Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die wese van God en Sy menswording

74 Zorel sê: "Dit sê: 'Zorel kán alles as hy dit as die egte en ware Zorel wíl', en hy wil dit nou, dus sal dit ook sekerlik gebeur! As ek maar `n paar weke by jou kon gebly het, dan sou dit wesenlik makliker en vinniger kon gaan!"

[2] Johannes sê: "As jy volkome ernstig is om `n beter mens te wil word, dan sal jy wel in die geselskap van manne vertoef wat ewe sterk is as ons wat in die onmiddellike omgewing van die groot en lewende Lig uit God is!"

[3] Zorel sê: "Wat en wie is dan eintlik julle God, wat julle Judeërs ‘die God van Abraham, Isak en Jakob' noem?"

[4] Johannes sê: "Dié vraag sal jy, as jy één geword het in jou innerlike lig, helder en duidelik beantwoord vind, net soos wat ons dit gevind het. As ons nou egter sou probeer om jou dit van naderby uit te lê, sal jy ons in jou dag des lewens nie verstaan nie. Vooraf mag jy egter wel weet watter begrip `n ware mens hom van God moet maak, luister dus!

[5] Die waaragtige en enige God is in Homself die ewige, suiwerste Gees, wat die hoogste graad van selfbewussyn besit en die hoogste en verligste wysheid het, en so `n onwrikbare Wil, dat niks daarvoor onmoontlik is nie.

[6] God is die Woord en die Woord self is God. Hierdie ewige Woord het nou vlees geword en het in die wêreld ingekom na hulle wat Syne is, maar hulle het nie die Lig herken wat daardeur in die wêreld gekom het nie. Daarom sal hierdie Lig van die kinders af weggeneem word en aan die heidene gegee word. Want die heidene soek nou die waarheid, die kinders van die lig ontvlug haar egter soos wat erge misdadigers die oordeel ontvlug. Daarom sal sy van die kinders afgeneem word en aan die heidene gegee word, wat nou juis die geval is en wat gebeur.

[7] Want die kinders van die oerstam van die Lig woon in Jerusalem, hulle verwerp die Waarheid uit God en heg hulle steeds meer aan die nag, die leuen en hulle ligsinnige werke. Maar die heidene trek deur die wêreld en soek die Waarheid, en as hulle Haar gevind het, verheug hulle hulleself baie daarin en prys die Gewer van die Lig uitermate en waaragtig in hulle harte en deur hulle dade.

[8] As jy hier om jou heen kyk, sien jy `n groot groep mense. Vir die grootste deel bestaan hulle uit heidene wat die Lig uit die hemele gesoek het. Hulle het Hom gevind en verheug hulle daaroor. Maar Jerusalem, die stad van JaHWeH, stuur slegs geregsdienaars en agtervolgers om die Lig te vernietig! Hulle wat uitgestuur word, was egter verstandiger as die wat hulle gestuur het. Hulle het uit hulle groot duisternis in die Lig gekom, verheug hulle baie daaroor en bly daarin. Hulle het die Lig wel gevange geneem, maar nie vir die kerkers van Jerusalem nie maar vir hulleself, vir hulle harte, en hulle is nou ons broers in die Lig uit God, en verheug hulle daaroor en oor Hom van wie die groot Lig uitgaan.

[9] Jy het hierheen gekom as heiden, weliswaar nie om die lig vir jou lewensnag te vind nie, maar goud en silwer. Maar wie uit die kerkers in die sonlig kom, sal nie maklik kan keer dat hy beskyn word nie. En so gaan dit met jou hier. Ook al het jy nie die lig gesoek nie, tog word jy nou beskyn omdat jy in die sonlig gekom het, dit wil sê nie in die lig van die natuurlike son wat nou net met die ondergaan die horison raak nie, maar in die Lig van die geestelike son, wat die oneindigheid verlig met alle Wysheid, sodat alle wesens wat tot denke in staat is vanuit hierdie Lig kan dink en wil, sowel op hierdie aarde asook op tallose ander wêrelde waarmee uit God die eindelose ruimte vervul is.

[10] Laat hierdie lig daarom deur jou heen skyn, waarvan jy nou `n bietjie begin te voel dat dit deur jou binneste skyn, dan sal jy deur die kleinste vonkie van hierdie lig meer gelukkiger word as wanneer jy alle skatte van die aarde sou besit. Soek nou self die ware ryk van die waarheid, en al die ander sal jou verniet daarmee saam gegee word en jy sal aan niks gebrek hê nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205