Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor herstellingsoorde vir sielsiekes en oor siele-artse

37 (Die Heer:) "Juis daarom moes Ek Self na hierdie aarde toe kom om vir alle siek siele `n blywende en vir alle tye doeltreffende herstellingsoord op te rig, omdat die mense dit nooit sou kon gedoen het nie.

[2] Maar desondanks sal dit nog altyd moeitevol gaan met die blywende vestiging van so `n herstellingsoord vir siek siele, omdat sekere mense hulle daardeur in hulle wêreldse skynregte benadeel sal voel.

[3] Die eie- en wêreldliefde, wat die asem van die hel in die bors van die mens is, sal hom altyd daarteen verset en wil nie genees word van sy kwaadaardige siekte nie, en dit sal sy wêreldse middele, soos die moeilik nakombare harde wette, hulle veroordelings en strawwe, nie laat los nie.

[4] Maar tog sal daar na My orals nog steeds baie wees by wie hierdie herstellingsoord, wat nou deur My vir siele opgerig word, sal bly bestaan vir die baie wat daarvan gebruik sal wil maak. Wel sal sulke egte herstellingsoorde dikwels veel te verduur hê ter wille van My ware en lewende Naam van die weliswaar wêreldse magtiges, maar innerlik doodsieke siele; maar Ek Self sal weet hoe om hulle te beskerm!

[5] Mag ewenwel die wêreldse mensesiele wat as gevolg van eie skuld swaar siek geword het, uit pure waansin die een of ander herstellingsoord vir siele te gronde probeer rig, dan sal Ek wel weet om hulle deur `n doeltreffende, buitengewone gerig by te kom, en weet wat om voor te skryf vir die genesing van hulle siele in die herstellingsoorde in die hiernamaals. Daar sal tot by hulle genesing, wat slegs baie langsaam tot stand sal kom, baie gehuil en tandegekners gehoor word!

[6] Reeds op hierdie wêreld smaak `n kragtig werkende medisyne vir die liggaam meestal baie bitter. Nog bitterder sal die medisyne smaak vir die genesing van die siel in die hiernamaals, omdat dit baie sterk moet wees ten einde nog `n swaar sieke siel te genees, omdat geen genesing meer hier moontlik was nie. Ja, hulle sal wel genees word, maar dit sal lank duur en uiters bitter daaraan toegaan! Daarom, geseënd is diegene wat sy siel in hierdie aardse herstellingsoorde gesond sal maak!

[7] Sorg dus as gevolg van al die genoemde redes dat julle, magtige regters, in alle toekomende tye ware siele-artse sal wees. Gebruik daarom jou regspraak by elke siek siel om te genees en nie om te vernietig nie!

[8] Waarlik, namate julle `n siel wat tog al baie siek is, sieker gemaak het deur so `n uitsluitende sielsieke oordeel, net so sal julle siele self ellendiger en sieker word. In die hiernamaals sal julle genesing dan ook baie bitterder wees as die van die siel wat deur julle bose oordeel nog ellendiger geword het! Want so `n siel is en bly, ondanks julle bose en onsinnige oordeel, tog maar enkelvoudig siek en sal ook in die hiernamaals deur `n enkelvoudige genesing genees kan word. `n Dwase regtersiel egter sal na elke ontaarde en slegte oordeel steeds die sielsiekte dubbel so erg moet deurmaak waaroor hy self daardie bose oordeel gevel het. Daardeur verdubbel hy onvermydelik ook sy eie oorspronklike sielsiekte. Dat dit dan in die hiernamaals met die genesing van so `n ellendige, siek geworde siel van `n regter ook `n bittere en baie langdurige saak moet word, is by enige nadenke maklik te verstane!

[9] As jy as onbekwame arts na `n baie gevaarlike sieke ontbied word terwyl jy self siek is, en jy gaan daarheen vanweë die gewin en jy gee hom, omdat jou kennis nie toereikend is nie, `n geneesmiddel wat hom nie help nie maar in `n sekere sin nog sieker maak - wat wen jy dan daarmee?! As jy hom nie gehelp het nie, kry jy ook geen loon nie - soos wat dit by julle gebruiklik is -; bowendien is jy dan ook nog besmet met die gevaarlike sieke. Ten eerste het jy dus geen loon gekry nie, en ten tweede moet jy self nou in plaas van één, twee siektes deurstaan!

[10] As daar in jou plek dan `n bekwame arts sal kom, sal hy jou vorige sieke tog nog met `n eenvoudige, deugdelike middel kan genees, terwyl hy by jou, omdat jy nou aan twee siektes ly, beslis `n dubbele geneesmiddel sal moet gebruik om jou, indien moontlik, te help! En daardie dubbele geneesmiddel sal in jou siek liggaam ook sekerlik ten minste `n dubbel so groot omwenteling teweegbring as die enkele sieke wat vroeër deur jou behandel is, wat slegs aan één siekte gely het."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205