdie man die Allerhoogste, Goddelike Wese is waarvan die hele oneindigheid vervul is en wat terselfdertyd orals met almagtige krag heers, lei en alles in stand hou en voed. Waar moet die ewige onbegrensde wysheid en die almagtige wilskrag in hom plek vind?! Hier, net soos ons net `n beperkte mens en daar, werksaam deur die hele oneindigheid met die grootste insig, die hoogste wysheid en met die grootste onbeperkte krag; hier, op en in alle ontelbare plekke van die aarde en terselfdertyd daar, in die verste dieptes van die oneindige skepping siende, wetende, voelende, berekenende en met ewige krag wat nooit verswak nie en mag werkend?! Begryp jy hierdie onbegryplike moontlikheid?"

[11] Die aanvoerder sê: "Dít begryp ek sekerlik nog nie, maar net soos julle verstaan ek ook nie hoe daardie jongman hierdie klip wat ek tuis vergeet het, in `n oogwink hier na my toe gebring het nie! Laat ons egter geduldig in alle nederigheid en ware liefde wag op hierdie Enige en dan sal ons beslis nog meer lig kry!"

[12] Daarmee is voorlopig almal, wat baie diep nadink, tevrede en hulle wag op die verdere dinge wat sal kom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205