|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 213
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die mag van die More oor plante en elemente
213 Toe roep Ek weer vir Oubratouvishar en vra vir hom: "Laat nou sien hoe julle met die lug en haar krag vertroud is; want in die begin was die suiwer mense ook mag gegee oor die luggeeste, sodat hulle hom altyd diensbaar sou wees as hy hulle dienste sou nodig hê! Laat ons dus sien in hoeverre julle nog met die oorspronklike vermoë toegerus is!"
[2] Dadelik roep die aanvoerder die tien bekwaamste van sy metgeselle en sê aan hulle dat hulle hul hande na hom toe moes uitstrek en so in `n kring om hom heen moes gaan staan, dat elkeen met sy regtervoet die linkervoet van sy buurman so goed moontlik bedek. Dit gebeur dadelik en ons aanvoerder begin in die rondte te draai, lig hom van die grond af op, en sweef toe vry in die lug op ruim `n manshoogte bo die grond.
[3] Vanaf hierdie plek vra hy My of hy nog hoër moes gaan en of dit as demonstrasie voldoende was.
[4] En Ek sê: "Dit is voldoende, kom dus maar na benede!"
[5] Dadelik gaan die tien uitmekaar, en die aanvoerder was weer vinnig op die grond, maak `n diep buiging voor My en vra My of hy nog meer moes laat sien.
[6] En Ek sê: "Hoe ontwortel julle eintlik bome, en hoe verplaas julle groot klipmassas?"
[7] Die aanvoerder sê: "Heer, ons land het `n aansienlike tekort aan sterk, groot bome; slegs die hoër berge kan hulle daarin verheug. Op die bergweiding, waar die kamb'sim nie deurdring nie, en die kuddes wei, staan hier en daar `n ou bohahaniaboom, wat meestal deur die ape as woonplek gebruik word. Hier en daar vind `n mens ook `n sipres en `n mirte, wilde dadels en bok- en hoenderbrood. Maar dit is dan ook heeltemal die totale boomrykheid van ons land.
[8] In die vlakte en in die streke van die land wat van die wind afgeskerm is, gedy slegs die edele dadel, die vy, die ouranisa (bitter lemoen) en die semensa (saad- of granaatappel) en `n aantal belangrike heester soorte*, wat aan ons die boumateriaal vir ons hutte lewer.(* hees´ter; - Struik; bos wat van die grond af vertak.)
[9] Om hulle te ontwortel, het `n mens egter nie so `n buitengewone krag nodig nie; maar op die groot bome het ons ons kragte nog nooit probeer nie, hoewel ons nie daaraan twyfel dat hulle ook, netsoos die swaarste en grootste rotsblokke, hulleself aan ons wil sal moet gehoorsaam nie. Hier op hierdie berg staan egter wel `n reusagtige boom waarvan ons die naam natuurlik nie ken nie, net so min as sy verdere eienskappe; maar ons sal probeer of hy hom deur ons wil sal laat ontwortel of nie!"
[10] Die ou Markus sê: "Nou, gehoorsaamste dienaar van alle meesters van die aarde! Dit is `n seder van minstens vyfhonderd jaar oud! Sewe man sou hom nouliks kan omvat en vier sterk, ervare houtkappers sou hierdie seder nouliks in twee dae kan omkap, en dan wil ses manne en sewe vroue hierdie boom sonder saag en byl ontwortel?! Nou, as die Heer hulle nie heimlik met Sy almagtige wil sal ondersteun nie, sal dit tog `n seldsame saak wees!"
[11] Ek sê: "Wag maar, ou kryger van My! Ek sal ook hierdie keer heeltemal niks met My wil doen nie, en tog sal die boom binne die kortste tyd met al sy wortels uit die grond geruk word!"
[12] Terwyl Ek ou Markus dié antwoord gee, lê die swartes liggies hul hande om die stam, en wel so dat die regterhand van `n Moor steeds die linker van sy buurman of buurvrou bedek. In dié houding bly hulle ongeveer `n halwe kwartier baie rustig by die boom staan. Daarna begin die boom baie langsaam te draai en daarby geweldig te kraak. Alle aanwesiges staan asof op die grond vasgenael van verbasing, en niemand verstaan hoe dit gewerk het nie.
