|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 227
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Harsings en siel
227 Ek sê: "Ek het julle al vroeër laat sien hoe `n siel, en ten slotte die hele mens, deur `n verkeerde opvoeding alle menslike vermoëns verloor om tot `n staat van glansrykheid te kom wat met My ooreenstem. As jy by `n kind kom wat die verstand eerstens op `n bepaalde manier gevorm het, en die harsings, terwyl hulle nog nie twee derdes volledig ontwikkel het nie, maar tog gedwing was om woorde, beelde en getalle in enorme aantalle op die nog baie sagte, en ook nog waterige harsingsplaatjies, wat besig is hulle te vorm, in ooreenkomstige beelde op te neem, dan word die bogenoemde plaatjies enersyds te sterk gehard, en andersyds deur te groot geheue inspanning in `n totale wanorde gebring, waardeur sulke kinders later as jongmanne, en nog later as manne voortdurend gepla word deur hoofpyn, waarvan hulle hul lewe lank nooit heeltemal verlos kan word nie.
[2] Die hele brein word reeds lank tevore vol geplak met allerlei tekens, waardeur dit ongevoelig word vir die opname van die baie subtiele tekens, wat, nadat hulle eerste uit die hart opstyg, ingeprent moet word op die baie gevoelige harsingsplaatjies. As die hart later dan ook die een of ander hoër geestelike waarheid na die siel wil uitreik, vind sy nêrens `n houvas nie, en die siel kan haar nie vashou nie, omdat hierdie waarheid nooit langer as slegs `n oomblik aanskoulik aan die siel getoon kan word nie.
[3] Bowendien belemmer `n hoeveelheid materiële, growwe wêreldse beelde steeds die uitsig van die siel soos `n digte woud, waardeur sy onmoontlik die baie teer, klein, oneindig talle, maar baie swak ingeprente tekens kan sien. As daar oomblikke is waarop sy die baie lig opgeroepte newelagtige beelde, wat uit die hart opgekom het, ontdek, dan lyk dit vir haar soos `n getekende beeld wat sy onmoontlik kan verstaan, of duidelik genoeg kan sien, omdat die growwe materiebeelde voor die geestelike beeld te staan kom, en dit ten dele afdek en onherkenbaar maak.
[4] Jy dink nou waarskynlik: “Ja, waarom moet die siel dan juis na die harsingsplaatjies kyk? Laat sy haarself maar dadelik met die hart besig hou en so in die lig van haar gees binnegaan!' Dit sou wel korrek gewees het as `n mens maar dadelik so, sonder om skade aan die lewe te berokken, die eenmaal vasgestelde lewensorde geheel te omvorm!
[5] Sou dit dan ook nie beter wees as `n mens iemand, deur watter oorsake dan ook, wat ook reeds in die moederliggaam, of hetsy later op aarde, blind geword het, byvoorbeeld op die ken of op die voorhoof of op die neus `n paar oë sou plaas? Dit sou uitstekend gewees het as so `n paar nuwe, êrens anders geplaasde oë, nie `n hele ander liggaamlike organisme sou nodig gehad het nie!
[6] Want by die meganisme van die menslike liggaam bestaan `n baie streng, matematiese orde waardeur alles geen haarbreedte van sy plek verskuif kan word nie, en dit nie gewysig kan word sonder om die hele organisme totaal te verander nie. Daardeur is dit volkome onmoontlik om by iemand `n sintuig op `n ander plek van sy liggaam te stel sonder om die hele liggaam volkome te verander, wat `n ander vorm en `n heel ander inwendige inrigting gee.
[7] Maar soos wat `n mens by die liggaam om die genoemde rede nie sintuie op ander plekke kan aanbring ten einde die oë wat op die regte plek aanwesig is, te vervang nie, bly dit so, maar dan in `n nog baie groter mate is dit ook die geval by die siel, wat `n nog baie teerder, geesteliker organisme is! Sy kan slegs deur die harsings van die liggaam sien en hoor; die ander indrukke, wat egter dof en onverklaarbaar is, kan die siel weliswaar ook met ander senuwees waarneem, maar dit moet tog ononderbroke in verbinding staan met die harsingsenuwees, omdat die verhemelte andersins geen smaak, en die neus geen reuk sal hê nie."
|
|
|
|
|