|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 260
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die gesprek met die esel van Markus
260 Die ou Markus sê vir My: "Heer, sal ek dan `n esel hier bring; maar wel een van my eie gewone esels, want die twee wat pas geskape is, sou wel vooroordeel kon oproep!"
[2] Ek sê: "Ja, doen dit, want daar kan nog `n belangrike les hieruit geneem word!"
[3] Markus verdwyn gou, bring `n manlike esel na ons toe en sê enigsins glimlaggend vir die swarte: "Hier het jy dan so `n geleerde esel; doen met hom wat jy goeddink!"
[4] Toe roep die swarte sy dienaar. Hy stel dadelik op `n manier, wat na eselsgeblêr klink, allerlei vrae aan die dier, en kyk, die dier vertel hom `n hele boel sake oor die huishouding van Markus en ook oor sy vroeëre, baie ruwe eienaar, sy naam en nog `n aantal verrassende sake, wat die swart dienaar anders nie so maklik sou kon geweet het nie, en wat baie indruk maak op Markus. Ten slotte beveel die dienaar die esel, terwille van ons om driemaal om ons tafel te loop en daarna sewemaal baie hard sy 'Ie-jaa' te laat hoor. En dadelik doen die esel dit en gaan daarna van self weg.
[5] Toe vra die swart aanvoerder aan ons geselskap of dit nou ook `n fabel was wat nouliks geglo kan word.
[6] Toe sê Cyrenius, wat sy verbasing haas nie kon bedwing nie: "Nee, nee vriend, `n fabel is dit nie; maar ek sou nou haas begin te glo, dat ook ons beroemde fabeldigter, Aesopus, met die diere kon gepraat het! Heer, dit is tog alweer so `n deug van die swartes, waarvan ons vroeër geen flou idee gehad het nie! Ja, as dit so voortgaan, is ons met die swartes nog lank nie klaar nie! Dit word al hoe mooier, steeds ongeloofliker en onverklaarbaarder! In die boeke van julle Skrif lees ek wel eens oor `n esel wat met sy profeet, genaamd Bileam, toe hy hom seergemaak en mishandel het, gespreek het; maar wat is dit hierby vergeleke, noudat hierdie swarte hom deur `n heel gewone esel die gehele lewensloop voorbeeldig laat vertel het! En dat dit geen versinsel van die swarte was nie, bevestig die ou Markus!
[7] Dit en nog ander sake vind ek baie mooi en goed, en ek is nie heeltemal daarteen nie, as ek by al die ander mense wyse lesse gekry het, en by hierdie nuwe wonderbare verskynsel wat duidelik voor ons oë kon afspeel -hoe dit moontlik is om met diere via taal te kommunikeer! Die heil van die mense hang wel nie af van so `n mededeling nie, maar omdat dit nou eenmaal `n baie uitsonderlike, wonderbaarlike verskynsel, suiwer van menslike kant gesien, daar is, sou ek tog iets meer wil weet oor die hoe en waardeur dit moontlik is! Hoe kan diere hulle deur middel van taal verstaanbaar maak aan die mense en hoe die mens aan die diere? - Heer, gee ons daaroor tog `n paar baie kort aanwysings!"
[8] Ek sê: "Mense, dat so iets kan gebeur, is daarom nie voortrefliker omdat julle dit nie kan doen nie; want hoe nader die siel van `n mens by die dieresiele staan, hoeveel te meer besit hy van nature die vermoë om hom teenoor hulle verstaanbaar te maak, omdat hy hom dan heeltemal volgens sy lewensorde in `n suiwer toestand bevind. As hy hom teveel met die liggaam verbind, is dit ook uit met die besondere eienskap, en die duistere wette van die materie kom dan daarvoor in plek, en die siel ondervind dan ook skade aan alles wat die liggaam maar kan skaad."
|
|
|
|
|