Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die sang van RafaEl

22 Ons Zinka hoor natuurlik ook hierdie woorde en hy vra aan die naas hom sittende Ebahl: "Is dié knap jongman wel so `n buitengewone sanger? Het jy hom al ooit gehoor?"

[2] Ebahl sê: "Hy sê so. Ek het hom wel dikwels hoor praat, maar nog nooit hoor sing nie en is daarom baie nuuskierig na die een toon van hom!

[3] Zinka sê: "Waar kom hy dan vandaan, en wie is daardie meisie?"

[4] Ebahl antwoord: "Die jongeling woon by my in Genésaret en die meisie is my eie dogter. Sy is nou maar vyftien jaar, maar sy het die hele Skrif in hoof en hart - en die jongeling ook, dié is voorlopig onderwyser in my huis. Ek ken hom dus baie goed! Maar dat hy so `n buitengewone sanger sou wees, daarvan was aan my tot op hierdie oomblik niks bekend nie, daarom is ek self nou ook baie nuuskierig na sy toon."

[5] Nadat Ebahl dit gesê het, sê RafaEl: "Luister nou en let goed op!"

[6] Daarop hoor almal asof van baie ver komende `n weliswaar baie swak, maar so onbeskryflik suiwere toon, dat hulle almal in vervoering raak en Zinka baie geesdriftig uitroep: "Nee, so sing geen aardse sanger nie! So kan slegs `n God sing of minstens `n engel van God!"

[7] Die toon word egter geleidelik sterker, lewendiger en kragtiger. Op sy grootste sterkte asof van duisend basuine, klink dit soos `n kwartet akkoord des-mol, vanaf die kleine tot in die eengestreepte oktaaf, met `n herhaling een oktaaf hoër reikend, neem daarna weer af en verloor homself aan die einde in `n allerswakste as van ongekende suiwerheid.

[8] Almal is so betower deur hierdie een toon, dat hulle in `n soort sintuiglike verdowing raak en in `n sekere sin beswym is. Die engel moes hulle op `n teken van My eers almal weer bybring.

[9] Almal ontwaak daarop soos uit `n heerlike droom en Zinka kom geesdriftig op RafaEl af, omarm hom kragdadig en sê: "Jongeling! Jy is geen sterfling nie! Jy is óf `n God óf `n engel! Ja, met dié stem moet jy ook die dode kan opwek en alle klippe lewend kan maak! Nee, nee, nee! So `n meer as hemelse geluid het `n sterfling nog nooit op die hele aarde gehoor nie! O, jy hemelse jongeling! Wie leer jou dan om sulke tone uit jou keel te laat opklink?!

[10] O, ek is daar heeltemal weg van! Al my lewensvesels sidder nog deur die onbeskryflike skoonheid en suiwerheid van hierdie een toon! Ek het nie vir `n oomblik gedink dat jy so `n ongehoorde suiwer toon met jou keel produseer nie, maar dit lyk my toe asof alle hemele oopgegaan het en daar `n harmonie uit God se mond oor die dooie aarde uitgestroom het!

[11] O God, o God van Abraham, Isak en Jakob - U is geen leë uitgesproke klank nie! U is slegs die waarheid en die suiwerste, ewige harmonie! Ag, hierdie toon, hierdie toon! Ja, hierdie toon gee my alles wat verlore was, dit gee my my God, my heilige Skepper en Vader terug; dit was vir my hart `n suiwer evangelie uit die hemele! Wat miskien duisend en nogmaals duisend woorde nie kon nie, het hierdie toon uit die hemele gedoen; dit het my mens gemaak! My hart, wat van klip was, is nou soos was in die son en so teergevoelig soos `n hangende doudruppel!

[12] O Johannes, wie se doodsaankondiger ek met `n gebroke hart moes wees! As jy dié toon in die laaste oomblik van jou aardse bestaan sou gehoor het, waarlik, dan sou die dood van jou liggaam `n ligomstraalde poort tot God se hemele geword het! Maar in die donker kerker waarin jy, heilige van God, gebly het, het `n mens slegs tone van weeklag, nood en verdriet gehoor!

[13] O mense, mense, mense! Hoe vreeslik moet dit in julle harte en hoe duister moet dit in julle siele wees, omdat julle dít nie gehoor het wat ek nou net gehoor het nie en omdat julle ook nie kan voel wat ek nou voel en my verdere lewe sal voel nie! O, groot, heilige Vader in die hemel, U wat `n lewensegte smeking ook van `n sondaar nooit onverhoord gelaat het nie - as ek eenmaal skei van hierdie wêreld van verdriet en dood, laat my dan enkele oomblikke daarvóór nog eenmaal so `n toon hoor, dan sal ek geluksalig hierdie aarde verlaat en my siel sal daarop ewig U mees heilige Naam loof!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205