[13] Maar baie gou bemerk die mense, toe die boom met die dertien swartes wat hom baie liggies rondom vasgehou het en steeds meer begin draai dat hy, saam met die grondkluite, al heeltemal los in die lug ronddraai. Toe begin daar `n aantal van die vroue hardop te skreeu, want hulle dag toe dat die boom wat nou aan die omval was, `n aantal More sou verpletter.
[14] Ek sê egter aan hulle wat bang was: "Vrees nie, die boom sal baie saggies neergelê word en niemand deur sy val skade berokken word nie!"
[15] Daarmee keer die rustigheid terug en op dieselfde oomblik laat die More wat die boom gehou het, elkeen los, spring vinnig van die verhoging af en loop na ons toe. Op dieselfde oomblik begin die boom in die lug heen en weer te skommel, neig ten slotte na sy natuurlike swaartepunt, en gaan na enkele oomblikke baie sag op die grond lê.
[16] Nadat die boom op hierdie wyse ontwortel was, wys Ek die More nog `n rotsblok, wat minstens vyf duisend sentenaar geweeg het, en sê aan die aanvoerder: "Tel dié rotsblok ook op en sit hom in die gat wat nou deur die uittrek van die boom ontstaan het!"
[17] Vinnig gaan dieselfde More na die rots toe en omvat hom op dieselfde wyse as die boom. Nog gouer as die boom sweef die rots in die lug. Hy word egter vanweë sy groot omvang deur meer More omvat as die boom; maar elkeen verstaan wel, dat om die gewig van hierdie rots aan te durf, duisend van die sterkste manne ook nog steeds te min sou gewees het.
[18] In nouliks `n halwe kwartier staan die rots reeds muurvas in die bestemde gat, en die More kom daarna weer vinnig na ons toe, en die aanvoerder vra My of hy nog iets moes doen.
[19] Ek maak egter asof Ek oor iets nadink, wat die aanvoerder dadelik opval, waarop hy aan My sê: "O, nou sal daar wel iets enorm te voorskyn kom, noudat U Self eers staan om na te dink! Want volgens ons mening weet `n God van ewigheid af al baie duidelik wat Hy wil doen!"
[20] Ek sê: "O ja, goed, so is dit ook! Maar Ek gun julle maar net `n klein verposing, want dit wat julle nog vir My sal doen, is iets waaraan julle altyd `n ernstige hekel aan gehad het, en na die twee handelinge wat julle uiterlike, uitstralende lewensfeer heeltemal opgeëis het, het julle nou `n klein ruspouse nodig. Nou is julle uitgerus, en moet julle nog laat sien hoe julle vuurmaak, en hoe julle ook oor die elemente heers! Gaan heen en maak vuur en toon daarna dat julle meester daaroor is!"
[21] Dadelik vorm alle aanwesige More `n halwe kring om `n groot struikgewas, wat egter sedert lankal heeltemal verdor was, en hulle strek hulle hande en vingers straalvormig na die dorre struikgewas uit. Binne enkele oomblikke begin die struikgewas te rook; die rook word sterker en sterker en opeens slaan daar knetterende vlamme uit. Toe die vlamme uit die hele struikgewas egter behoorlik hoog opgelaai het, gaan alle More in `n geslote kring om die vuur lê met hul gesigte na die grond, en binne `n oomblik doof die vuur dermate dat `n mens van die struikgewas wat halfpad afgebrand was, geen glimmende vonkie meer kon vind nie.
[22] Daarop kom die More terug en vra vir My of hulle hul werk goed gedoen het. En Ek prys hul werk. Hulle wil nou dadelik onderrig van My kry, maar Ek beduie dat hul nog moes wag, omdat Ek hulle handelinge nou aan die blankes moes uitlê. Daarmee was die More dit mee eens, en ons gaan weer na ons tafels toe.
|
|
|
|
|